Wenke om dié herfsseisoen gesond en aktief te bly

Argieffoto

Met somerdae wat kwyn en die herfs wat met sy koeler temperature oorneem, kan dit moeilik wees om gemotiveerd te bly vir ʼn gesonde leefstyl. Koue weer moet egter nie ʼn verskoning wees om jou gesondheid af te skeep nie.

“Moenie toelaat dat jou somer se oefensessies vergeefs was nie. Jy moet ʼn volledige oefenroetine vir herfs beplan wat jou op die regte pad sal hou en nóg beter sal laat voel. Al wat jy nodig het, is ʼn bietjie inspirasie,” het Fransoa Ebersohn, handelsmerk- en kommunikasiespesialis van Zone Fitness, gesê.

“Ons het die ideale oplossing gevind om jou in die herfs gemotiveerd te hou om fiks te bly met ʼn oefenroetine wat perfek vir jou is.”

Hier is ʼn paar handige wenke om in die komende herfsseisoen gesond te bly.

Verhoog jou vitamien D-inname
Maak seker jy kry genoeg vitamien D in die herfsseisoen. Ons liggame absorbeer vitamien D deur sonblootstelling op die vel. ʼn Aanvulling met ʼn bietjie ekstra vitamien D kan jou liggaam help om voor te berei vir die komende seisoen wanneer dit vroeër donker word.

Argieffoto

Eet seisoenale groente en vrugte

Die herfsdae word koeler en beteken gewoonlik dat ons meer begin eet en moeiliker onder die komberse uitkruip om gesonde kos te maak. Probeer om vrugte en groente te koop wat in seisoen is. Eet groente en vrugte soos:

  • Appels – hulle is vol anti-oksidante.
  • Spruite – ʼn goeie bron van yster.
  • Pere – ʼn goeie bron van vitamien C en koper.
  • Blomkool – dit kan help om kanker te voorkom en is ʼn uitstekende bron van vitamien D.
  • Patat – ʼn uitstekende bron van vitamien A en ʼn goeie bron van yster; dit het ook anti-inflammatoriese eienskappe.
  • Dadels – hulle is laag in vet, ʼn goeie bron van vesel en kalium.

Drink genoeg water

Onthou om gehidreer te bly omdat kouer weer jou vel ontwater; daarom is dit belangrik om soveel moontlik water te drink, al word die weer koeler.

Musiek vir jou oefensessie
Om na musiek te luister tydens jou oefensessie stel goedvoel-hormone vry en laat jou dadelik beter voel. Musiek stimuleer daardie deel van jou brein wat beweging beheer en dit help jou spiere om te beweeg.

Kry vir jouself ʼn speellys wat jou goed laat voel. Dit sal die gehalte van jou oefensessie verbeter deur jou stamina te verhoog en jou meer gemotiveerd laat voel.

Oefen saam met ʼn vriend
Om saam met ʼn vriend of vriendin te oefen is een van die beste motiverings wat jy kan hê. Só is jy meer geneig om ʼn gereelde roetine te volg en jy sal ook meer pret hê.

Maak seker jy het die regte oefenklere

Nou is die tyd om te begin inkopies doen vir die regte oefenklere om die koue weg te hou. Koop klere waarin jy gemaklik sal voel en dit geniet om in te oefen.

WEN:

Ken jy ʼn besonderse ma? Iemand wat altyd daar is om te help, ʼn skouer te bied om op te huil, of die laaste paar woorde van motivering na jou kant toe te fluister. Iemand wat hard kan werk, lekker kan kos maak, en dan boonop die hele gesin aan die gang kan hou. Iemand wat altyd kop bo water hou, maak nie saak hoe moeilik die situasie is; iemand wat vir jou soos huis voel.

As jy só ʼn ma ken, of dit nou jou eie ma, suster, dogter, vriendin óf jyself is, is Maroela Media se “mooi, mooier, mooiste mamma”-kompetisie net vir jou.

Maroela Media wil graag vir een spesiale, besonderse ma die kans gee om ʼn mooimaaksessie te wen vir Moedersdag.

Skryf hier in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.