Vrouedag: Is vroue die sterker geslag?

Foto:Wordpress.com

Foto:Wordpress.com

Ter viering van Vrouedag het Maroela Media gaan ondersoek instel om te kyk of vroue dalk die sterker geslag is…

Vroue het sterker immuunstelsels

Hoewel daar baie faktore is wat dit bepaal, meen navorsers aan die Gent-universiteit in België vroue het beter immuunstelsels het as gevolg van hul genetiese materiaal wat in die X-chromosoom gevind word. Vroue word om dié rede nie so gou siek van infeksies nie. Estrogeen help ook om vroue se immuunstelsel te versterk.

Vroue is beter bestuurders

Volgens die International Journal of Business Governance and Ethics is maatskappye met ʼn vrou aan stuur meer geneig om suksesvol te wees omdat vroue besluite maak waarby die meerderheid mense in die maatskappy sal baat. Vroue is ook geneig om meer empaties en regverdig te wees. ʼn Studie, wat onderhoude met 600 direkteure van maatskappye ingesluit het, het getoon dat as dit kom by botsende belange, vroue meer regverdige besluite maak.

Vroue leef langer

ʼn Studie van die Boston-universiteit toon dat 85% van mense wat ouer as 100 jaar word, vroue is. Vroue leef ongeveer 5% langer as mans en hoewel leefstyl en omgewing ʼn groot rol speel, is dit moontlik as gevolg van biologiese redes, volgens Tom Kirkwood van Newcastle-universiteit in Brittanje. Vroue het twee X-chromosome wat beteken hulle het twee stelle kopieë van elke geen – as daar fout is met die een, is daar een om op terug te val. Mans het dit nie.

Vroue kan beter navigeer

Diane Halpern, emerita in sielkunde aan die Claremont McKenna-kollege in Los Angeles, meen vroue is in staat om goed makliker op te spoor omdat hulle meer geneig is om bakens te gebruik, waar mans hul eie rigting sal inslaan omdat hulle op gevoel sal reken. Vroue onthou ook beter waar goed soos motorsleutels is.

Vroue het ʼn hoër IK

In die afgelope 100 jaar het vroue en mans se IK toegeneem. Vroue se IK het nie net verbeter nie, maar hul telling is nou ook hoër as dié van mans. So sê James Flynn, ʼn kenner in IK-toetsing. Hy meen die rede hiervoor is dat vroue dikwels ʼn werk- en gesinslewe moet balanseer. Flynn meen dié vordering is so merkbaar omdat vroue in die verlede benadeel was.

Vroue is beter motorbestuurders

Mans is 77% meer geneig om te verongeluk omdat hulle meer onverskillig as vroue bestuur. Die Carnegie Mellon-universitieit het studies in dié verband gedoen. Readers Digest meen mans bestuur teen ʼn hoër spoed, is geneig om nie ʼn veiligheidsgordel te dra nie en bestuur ook makliker onder die invloed van drank.

Vroue is meer geneig om na ouers om te sien

Soveel as 36% van vroue in die VSA sien om na hul bejaarde ouers, teenoor die 16% van mans.

Hoewel die man se rol nie onderskat moet word nie, blyk dit dat vroue die sterker geslag is. ʼn Mens kan mos nie met wetenskap stry nie. Maar as dit jou nie oorreed nie, onthou wat Steve gesê het: “Daar’s ʼn vrou wat weet wat aangaan, agter elke man…”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

John ·

Ja, en baie belagliker om die’ soort vergelykings te probeer tref.

Marianne ·

VROUE VERAL IN VELD POSTE SOOS DIE SAPS EN WEERMAG IS VAN NUL EN GEEN WAARDE NIE!!!!!
Sy task swanger word op 4 maande of so van haar pos verwyder, down kledikale werk totdat sy gaan kraam.
Dan is sy op 6 maande betaal de kraam verlof.
10 MAANDE VAN ‘n JAAR dus is sy ‘n gewone vrou en nou wil sy Kom se sy werk en lewe in ‘n mans wereld en pos?????
DAAR IS ‘n PLEK VIR ALMAL IM DIE SAMELEWING.
VROUMENSE IN UNIFORM PAS NIE!!!!! EK WAS DAAR!!!

SkarrelKind ·

Ek dink die artikel veralgemeen en ek dink ook Marianne veralgemeen. Alle vroue wil nie nood- wendig kinders hê nie en spits hulle toe op ‘n beroep, hetsy medies, die regte, finansies of dan nou wel “uniform”. My niggie was ‘n majoor in die mag en sy het uitgeblink en goeie geld verdien. Dalk het dit net anders vir jou uitgewerk of die omstandighede was anders?

Gesie ·

Marianne, jy is nie dalk eerder Marius nie? Ons elkeen verdien maar ‘n ou plekkie in die son. Elkeen met ons sterk en swak punte. Vrouens is vir so lank beskou as die swakker geslag en boonop in ons grootwordjare so wysgemaak. Ek, vir een, het nie komplekse daaroor nie. As trotse, sterk vrou ken ek my krag en is my man die hoof van ons huishouding. Wat vroue in die weermag aanbetref word beweer dat hul in oorlogsituasies baie effektief en wreder kan wees – die geheime wapen – verlei en dan vermoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.