Wen: Troubeplanning het sopas makliker geword

Troukoors se klein swart boekie oor troues (Foto: Verskaf)

Die bekende Afrikaanse trou-webtuiste Troukoors het onlangs ʼn boekie uitgebring wat onderneem om troubeplanning vir toekomstige bruide makliker te maak.

Troukoors se klein swart boekie oor troues is propvol insiggewende artikels oor elke aspek van troubeplanning vir selfdoenbruide.

“Dit is ’n handsakgrootte boekie wat die bruid wat besig is om troue te beplan, die heeltyd by haar kan dra én dit is die eerste van sy soort in Suid-Afrika,” het Annelien van Basten, Troukoors se besturende redakteur gesê.

Van Basten sê hulle het in die afgelope paar jaar agtergekom daar is ʼn leemte vir só hulpmiddel vir bruide.

“Ons het agtergekom dat praktiese, raadgewende artikels op ons webtuiste soos: “Hoe om ’n seremoniemeester te kies en wat sy pligte is”; “Watter toesprake nodig is en hoe om ’n toespraak te skryf”; “Die pligte van strooimeisies en strooijonkers”; “Wie betaal vir wat” ensovoorts ongelooflik goed doen en ons het dus ’n leemte vir so ’n skatkis van inligting in die mark gesien.

“Met so ’n boekie sal die bruid nie net alles weet wat sy nodig het om te weet oor haar groot dag nie, maar sy kan altyd die inligting byderhand hê, selfs op haar groot dag, omdat dit in die strooimeisie se handsakkie sal pas,” het sy gesê.

Buiten die inligting voor in die boekie, is daar ook agterin blaaie wat die bruid vir troubeplanning kan gebruik, soos ’n begroting, tydlyn om op die dag van die troue te gebruik, ’n plek waar jy ’n lysie van foto’s kan invul wat geneem moet word en ʼn plek vir notas.

Verder is daar ook ’n telefoonboekie agter in met topdiensverskaffers se besonderhede onder mekaar gelys in die vorm van ’n telefoongids.

Die boekie is beskikbaar teen R170 (posgeld ingesluit) en kan direk by Troukoors bestel word by [email protected].

WEN: Twee Maroela Media-lesers kan elk Troukoors se klein swart boekie oor troues wen. Om in te skryf: Gaan hou van Troukoors se Facebook-blad hier en stuur dan voor 15 Junie die woord “Troukoors”, jou naam en van en kontaknommer na [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.