Vrystater ʼn oornagsensasie ná vriend se uitdaging

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

JP Burger, ʼn bemarker vir die Vrystaat Koöperasie Beperk (VKB) op Vrede in die Vrystaat, het ʼn oornagsensasie geword nadat ʼn video, waarin hy “Ai my lam” van Ryno Velvet sing, soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het.

Die skaam 20-jarige JP vertel hy het gehoop die video word 50 keer op Facebook gedeel, nou is dié video al 88 000 keer gekyk en meer as 3 500 keer gedeel.

“Ek en my vriend, Bernard, het ʼn ooreenkoms gehad,” vertel hy. “As die video 50 keer op Facebook gedeel word, sal ek vir The Voice inskryf. Nou het ek natuurlik geen verskoning meer nie.”

JP vertel die kommentare op dié video het “ongelooflike dinge” vir sy selfbeeld beteken. “Ons het dit glad nie verwag nie. Ek was nog altyd huiwerig gewees om só iets te doen omdat ek maar ʼn skaam outjie is, maar die mense se reaksie is werklik wonderlik. Dit het alle verwagtings oorskry.”

Hoewel inskrywings vir die tweede seisoen van The Voice SA reeds gesluit het, beplan hy steeds om vroeg volgende jaar op daardie verhoog te sing.

Hy gaan egter nie wag vir volgende jaar nie – inteendeel, hy gryp elke geleentheid aan wat hy kry. “Vanjaar gaan ek soveel moontlik sing. Ek sal baie graag wil konserte hou en my droom kan uitleef. Van ʼn jong ouderdom het my ma klavier gespeel en ek het begin sing, daarna in die kerk … en dan gebeur die lewe. Maar dis ʼn groot droom wat ek graag wil uitleef.”

Hi almal Die is my vriend JP Burger en ons het n ooreenkoms met mekaar. Met sy toestemming kon ek die video op facebook sit en as dit meer as 50 shares kry sal hy gaan vir n audition by The Voice SAAs julle dink hy moet gee maar die man n like en share ???? dankieGuitar credits: Jc EsterhuizenHi almal Jp se page is op as jy die man n like wil gee ???? ????JP Burger????

Posted by Bernard Odendaal on Monday, January 9, 2017

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Liza ·

Mooi, ek hou van jou stem……. begin so gou as moontlik met jou optredes, sal kom luister in Vrede…….

stella ·

Ek hou van jou manier van sing, jy kort egter behoorlike opleiding, gaan doen jou ding op voice sa

Nicolien Nell ·

Jy sing amazing en het regtig n groot talent leef dit uit Mag hierdie jaar n begin van groot dinge vir jou inhou sal graag na jou gan kyk onthou ne VIP kaartjies.Mwa

Sanchen ·

Mooi stem JP. Jy kort bietjie skuur en skaafwerk, maar sal dit nog ver bring. Ek sal verseker jou CD koop as jy ooit een uitbring of gaan kyk na jou optredes. Steek daai skaam in jou sak, die wereld is ‘n oester!!!!!!!

Katryn ·

Jou goeie vriend Barnard se kitaarspel is ewe indrukwekkend! Mooi gedoen julle!

Leonie van den Berg (Coetzee) ·

Baie mooi ek het op Vrede skool gegaan. Hou sy naam Hoog.

Koekie ·

Indrukwekkend! Inteendeel, ek wil verskil van die ander. Ek hou van die rou klank van jou stem, moenie te veel daaraan verander nie. Dit is wat jou uniek maak.

Waarheid ·

Nou toe JP… laat waai Daai drome..,dit MOET waar word…niks te verloor net WEN.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.