Wynand, van die bekende groep Anders, se wyse raad aan matrikulante is om nié soos hy te wees en nie te leer nie! Sit dus nou die harde werk in en pluk die vrugte ná die tyd en onthou jou matriekvakansie gaan ekstra lekker wees as jy hard geleer het. Wynand en sy sangmaat/eggenote, Lindi, het ‘n spesiale boodskap in die video onderaan vir matrikulante.
Om jou matriekuitslae te kry was nog nooit só maklik nie. Maroela Media het die “Maroela Matrieks”-app ontwikkel om dit vir matrikulante so gerieflik as moontlik te maak om toegang tot hul uitslae te kry sodra dit vrygestel word.
Maroela Matrieks is beskikbaar vir Android– en iOS-slimfone. Laai die app nou af, dis die eerste stap ter voorbereiding vir jou groot eksamen!