Dié unieke boek neem jou en jou kinders op ‘n ongelooflike avontuur wat dien as brug tussen Kinderbybels en Volteksbybels. Neem jou kinders op ‘n reistog waar hulle God en sy skatte kan ontdek.
Boek: Shisanyama
Van die honderde inskrywings wat hy ontvang het, het Jan meer as 80 gunsteling Suid-Afrikaanse braairesepte getoets en ingesluit.
Boek: Goudmyn
Toe Jak Stapelberg die pos van hoofbestuurder van die Sonderkloof-goudmyn aangebied word, weet hy dis te goed om waar te wees.
Boek: Hans steek die Rubicon oor
Hans loop op 90 nié met ’n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy ’n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone.
Boek van die maand: ‘Johanna’ deur Cas Wepener
Die skakering in vertelling vul Wepener knap aan deur teksture in te weef: onder meer geure (dié van Earl Grey-tee, kaneel, dennenaalde), seisoene en die wind. En stilte, skryf Johan Myburg.
Boekresensie: Jaco Jacobs en Fanie Viljoen se ‘Die wonderwêreld van Seelewe’
Ek is sommer baie opgewonde oor hierdie opvoedkundige volkleurboek wat propvol aktiwiteite, speletjies, kopkrappers en interessante feite is oor die oseane, skryf Louise Viljoen.
Afrikaanse skrywer se boek word Hollywood-fliek
“Dis wonderlike nuus om te ontvang vir enige skrywer. Dis nie soseer hóékom jy skryf nie, maar dit bly darem ʼn fantastiese bonus.”
Die storie van Afrikaans: uit Europa en van Afrika
Hierdie is ‘n werk wat nie net tersiêre voorskryfmoontlikhede inhou nie, maar bied boeiende leesstof vir enigiemand wat geïnteresseerd is in die ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans.
Boekresensie: ‘Die Greyson-probleem volgens Nikita Joubert’
Boek twee lees soos ’n droom en mens kan nie gou genoeg die bladsye omblaai om te lees wat gaan volgende gebeur nie.
20 jaar van Solidariteit was ʼn visie anderkant die woestyn
“By ons is daar nie moedeloosheid nie maar energie, want ons glo as jy twyfel oor die toekoms, dan bou jy dit. Dit is die enigste manier hoe jy verseker van jou eie toekoms kan wees.”
[Video] Jy kan ʼn verskil maak!
Finesse-tydskrif, in samewerking met Helpende Hand se skooltassieprojek, poog om in elke skooltassie die boek, 52 Mooiste Bybelstories, te sit. Gaan kyk ook hoekom Carike Keuzenkamp haar steun aan dié projek gee en stel vas hoe jy kan help om ʼn verskil te maak.
[Boek] Brand
Thys se speurwerk kom op ’n afgryslike ontdekking af… Hy vermoed traangas word gedokter met dwelms om mense heeltemal berserk te maak. Is mieliepap, die stapel van die armes, volgende?
[Boek] Blinktand van Bosveldparadys
Blinktand van Bosveldparadys handel oor die avonture van Blinktand, die grootste, sterkste en slimste vlakvark wat ooit in Bosveldparadys geleef het.
[Boek] The President’s Keepers
Terwyl Zuma vir sy politieke lewe baklei ná die Gupta-e-posse in 2017 uitgelek het, het hierdie kabaal – The President’s Keepers – seker gemaak dat hy ná jare van ʼn vervalle regering, steeds aan bewind en uit die tronk bly. Maar is Zuma die poppekasmeester of hul marionet?
Boek: Stil oomblikke met God – vir jong vroue
Verryk jou geestelike reis en ontdek presies hoe lief God jou het wanneer jy elke dag ’n stil oomblik saam met Hom deurbring.
Woordskilder Anzé Bezuidenhout beïndruk
Poësie hoef nie noodwendig swaar, literêr of akademies van aard te wees nie. Soms lê die mooi van gedigte reeds in die taal se eenvoud.
[Boek] Tussen vriende
Will het ’n stukkie. Iemand by die werk, jonk genoeg om sy dogter te wees. En Adriaan en Cassie weet daarvan, maar bly tjóépstil.
[Boek] Spertyd
Die boek fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare, in die aftreeoord in Kaapstad waar sy nou al geruime tyd woon.
Boek van die maand (resensie): ‘Die laksman se dogter’ deur Gerda Taljaard
Dit was die voorblad wat my die boek laat nadertrek het. Met die hoop dat die boek iets van dié noukeurige komposisie sal kan volhou. Wat wel die geval is, en wat die leser wat agter die storie aanlees beloon sowel as dié een wat wil talm in die teks, skryf Johan Myburg.
[Boek] Shéri – nes ek is
Shéri Brynard is gebore met Downsindroom. Dokters het haar ma min moed gegee, maar vandag, 35 jaar later, is Shéri ‘n lewendige jong vrou met menige avontuur op haar kerfstok.