Wayde van Niekerk se afrigter verower harte

Ans Botha se reaksie toe Wayde eerste oor die wenstreep trap, geniet baie aandag in die media (Foto: Facebook)

Ans Botha se reaksie toe Wayde eerste oor die wenstreep trap, geniet baie aandag in die media (Foto: Facebook)

Wayde van Niekerk het vroeg Maandagoggend geskiedenis gemaak toe hy die 400 m in ʼn nuwe wêreldrekord by die Olimpiese Spele in Rio gewen het. Hoewel dié atleet wêreldwyd geprys word, is dit veral ook sy 74-jarige afrigter wat aandag in die media geniet.

Tien familielede, onder wie sy vriendin, Chesney Campbell, en ouers, Odessa en Wayne, het Maandoggend in Rio gekyk hoe die 24-jarige Van Niekerk Michael Johnson se wêreldrekord van 43.18 s, wat in 1999 opgestel is, in ʼn tyd van 43.03 s verbeter.

Buiten vir dié prestasie, is dit veral Ans (Anna) Botha, wat dié atleet reeds vir drie jaar afrig, se emosionele reaksie toe die atleet eerste oor die wenstreep trap, wat baie media-aandag geniet.

Sy het omtrent harte verower toe sy Maandagoggend op en af gespring het uit pure opgewondenheid.

Ans Botha se reaksie toe Wayde eerste oor die wenstreep trap, geniet baie aandag in die media (Foto: Facebook)

Ans Botha se reaksie toe Wayde eerste oor die wenstreep trap, geniet baie aandag in die media (Foto: Facebook)

DB Prinsloo, ʼn mede-afrigter wat al bykans 25 jaar saam met Botha werk, het aan Daily Mail vertel die duo het nie ʼn gewone atleet-afrigter-verhouding nie.

Prinsloo sê Botha se betrokkenheid in Van Niekerk se oefening het ʼn “dramaties positiewe effek” op sy loopbaan gehad.

“Hulle is baie na aan mekaar, vertrou mekaar het en het geweldig baie respek vir mekaar,” het sy gesê.

Botha, wat oorspronklik van Namibië is, is glo bekend vir haar “streng reëls en hoë standaarde”. Hulle het ontmoet toe sy die Universiteit van die Vrystaat se atletiekspan afgerig het.

“Sy vat nie nonsens van enige van haar atlete nie. Sy het ʼn baie streng regime en almal respekteer dit.”

Ans Botha en Wayde van Niekerk (Foto: Daily Mail)

Ans Botha en Wayde van Niekerk (Foto: Daily Mail)

Botha het ook self aan City Press gesê dit was haar eerste keer by ʼn IAAF-wêreldkampioenskap. Hier het sy die geleentheid gekry om skouers te skuur met onder andere Usain Bolt van Jamaika.

“Ek leer sover ek kan. As ek iets teëkom wat vir my atlete kan werk, dan gaan ek dit toepas. Ek probeer altyd iets nuuts in die oefening doen. Hulle sê immers jy is nooit te oud om te leer nie, veral nie in atletiek nie,” het sy vertel.

Sy rig al sedert 1960 af, maar het nog nie aan aftree gedink nie. “Ek is baie geseënd omdat ek geen gesondheidsprobleme het nie. Ek is heeldag besig met jongmense, en jy moet by hulle kan byhou. Ek glo dis wat my gesond hou.”

Van Niekerk is ook die eerste atleet wat die 100 m onder 10 sekondes gehardloop en die 200 m onder 20 sekondes.

Suid-Afrika het tot op hede sewe medaljes by die Olimpiese Spele verower.

Bron: Daily Mail, City Press

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Alta Schutte ·

Dit is fantasties…Veels geluk aan jou ook Ans Botha!

Elize ·

Ans jou ou doring.Ja die wêreld is klein.Haar dogter was my oudste seun se matriek afskeid meisie in WHS.wens ek kan Anscke se foon nommer kry.Welgedaan.

Louisa Krügel Pieters ·

Welgedaan!!!! Die hele SA juig saam met jou!! Wens ek kon jou n drukkie gee!!

Marianne ·

Agter elke suksesvolle man staan ‘n ma, ouma, tannie of vrou.
Wayde ou maat – JY HET ‘n WEN SPAN!
ELKE MA IN S.A. SE HART KLOP GOUD VIR JOU!
Ek is so dankbaar vir jou support system en ongelooflik trots saam met hulle ALMAL.

waarheid ·

Onbeskryflik.. Aanhouer WEN. TROTS en dankbaar.. BOU op die SUKSES behaal, as ‘n SPAN wat WERK..RESPEK is bousteen van LEWE, en WYSHEID is BONUS wat ‘n WENNER MAAK.

Linda Meyer ·

Baie baie geluk aan Ans en haar fantastiese Wayde dis is ongelooflike trots in al ons Suid-Afrikaners se harte. Bou so voort en Wayde bly altyd so nederig en jy sal geseën word.

Trots SA ·

Ai dis lekker om ‘n Suid-Afrikaner te wees.Ek net so voor 3 opgestaan om hom te kyk.Ek geweet hy gaan ons trots maak.

Baie geluk geniet al die glorie Jy verdien dit..

Candice ·

Geluk Wayde baie baie trots op jw als van di beste vejw our GOLDEN BOY:-)HAPPY FOR you

Wat n kombinasie ·

Wat n ongelooflike kombinasie, Tannie Ans proudly Namibian & Wayde, hierdie medalje, rekord en eer is die getuigskrif van 3 jaar se volhoubare harde werk elke dag, ons wat weet hoe min hierdie atleet en afrigter af gehad het in 3 jaar salute julle, ons is ongelooflik bly vir julle. Geniet elke oomblik van glorie, jul nederigheid is n goeie voorbeeld vir elkeen van ons en help met ons daaglikse afrigting!

Wim ·

Baie geluk Wayde met jou wonderlike prestasie en baie geluk aan Ans met haar prestasies as afrigter.

Wat my egter dwars in die krop steek is dat na Wayde se prestasie TV Nuus ‘n onderhoud voer met Wayde se gewese afrigter en nie met Ans nie, wat al die lof toekom.

Lithop ·

Janee kyk, hierdie Tannie Ans is amper net so ‘n groot inspirasie soos haar ster atleet. Ek wonder hoeveel keer sy al onderaf gegiggelry en spot en agteraf skinder moes ervaar in haar loopbaan as afrigter, dit nou as ‘n vrou en dan nog ‘n ouerige afrikaanse tannie daarby! En Wayde: ek hoop jy vertel die wêreld dat ouer afrikaanse tannies oor die Drakensberge gestap het en tot vandag toe is daar niks en niemand wat hulle kan keer nie!

Rina Kotze ·

Veels geluk Tannie Ans! Jy is voorwaar die sterk vrou agter onse Wade!

Wel gedaan en dankie dat jy sy potensiaal ontgin en hom help ontwikkel tot sy maksimum.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.