Uit die voorbladfoto blyk dit hemel en aarde het gebly, maar die “ons” het iewers in die sand weggesypel.
Lees meerSkryfnet-deelnemer publiseer debuutroman
Akademia en Maroela Media se skryfskool, Skryfnet, het reeds verskeie suksesverhale opgelewer. Een van die deelnemers, Heinz Meissner, se debuutroman “Rolf se restourasie”, het pas verskyn.
Sanstories verryk kinders se leeswêreld
“Die gewilde skrywer, Wendy Maartens, is toegewyd daaraan om kinders te help om hulself, hul leefwêreld en mekaar oor kultuurgrense heen beter te verstaan deur die stories van hul komvandaan.”
Boekdiewe pootjie Afrikaanse skrywers
“Jy doen nie vir skrywers of Afrikaans ʼn guns om e-boeke onregmatig te versprei nie.”
Wen: Dié stories ideaal vir jongspan se leestyd
Maroela Media en NB-Uitgewers vier Wêreldboeke- en Kopieregdag met hierdie heerlike boekprys vir jong boekwurms.
Bib-kultuur in Kaapstad lekker en lewend
Mense het meer as 4,6 miljoen boeke uitgeneem en 18 407 nuwe lede het in die ses maande tussen Julie en Desember by biblioteke aangesluit.
Wêreldboekedag: Skakel af en lees (gedrukte boeke)
Meer as die helfte van Suid-Afrikaanse volwassenes woon steeds in huishoudings sonder boeke. Sowat 65% van kinders word 10 jaar oud sonder dat hulle ʼn enkele prenteboek in hul ouerhuis het.
Boekuittreksel: Missies Burgemeester hou lyne warm om stomme Twalie te help
“Daai meisiemens … wat’s ha’ naam nou weer? Ghannaknolletjie of wat?”
Phoebe Abrahams vertel oor ’n lewe saam met Jakes Gerwel
“Teenoorgesteldes trek mekaar soms aan – die liefdeschemie bly ʼn raaisel in ʼn spieël. Hulle het mekaar ongetwyfeld aangevul.”
Goeie oes stories vir jong lesers, maar dié skrywers kraai koning
Volgens Jaco Jacobs was die topverhale sterk, vermaaklike, eietydse stories wat hul plek met trots op enige Afrikaanse kind se boekrak kan volstaan.
Wildbewaarder se honde grootste helde in teenstropery-aksies
“Ek het toe besluit om vir my ʼn hond te kry, omdat dit na my mening een van die lojaalste bondgenote is.”
Onthullende boek oor AKA, Anele op pad
“Die vurige verhaal van AKA en Anele is baie soos ’n noodlottige hedendaagse Romeo en Juliet. Dit is ’n epiese en verwoestende verhaal met wrede reperkussies: twee slim en kreatiewe jongmense, albei nou tragies dood,” skryf outeur Melinda Ferguson.
Suidooster se minikunstefees gereed vir onnies, skoliere en ouers
Suidoosterfees Junior spog met ’n propvol program van opvoedkundige skrywerspraatjies, toneelstukke, musiekkonserte en vele meer.
Resensie: Ingrid Jonker was ʼn vernuwer in Afrikaans
“Jonker was ook ʼn vernuwer in Afrikaans – veral met haar tweede digbundel, Rook en oker, van 1963,” skryf Daniel in sy resensie van ‘Ingrid Jonker: Die papie roer en ek word digter’.
Sidney Gilroy: ‘Dikvelligheid, navorsing ’n vereiste vir skryf’
Navorsing oor polisieprosedures, orgaanoorplanting en ʼn skaars geestesversteuring was deel van dié skrywer se voorbereiding vir sy nuwe misdaadriller “Bloedsomer”.
‘Ek mis my kind’ – verlange uit die gevangenis
Stanley sê hy skryf nie oor misdadigers nie. “Ek wil nie daardie energie hê nie. Ek skryf oor slagoffers en ek skryf trooswoorde.”
Zuléka Smit ken ’n kind se hart
Ben en die boelies is die jongste boek deur hierdie gewilde kinderboekskrywer wat ʼn kindertuinonderwyseres en self ʼn ma van twee is.
‘Hoe herlaai ons SA?’ en nóg aktuele gesprekke op Suidoosterfees
Skrywers, joernaliste en nuusmakers gaan tydens die Jakes Gerwel-gesprekke op die Suidoosterfees byeenkom om oor ʼn verskeidenheid aktuele sake en boeke te gesels.
Só sê Afrikaanse lesers oor vreugde van boekklubs
“Daar is seker nie veel wat ons uniek maak nie, maar ons hou almal baie van lees, stories, lekker lag en kuier.”
Huis-huis, ʼn resep vir elke vertrek
Meer as 100 watertand-resepte is by dié boek ingesluit. Dit is die ideale geskenk vir jouself, jou ma, jou oom, die bure, pasgetroudes, jongmense wat vir die eerste keer vir hulself moet sorg en enigiemand wat graag in die kombuis woeker.