Wen: Skink ’n koppie tee vir Kansa saam met Maroela Media

Argieffoto. (Foto: Christian Bowen/Unsplash)

Die dae van virtuele teepartytjies is verby en die jaarlikse Kansa-Spar-tee, wat die afgelope twee jaar ’n virtuele geleentheid was, gaan vanjaar weer volstoom voort.

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) is een van die voorste kankerbeheerliggame in Suidelike Afrika en finansier kankernavorsing, beïnvloed beleidmakers en lig die publiek in oor die voorkoming en opsporing van kanker.

Kansa bied ook omvattende ondersteuning aan mense wat deur kanker geraak is of daarvoor behandel word.

Die geleentheid word vanjaar vir die 14de keer in samewerking met Spar aangebied.

Donnalee Roberts. (Foto: Willem Botha)

Die tema vir vanjaar se Kansa-Spar-tee is “Nuwe seisoene”. Dié opwindende geleentheid vind op Woensdag 26 Oktober by Colosseum Reale in Roodeplaat net noord van Pretoria plaas.

Yolanda Bukani, wat kanker oorwin het, sal as motiveringspreker optree. Donnalee Roberts is die seremoniemeester terwyl Willem Botha, sanger en fotograaf, ʼn spesiale grimeringsessie sal aanbied. The Muses is die gaskunstenaars.

Wen: Drie gelukkige lesers kan elkeen saam met ʼn vriendin ʼn plek aan Maroela Media se tafel by die Kansa-Spar-tee wen. Maroela Media sal die tafel voorberei – die wenners kan net aansit en die dag geniet. Die kompetisie sluit Donderdag 20 Oktober. Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes:

  • Die geleentheid vind op Woensdag 26 Oktober om 09:00 tot 13:00 plaas.
  • Die wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind waarna Maroela Media per e-pos en/of telefonies met die wenner in verbinding sal tree.
  • Die wenner sal ook op Maroela Media bekend gemaak word.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die wenner is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.

Lees meer hier oor die Kansa-Spar-tee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.