“Ek het jou nie meer lief nie.” Uiteindelik kry Lizzie dit gesê ná ’n huwelik van agt en twintig jaar.
[Boek] Bielie Bybelpretboek 4
Die Bielie Bybelpretboek 4 is perfek vir liefhebbers van blokraaie en ander woordspeletjies.
Boek-uittreksel: Hykie Berg – My storie van hoop
“Die hele rehabilitasieproses was bitter ver verwyder van my gemaksone, maar dit het my nader gebring aan iets wat ek nooit tevore kon droom of dink moontlik sou wees nie: ’n kans op ’n nuwe lewe, ’n nuwe begin.” Lees ‘n uittreksel uit Hykie Berg se boek, “My storie van hoop”
Boek: Hykie Berg – My storie van hoop
Hykie Berg se boek, “My storie van hoop” is ‘n verhaal van God se groot genade en ʼn getuigskrif dat Hy nie opgee op ons nie.
Luister: Hykie Berg: ‘My storie van hoop’
Hykie Berg was op die kruin van sy loopbaan en agt jaar skoon van sy dwelmverslawing toe hy weer die pad byster raak. Tot hy een oggend met ʼn naald in sy hart wakker geword het en besluit het hy moet sy lewe weer reg ruk. In sy boek, My storie van hoop, vertel hy openhartig sy verhaal van hoe hy die dwelmduiwel verslaan het – en gee ook raad aan ander hoe om die stukke weer op te tel.
[Boek] Paaiboelie
Hierdie enigmatiese privaat ondersoeker word gehuur om uit te vind wat werklik sewe jaar gelede in die skatryk Eduard Swiegelaar se studeerkamer gebeur het.
[Boek] Hoe verklaar jy dit? #2
Na die ongelooflike sukses van RSG se Hoe verklaar jy dit? is dit niks minder as gepas om met hierdie tweede volume Suid-Afrikaners se nuuskierigheid oor die wêreld verder te bevredig nie.
CUM Boeke vier Bybelmaand
Tydens Bybelmaand 2016 is meer as 126 000 Bybels verkoop, geskenk en versprei.
[Boek] Doodloopstraat: Die dood trap in jou spoor
Lourens Schoeman veroorsaak ’n beroering met sy aankoms op ’n dorpie in Botswana.
[Boek] Die alchemis
Hierdie verhaal gaan oor ’n Andalusiese skaapwagter genaamd Santiago wat uit sy vaderland Spanje vertrek en deur Egipte se woestyn reis op soek na ’n skat wat by die piramides begrawe is.
[Boek] Haas Das se Nuuskas: Episode 4
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke.
Boek van die maand (resensie): ‘Rooi haring’ deur Schalk Schoombie
Schalk Schoombie se jongste roman, “Rooi haring”, is ʼn “troosroman”, een wat ʼn uitweg bied na ʼn wêreld van kos, glansganse én mediameelopers, gekenmerk deur naywer wat wrewel word en eindelik uitloop op moord, skryf Johan Myburg. “Rooi haring” is Maroela Media se boek van die maand.
[Boek] Die leeutemmer se assistent
Toe Bertus Botha vir Martjie uitdaag om op die Mafikeng-trein te klim en te loer wat in een van die kratte is, is dit die begin van ’n reuse-avontuur.
Boek-resensie: Ver in die wêreld, Kittie
Dit gebeur soms dat wanneer jy ʼn boek finaal toemaak, jy net wéét dat die karakters nog vir baie lank saam met jou sal wees – hulle sal soos ou vriende deel van jou bly en jy sal soms wonder hoe dit met hulle gaan.
[Boek-uittreksel] Leeg
Justine Pike, een van die skrywers van Leeg, wat self ook ʼn baba weens miskraam verloor het, gee raad na aanleiding van die vraag: Is daar lewe ná ʼn miskraam?
Inkleurboeke vir volwassenes – ‘kitsterapie’ by jou eetkamertafel
Het inkleurboeke enige terapeutiese waarde? Susan Lombaard stel ondersoek in.
[Boek] My bruidsboek
“My bruidsboek” is die ideale, omvattende trougids vir elke gelowige bruid.
Boek: Geskenk van genade
Die geliefde skrywer Nina Smit stap in “Geskenk van genade” vir 366 dae saam met vroue om hulle te verseker van God se teenwoordigheid en grenslose genade. Sy inspireer vroue om elke dag voluit te leef en die klein jakkalsies van die daaglikse lewe met grasie wat van God af kom, eenkant toe te stoot.
Nóg ʼn toekenning vir kinderboekkoning
Nóg ‘n toekenning vir die kinderboekkoning, Jaco Jacobs.
Boek-resensie: Schmetterling leer vlieg in ‘Vlerke vir almal’
“Vlerke vir almal” is ʼn emosionele boek wat baie lewenskwessies aanraak, maar veral boeliegedrag. Lees gerus Marisha Hermann (15) se resensie oor dié jeugboek.