Wenke voor jy ʼn grimeerkunstenaar vir jou troue kies

Nicolene Birkenstock (Foto: Verskaf)

Dit is belangrik om ʼn gepaste grimeerkunstenaar vir jou troue te kry, omdat jy heel waarskynlik op dié spesiale dag op jou mooiste wil lyk en voel.

Die foto’s van jou troudag geen heel moontlik ʼn paar maande later teen jou huis se mure op, en dan is dit belangrik dat jy hou van hoe jy gelyk het, en dat jy darem nie soos ʼn ander mens lyk nie.

Die grimeerkunstenaar Nicolene Birkenstock, van Nici B Bridal and Beauty sê daar is vier hoof faktore waarna jy moet kyk voordat jy ʼn grimeerkunstenaar vir jou troue kies.

Styl

“Die bruid moet haar styl in ag neem en weet of sy natuurlik, dramaties, klassiek of uniek wil lyk. ʼn Professionele grimeerkunstenaar kan enige styl namaak, maar as jy deeglik na hulle werk gaan kyk sal jy sien dat elke grimeerkunstenaar sy/haar eie kenmerkende styl het wat uitstaan, en dit is goed as die bruid van dié kenmerkende styl hou,” sê Birkenstock.

Kwaliteit

Kyk na die gehalte van die grimeerkunstenaar se werk deur na foto’s te kyk wat hulle self geneem het en deur die terugvoer oor hulle te lees op byvoorbeeld hul Facebook-blaaie.

“Die gehalte van werk hang ook nie net af van die langdurigheid van die grimering of hoe die finale gesig lyk nie, maar ook van die professionaliteit van die kunstenaar. Onthou dit is ʼn baie intieme en emosionele geleentheid vir die bruid, so jy soek iemand waarmee jy gemaklik voel en wat jy ten volle vertrou.”

Kommunikasie

Daar moet ʼn gemaklike vloei van kommunikasie tussen die bruid en die grimeerkunstenaar wees.

“Bruid, kom asseblief gereed met ʼn prentjie, ʼn gevoel, ʼn tema, en selfs die kleur van die rok en die juwele. Wees eerlik met jou grimeerkunstenaar en moet nie skaam wees om terugvoer te gee nie, maar wees ook bereid om raad van die grimeerkunstenaar te ontvang,” sê Birkenstock.

Prys

“Iemand wat al langer in die bedryf is, wat bekend is of wat dalk sy of haar eie salon het, sal duurder wees. Maar moenie die goedkoper kunstenaars miskyk nie, daar is soms baie talent onder nuwelinge en ook onder mense wat grimering net as ʼn stokperdjie doen.”

Maak ook seker jy gee vir jou grimeerkunstenaar die regte inligting, sodat sy haar vervoerkoste behoorlik kan uitwerk. Dit sluit in die datum van die troue, die venue, die aantal bruidsmeisies, hoeveel ma’s, en of jy vals-wimpers wil aansit of nie.

 

WEN:

Ken jy ʼn besonderse ma? Iemand wat altyd daar is om te help, ʼn skouer te bied om op te huil, of die laaste paar woorde van motivering na jou kant toe te fluister. Iemand wat hard kan werk, lekker kan kos maak, en dan boonop die hele gesin aan die gang kan hou. Iemand wat altyd kop bo water hou, maak nie saak hoe moeilik die situasie is; iemand wat vir jou soos huis voel.

As jy só ʼn ma ken, of dit nou jou eie ma, suster, dogter, vriendin óf jyself is, is Maroela Media se “mooi, mooier, mooiste mamma”-kompetisie net vir jou.

Maroela Media wil graag vir een spesiale, besonderse ma die kans gee om ʼn mooimaaksessie te wen vir Moedersdag.

Skryf hier in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ander mens ·

Meeste bruide kan jy nie eers herken op hul troufotos nie. Hulle word so gespoeg en plak. Dis jammer dat dames SO MIN van hulself dink.
As al daai “ad-ons” eers afkom na die honeymoon, skrik die arme bruidegom homself morsdood.
….o en die matriekafskeid fotos is deesdae ney so erg. 18 jarige meisies wat so 25jariges probeer lyk….WHY???

DeVill ·

Die vorige keer was vir my mooier. Ek het daarvan gehou.

Seker maar omdat dit vir ‘n troue is maar dit is te veel opgeplak hierdie keer.

bantam ·

Wat is dit met die wenkbroue deesdae , die mense lyk belaglik

ANA ·

Stem 100% saam met jou BANTAM en ek is self, al vir 12 jaar lank…. ñ grimeerkunstenaar

Dorothy ·

Die Bruidegom gaan hom doodskrik. Dalk nog die hasepad vat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.