Voornemende sportsterre kan nou by top-afrigters leer

Twee van die sprekers, Elize Kotze en Wouter Snyman.  Foto: Facebook

Twee van die sprekers, Elize Kotze en Wouter Snyman. Foto: Facebook

“Wat het Usain Bolt, Tiger Woods en Wayde van Niekerk in gemeen? Hulle het almal afrigters gehad.” Só sê Wouter Snyman, uitvoerende hoof van Atooh! wat vanjaar een van die sprekers by ‘Night of the coaches’ gaan wees. Hierdie geleentheid is ʼn inisiatief van die Matchpoint Foundation.

Dit is ʼn aand waar afrigters, professionele sportmanne en ander spesialiste, voornemende sportsterre gaan toespreek. Die Matchpoint Foundation reël hierdie geleentheid om jongmense wat in sport belangstel aan te moedig, te inspireer en seker te maak dat hulle op die regte manier groei en bestuur word.

Een van die sprekers, Jannie Putter, ʼn lewensafrigter, nooi alle skoliere, hul ouers en afrigters uit. “As jy suksesvol wil wees, moet jy leer wat suksesvolle mense doen. Jy moet ook leer uit die foute wat hulle gemaak het.”

“Dit sal my derde keer wees wat ek praat by ‘Night of the coaches’ en wat ʼn wonderlike ervaring is dit nie!” sê Elize Kotze, ʼn voormalige afrigter van die Protea-netbalspan. “Kom en deel hierdie aand met ons en kom leer die denkwyses van top-afrigters, want daar is altyd iets om te leer.”

Nog sprekers wat by hierdie geleentheid hul kennis en belewenisse in die sportbedryf gaan deel, sluit in Albie Morkel, ʼn professionele krieketspeler; Franco Smith, afrigter van die Vrystaat se rugbyspan en Gerrie Swart, ʼn sportregprokureur. Daar is iets vir elkeen se belangstelling, of dit nou tennis, rugby, krieket of netbal is.

Kostes beloop R200 per volwassene en R50 per kind vir die aand.

Wanneer en waar?

15 Februarie by Grey College in Bloemfontein
Elsie Geeringh
[email protected]
(051) 444 1513

16 Februarie by Hoërskool Waterkloof in Pretoria
Susra Labuschagne
[email protected]
012 347 0277

Vir meer inligting, kyk hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.