Helpende Hand Studietrust – borg ʼn student

Die krisis waarmee ons vandag sit is dat 73% van Afrikaner-jongmense nooit ’n universiteitskwalifikasie sal verwerf nie, en dat slegs 27% van jong Afrikaners wel universiteit toe gaan (Solidariteit Navorsingsinstituut, 2018). Ons jongmense is besig om uit te sak omdat baie dit eenvoudig net nie kan bekostig om te gaan studeer nie, en staatshulp hul nie beskore is nie.

Die antwoord op hierdie krisis is natuurlik om self ons jongmense te help om te kan gaan studeer, en daarom het Helpende Hand reeds in 2009 begin om behoeftige jongmense te help om te studeer deur middel van rentevrye studielenings.

Vandag het die Helpende Hand Studietrust gegroei tot ʼn reuseinstelling wat reeds R238 miljoen aan 6 300 behoeftige studente se studies oor die laaste 11 jaar uitbetaal het. Ongelukkig het die nood nie stilgestaan nie, en sien ons ook vandag die grootste Afrikaner-armoede in ʼn lang tyd.

Vandag wil ons jou vra om ons te help om ʼn behoeftige student se studies vir 2021 te borg, of net ʼn gedeelte daarvan.

Vul asseblief die vorm hieronder in, en ons kontak jou graag:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.