[Wen] Ervaar ʼn unieke teaterproduksie

Luther-deel-Bybels-uit-Susan-die-blondekoppie-met-wit-hoedjie-agter-langs-Luther.jpg

Foto verskaf

Kom beleef gemeenskapsteater soos min. Uit diep van donker nagte laat die reformasie ná 500 jaar herleef in ’n unieke multimedia-, teater-in-die-rondte-produksie wat jonk en oud diep sal tref. Die gehoor gaan op ʼn verrassende wyse midde-in die dramatiese gebeure geplaas word. Die dokumentêre vertelling vind plaas deur toneelspel, ensemble-sang, kamermusiek, orreluitvoering en gehoordeelname saam te snoer.

Een gelukkige Maroela-leser kan ʼn dubbelkaartjie wen na die vertoning:

  • Wanneer: Donderdag, 26 Oktober 2017
  • Waar: Gereformeerde Kerk Centurion, Basdenlaan 226, Lyttelton, Pretoria
  • Tyd: 19:00 vir 19:30 – 22:00

Saam met die dubbelkaartjie ontvang die wenner ook die boek, In Christus alleen.

Hoe om in te skryf:

Beantwoord die volgende vraag: Wie is die skrywer van Uit diep van donker nagte?

Stuur ʼn e-pos met jou antwoord aan: [email protected].

Sluitingsdatum: 

19 Oktober 2017 (die wenner sal op 20 Oktober aangekondig word).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.