Wil jy ʼn huis koop? Pas só op vir slenters

(Argieffoto)

Dit is baie belangrik om goed voorbereid te wees voordat jy ʼn huis koop aangesien dit so ʼn duur aankoop is. Wanneer jy jou eerste huis met al jou spaargeld koop en só mooi daarvoor begroot het, wil jy beslis nie verras word met verskuilde koste of kinkels in die kontrak wat jou inloop nie.

Johan Gouws, operasionele hoof van Keller Williams Eiendomme in Suid-Afrika, waarsku huiskopers om eers soveel moontlik inligting te kry sodat hulle ʼn ingeligte besluit kan neem.

Kontrak

“Wanneer dit by die kontrak kom, is die duiwel in die fynskrif. Kopers (en verkopers) moet nooit teken as hulle nie hulself van die papierwerk vergewis het nie,” het Gouws gesê.

Hy stel voor jy bring ʼn prokureur of ander geleerde vriend saam om eers namens jou deur die papierwerk te gaan voordat enige dokumente geteken word.

“Stel ook mooi vas wat presies beteken ‘voetstoots’, asook inherente en verborge gebreke voordat die huiskykproses begin word. Dalk steek die nuwe laag verf meer weg as wat nodig was.”

Ekstra koste

Afgesien van die prys van die eiendom, is daar ander soorte koste waaraan kopers moet dink en in die begroting insluit voordat hulle op ʼn huis besluit.

“Die koper se uitgawes, benewens die prys van die eiendom, sluit die oordragkoste in wat weer hereregte (belasting), die prokureur se fooie, ’n akteskantoorfooi en vooruitbetaling van erfbelasting vir ongeveer drie maande insluit.”

Indien daar ʼn verband oor die eiendom geregistreer moet word, is daar ook ʼn bykomende prokureursregistrasiefooi.

“Alle fooie is op glyskale gegrond en word meer namate die eiendom duurder word. Na raming kan ongeveer 10% van die eiendomskoste begroot word vir oordragkoste, maar vind eers by jou agent uit wat presies elke betrokke fooi behels voordat daar geteken word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lalie ·

Ja dit is so. Hulle vang jou omdat jy oningelig is die eerste keer, maar daar na is jy bietjie slimmer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.