Vrou span Facebook in om verlore trouring te vind

Die verlore trouring (Foto: Verskaf)

Die verlore trouring (Foto: Verskaf)

Benedet Thurling van Vereeniging in Gauteng het haar tot sosiale media gewend om haar verlore trouring op te spoor wat sy by die River Square-winkelsentrum in dié dorp verlê het.

Thurling het Maroela Media genader in ʼn laaste poging om dié ring op te spoor.

“My hart is so seer, ek bars sommer in trane uit,” het sy vertel. “Ek en my man is in 2013 getroud, en die ring het baie sentimentele waarde vir my.”

Sy het haar trouring verlê toe sy haar seuntjie na dié sentrum se babakamer gevat het omdat hy baie huilerig was. “Hy sny nou tande,” het sy verduidelik. “Daar was egter ʼn ander vrou buite die babakamer wat ook haastig was om binne te kom omdat haar kind ook ‘moeilik’ was. Ek was haastig en het nie opgelet nie.”

Sy het eers besef haar trouring is skoonveld toe sy by haar motor kom. Hoewel sy haar teruggehaas het, was die ring nie meer in die babakamer nie. “Ek het intussen met die bestuur van die sentrum gepraat, en was ook by die polisiestasie en verskeie juwelierswarewinkels, ingeval iemand dit daar ingehandig het,” het sy gesê.

Thurling sê haar trouring het ʼn spesiale agtergrond. “My man se ouma het byna ʼn identiese ring gehad. Sy beste vriend het vir my die ring gemaak. Dit is heeltemal onvervangbaar omdat dit so uniek is, en dis wat my hart breek.”

OPVOLG: Skaars twee uur nadat Maroela Media berig het oor Benedet Thurling van Vereeniging wat haar trouring in die River Square-winkelsentrum verloor het, is haar ring, danksy ʼn op-en-wakker-leser, aan haar terugbesorg. Lees meer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Verbaas

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig en wysig die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Gesiggie ·

Ai tog Mevrou… ek hoop dat die eerlikke persoon jou ring sal terug besorg, want in vandag se lewe kry jy min eerbare persone… klink vir my dit kon net die persoon wat na jou in badkamer was gewees het? Ek hoop as die persoon jou berig lees… sy onmiddelik sal besef van hoeveel waarde die ring vir jou is… hoop om gou daai goeie berig te kan lees.. of iets soos.. Engel verskyn met verlore trouring? sterkte….

Karin ·

Ek hoop hulle kry hom. Maar ek het eenkeer net n silver armbandji van minder as R500 verloor en was dadelik terug en hy was ook weg. Mense steel enige iets, worry nie oor die ander mense nie.

Boertjie ·

Met “verplaas” vermoed ek julle meen “verlê”? Om te verplaas beteken om van een plek/ligging na ‘n ander oor te plaas. Om te verlê beteken om neer te sit en te vergeet, wat die dame wel gedoen het. Ek hoop egter sy kry haar eiendom wat sy verlê het, terug.

Landi Slatter ·

Dagsê Boertjie

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Ons wysig die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Kallie du Plessis ·

Jammer om van die verlies te hoor, egter hoogs onwaarskynlik dat jy ring sal terugkry. Sit dit agter jou,dit is ‘n aardse ding en konsentreer op jou pragtige baba. ‘n Baie kosbare horlosie van my vrou het in Margate by ‘n petrolpomp se kleedkamer agter gebly……ook terug gejaag en opgetrekte skouertjies gekry

Ouma ·

Ai dit is ‘n hartseer ding om oor te kom! Ek hoop jy kry jou ring terug. Ek wil jou nie slegte moed in praat nie, maar die kanse is skraal aangesien dit ‘n vrou was wat nou jou daar was. en jy ken die gesegde wat sê “Diamonds are a girl’s best frien.” Maar dalk was sy eerlik hoop ons. ‘n Paar jaar gelede is ons deur ‘n bende diewe met pistole iaangehou. Dis eers toe die man sê: “Give me your ring” wat ek besef het wat aan die gang is. Dit was ‘n pragtige diamant en genoeg goud. Alhoewel my ring verseker was, was die “clarity” nie op die sertifikaat aangedui nie. Na ‘n groot baklei en baie foto’s en ‘n waardasie sertifikaat, het die versekering uitbetaal. Maar ek het die swakste “clarity” gegkry. My nuwe ring kon nooit die oue vervang nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.