Wys hoe mooi is Suid-Afrika met jou foto’s

Die One Day in Time-fotogalery. Foto: http://www.onedayintime.net/gallery.php

‘n Paar van die foto’s wat reeds op “One Day in Time” gelaai is. Foto: www.onedayintime.net

Die skrywer Christopher Rory Page het, as deel van ʼn veldtog vir bewusmaking van Mandeladag op 18 Julie, ʼn kompetisie van stapel gestuur waaraan die publiek kan deelneem. Hy beplan ʼn fotoboek en nooi fotograwe om opbouende en inspirerende foto’s van Suid-Afrika in te stuur wat moontlik gepubliseer kan word.

Page het met dié idee vorendag gekom danksy die groot sukses van Good Morning, Mr Mandela deur Zelda la Grange, voormalige persoonlike assistent van oudpres. Nelson Mandela.

Die veldtog, “One Day in Time”, gee die publiek die geleentheid om hul eie foto’s te laat beoordeel deur ʼn paneel bekende beoordelaars. Die fotoboek gaan aanvanklik aanlyn gepubliseer word.

“Ons beplan om die fotoboek te publiseer teen Mandeladag op 18 Julie. Die publiek kan foto’s instuur wat Suid-Afrika die mooiste ten toon stel,” het Page gesê.

Die beoordelaars sluit onder andere in Mej. Suid-Afrika 2016, Nthando Kunene; Mnr. Suid-Afrika 2016, Armand du Plessis; Wayne Stafford; Brent Lindeque; die Carte Blanche– aanbieder Derek Watts; en Zelda La Grange.

Wenners gaan daagliks aangewys word en op ʼn kortlys geplaas word met die oog op beoordeling.

Kyk ook na al die foto’s wat reeds opgelaai is. Skryf in en lees meer oor die kompetisie op die One Day in Time-webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marianne ·

Mensig dis ‘n goeie idee! Op daardie advertensie collage is 3 mooi S.A. foto’s. Ek hoop mense kom met iets meer buitengewoons voor… Die “Africa Woman Representation Theme” is al soooooo afgemaai! Nee wat gee Die Stepping en Skoonheid! Dis ons S.A. trots!

johann cb ·

Ek stel glad nie in 18 Julie belang nie. Mandela het vir my minder gedoen as wat ek by die vorige bedeling gebaat het – en dit was niks! Ek moet nou nog sukkel om ‘n redelike bestaan te voer. Jammer dat ek so onpatrioties is.

Alien ·

Vra sommer byvoorbaat om verskoning (tipies wit mens) maar jammer daar is NIKS meer mooi oor in hierdie land nie, dis lankal alles afgebrand, gebreek of bemors. Ons land is vuil, ons paaie sleg en dinge om te sien of doen , onveilig.
My tralie hek is pragtig, kan ek ‘n foto daarvan instuur?? My Rotveilers is net so mooi. Ek het pragtige foto van hulle waar hulle pose by my 8 voet muur met elektriese drade. Stel julle belang? Wat van my laaste vakansie toe ons veroof is op ons stap toer? Ons het die mooiste fotos van die omgewing geneem. O askies, die kamera is gesteel … fotos weg.

Alien ·

Vra sommer byvoorbaat om verskoning (tipies wit mens) maar jammer daar is NIKS meer mooi oor in hierdie land nie, dis lankal alles afgebrand, gebreek of bemors. Ons land is vuil, ons paaie sleg en dinge om te sien of doen , onveilig.
My tralie hek is pragtig, kan ek ‘n foto daarvan instuur?? My Rotveilers is net so mooi. Ek het pragtige foto van hulle waar hulle pose by my 8 voet muur met elektriese drade. Stel julle belang? Wat van my laaste vakansie toe ons beroof is op ons stap toer? Ons het die mooiste fotos van die omgewing geneem. O askies, die kamera is gesteel … fotos weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.