Vleilande belangrik vir waterhulpbronbestuur

'n Vleiland ter illustrasie. Foto: www.pixabay.com

‘n Vleiland ter illustrasie. Foto: www.pixabay.com

Die wêreldwye inisiatief om vleilande te beskerm vind vanjaar weer plaas op 2 Februarie met die tema “Vleilande vir die toekoms – ʼn volhoubare bestaan”.

Vleilande vorm deel van waterhulpbronbestuur in Suid-Afrika en daarom moet dit beskerm word. Hoewel droogte en droë siklusse natuurlike prosesse is, het dit ʼn invloed op die hoeveelheid en die gehalte van waterbronne.

Ekologiese navorsing oor vleilande is een van die fokusareas wat deur die Landbounavorsingsraad (LNR) geïdentifiseer is. Die doel van die LNR se natuurlike hulpbronbestuursprogram is om navorsing te bevorder om nasionale biodiversiteit, die integriteit van ekosisteme en die verbetering van die doeltreffende gebruik van natuurlike hulpbronne vir landbouproduksie te bevorder.

Verskeie programme is vanjaar ingestel om opleiding oor vleilande te bied en die beskerming daarvan te bevorder.

Leer oor vleilande by die Colbyn Vleiland Natuurreservaat

30 Januarie 2016

Hierdie jaarlikse gebeurtenis bied ’n geleentheid vir kinders, vergesel deur ouers, jeugleiers of onderwysers, om te leer oor vleilande en hul rol in ons lewens. Die geleentheid word gesamentlik aangebied deur die LNR en die Waternavorsingskommissie (WNK), in samewerking met nie-regeringsorganisasies soos die Vriende van Colbyn Valley, WetResT, Botaniese Vereniging van Suid-Afrika, Suid-Afrikaanse Vleilandvereniging, International Mire Conservation Group en Aquila Business Consulting.

Vleiland-seminaar in Arcadia, Pretoria

12 Februarie

Die jaarlikse vleilandseminaar is ’n geleentheid om die vordering van die huidige vleiland navorsingsprojekte en die resultate, wat gepubliseer is in wetenskaplike en populêre joernale, te deel.

Seminaar gelei deur prof. Jonathan Prys in Arcadia op 17 Februarie

Professor Jonathan Prys (departement van geografie en omgewingsbestuur, Universiteit van Waterloo, Kanada) sal ’n aanbieding gee oor die ontwerp, konstruksie en evaluering van ’n waterskeiding om vleilande se funksie vir die herwinning van myne te ondersteun.

Laai die program hier af.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.