Wees ‘Virseker’ deel van die legkaart

Argieffoto (Foto: congerdesign, Pixabay)

Legkaart bou ken almal van ons, die stukkie in die hand, die plekkie waar hy pas en die gevoel van genoegdoening wanneer die stukkies en plekkies bymekaar kom. Die voltooide legkaart lyk mos sommer baie mooier as op die voorkant van die kartonhouer.

In baie opsigte is om deel van ʼn gemeenskap te wees ook soos om ʼn stukkie van ʼn legkaart te wees. Op sy eie is die stukkie van die legkaart betekenisloos en netso is ʼn legkaart met ʼn paar stukkies wat kort, altyd onvoltooid. Die stukkie op sy eie kan jy weggooi en die legkaart met die gaatjie hier en daar is net nie dieselfde nie.

Die Afrikaanse gemeenskap word in die tye in besonder uitgedaag in Suid-Afrika. Die regering van die dag se hopelose idees van oplossings, hulle oneerlikheid, veiligheid en in besonder die alles-oorheersende-dryf om te transformeer, plaas die gemeenskap onder druk en voel ons soms een-een alleen.

Ongelukkig is dit nie moontlik om ʼn legkaart te bou as jy net ʼn stukkie van ʼn legkaart is nie. So is dit ook nie moontlik om oplossings op jou eie te vind vir probleme wat deur die gemeenskap opgelos moet word nie. Die oplossing lê nie in “my” legkaartstukkie nie, maar in “ons” stukkies.

Virseker se korttermynversekeringsproduk vir jou motor en huisinhoud kompeteer met al die goeie produkte in die mark. Virseker kom egter met ʼn besondere aanbod aan die Afrikaanse gemeenskap. Virseker het jou gekies deur te sê “ek bied my versekering en diens aan jou in Afrikaans”. Virseker wil jou groet deur te sê “goeiedag, hoe kan ek u help?”. Uitnemende diens is vir Virseker belangrik en die maatskappy is baie dankbaar vir die erkenning wat sy kliënte gegee het deur hulle deelname in die South African Customer Satisfaction Survey (SAcsi) waar Virseker uitgewys is as die korttermynversekeringsproduk met die beste kliëntedienstevredenheid. Virseker wil graag nog beter doen en indien jy nog nie ʼn kliënt van Virseker is nie, sal dié maatskappy ook graag aan jou ʼn uitnemende dienservaring wil bied.

Virseker is meer as net ʼn korttermynversekeringsproduk. Virseker bied aan jou, as lid van die Afrikaanse gemeenskap, die geleentheid om jou legkaartstukkie te bring en te pas in ʼn groot legkaart wat die Virseker Trust help bou in Afrikaanse onderrig. Die afgelope sewe jaar het Virseker reeds R32 miljoen rand geskenk aan Afrikaanse onderrig, die volgende jaar ten minste R12 miljoen en so gaan ons binnekort R32 miljoen in een jaar kan skenk aan Afrikaanse onderrig.

Virseker help bou aan Akademia as private Afrikaanse Universiteit wat besig is om van krag tot krag te gaan en in die volgende paar jaar reeds 5 000 studente gaan bedien met nagenoeg 40 grade-opsies. Virseker ondersteun die Skoleondersteuningsentrum wat hulle beywer om goeie bestaande Afrikaanse skole te ondersteun, maar ook te werk aan nuwe oplossings vir die toekoms. Virseker betaal beurse uit aan studente en raak betrokke by verskeie verdienstelike sake in die wêreld van Afrikaanse onderrig.

Deur Virseker kan jy nie alleen jou materiële belange verseker nie, maar kan jy ook jou legkaartstukkie bring en deel van ʼn klomp stukkies word wat ʼn Afrikaanse onderriglegkaart bou. ʼn Pragtige toekomsbeeld van vry en veilige jong Afrikaanse kinders wat in Afrikaans skoolgaan en verder studeer by die beste Afrikaanse universiteit in Afrika.

  • Maroela Media en die Virseker Trust werk saam om Afrikaanse onderwys en ander Afrikaanse inisiatiewe te ondersteun. Kry ʼn verpligtingvrye Virseker-kwotasie.
  • Virseker is ʼn produk van Auto & General Versekeringsmaatskappy, ʼn gemagtigde finansiëlediensteverskaffer. B’s & V’s geld. (FDV-lisensienommer: 16354)

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.