Volg Helpende Hand se voorbeeld, staan studente by

Foto: Pixabay.com

Foto: Pixabay.com

Die huidige krisis by universiteite landwyd het die finansiële nood van studente weer onder die vergrootglas geplaas.  Helpende Hand se personeel dra maandeliks by tot die Raasblaar-studiefonds wat reeds vele verdienstelike studente se studiekoste gedek het. Maar die personeel het besluit om nog meer in te staan vir behoeftige studente.

Daarom is daar besluit om nie vanjaar ’n jaareindgeselligheid te hou nie, maar eerder die geld in die studiefonds te stort. Helpende Hand daag nou ander organisasies uit om dieselfde te doen.

“Helpende Hand glo dat die #FeesMustFall-protes onredelik is,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Helpende Hand. “Ons voel dat #FeesMustBeFound. Daarom maak ons hierdie ekstra skenking. Ons besef dat tersiêre opleiding duur is en wil arm studente bystaan met hul studiekoste.”

Daar studeer vanjaar 1 250 studente met meer as R31 miljoen se studiehulp van Helpende Hand aan Suid-Afrikaanse tersiêre instansies. Soveel as 96% van hierdie studente is gekant teen die #FeesMustFall-protes en 92% glo nie dat tersiêre opleiding van hoë gehalte haalbaar is nie.

“Die universiteitskrisis noop elke indiwidu en instansie om dringend te dink aan oplossings vir arm studente se studiekoste. Ons uitdaging gee aan instansies die geleentheid om ’n bydrae te maak sonder dat hulle van hulle 2016-begroting hoef af te wyk,” sê Johan Nel, Helpende Hand se adjunk-uitvoerende hoof.

Organisasies wat wil deelneem aan die uitdaging en hulle jaareindfunksies afskaf of afskaal en ’n bydrae maak tot die Helpende Hand-studiefonds, kan ’n inbetaling maak in die Raasblaar-studiefonds en daarmee verseker dat ’n student die opleiding kry waarna hy/sy so desperaat smag.

Solidariteit Helpende Hand
Bank: FNB
Rekeningnommer: 62 331 445 503
Tak: Centurion (takkode: 250 655)
Verwysing: FeesMustBeFound

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Oud-student ·

Uitstekende idee!. Hoe kan mens hierdie boodskap landswyd onder mense se aandag bring?.
Sosiale media veldtog?. Wie kan help?

Oud-student ·

Uitstekende idee!. Hoe kan mens dit landswyd onder mense se aandag bring?. Sosiale media veldtog soos Facebook?. Wie kan help?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.