Wen ʼn kragopwekker met jou “Lig in die donker”-storie!

beurtkrag-gloeilamp

Argieffoto.

Beurtkrag is gʼn grappie nie – ons is dit almal eens. Maar as daar een ding is wat jy van ons Suid-Afrikaners kan sê, is dit dat ons altyd ʼn grappie kan maak te midde van die moeilikste omstandighede. Kom ons sê maar, spreekwoordelik, dat ons altyd die goue randjie om die donker wolk kan raaksien.

Daarom nooi Maroela Media jou om vir ons jou “Lig in die donker”-storie te vertel. Vertel vir ons van iets snaaks wat in julle huis gebeur het toe die ligte skielik afgaan, of van ʼn slim plan wat julle gemaak het om die kos gaar te kry, of iets lekkers wat julle as gesin aangepak het terwyl die krag af was. Die mooiste, lekkerste, snaaksste of mees positiewe storie mag dalk net vir jou en jou gesin ʼn kragopwekker ter waarde van R7 500 in die sak bring.

Vertel vir ons jou “Lig in die donker”-storie hier onder in ongeveer 250 woorde of minder. Onthou, negatiewe stories word onmiddellik gediskwalifiseer! Jou storie moet snaaks, positief, lekker of eg Afrikaans wees. Die beste en mooiste stories sal ons hier op Maroela Media met al ons lesers deel.

Wen

Die kompetisie sluit op Maandag 6 Mei 2019 en die wenner sal direk in kennis gestel en op Facebook bekend gemaak word.

Bepalings en voorwaardes

  1. Maroela Media behou die reg voor om enige inskrywing te diskwalifiseer wat nie voldoen aan die vereistes vir ‘n “Lig in die donker”-storie nie.
  2. Die kompetisie is beskikbaar slegs aan deelnemers wat in Suid-Afrika woon.
  3. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal hieroor gevoer word nie.
  4. Die prys is ʼn 2,5 kVA brandstof-aangedrewe kragopwekker ter waarde van ongeveer R7 500.
  5. Die prys word in samewerking met ʼn handelaar, in die wenner se omgewing, verskaf.
  6. Die handelaar word deur Maroela Media gekies.
  7. Die prys kan nie geruil word vir kontant nie.
  8. Die prys word verskaf sonder brandstof, installasie, of enige bykomende toerusting.
  9. Die prys is onderhewing aan die beskikbaarheid van voorraad: a) Maroela Media behou die reg voor om ʼn kragopwekker van ʼn kleiner spesifikasie weg te gee indien daar geen voorraad van die oorspronklike prys beskikbaar is nie; b) Maroela Media sal probeer om die prys binne ‘n billike tydperk na die sluiting van die kompetisie deur middel van die handelaar te lewer, maar die tydperk is ook onderhewig aan die beskikbaarheid van voorraad.
  10. Reëlings sal met die wenner getref word om self die prys by ʼn handelaar in sy omgewing te gaan haal.
  11. Die wenner moet self leer hoe die kragopwekker werk.
  12. Maroela Media sal geen aanspreeklikheid aanvaar vir enige wangebruik van of enige skade as gevolg van die kragopwekker nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.