Ontvlug na ’n plek waar liefde vir altyd en ewig is.
Boek: Waardes vir woelwaters
Dié handleiding vir elkeen wat ernstig is daaroor dat kinders met gesonde kernwaardes moet grootword.
Boek: Eindspel
Êrens in die web is haar pa se moordenaar. Sy moet net hard genoeg soek.
Hemelbesem: ‘God praat Afrikaans’
“As jy baklei het in Afrikaans, teleurgestel was in Afrikaans, liefde ontvang het in Afrikaans, ís jy Afrikaans. Ek probeer die brûe bou en vir mense wys daar is soveel verskillende stories, uit verskillende oorde, in Afrikaans,” sê Hemelbesem.
Boek: Megaboere
Of jy self aan die stuur van ’n boerderyonderneming staan en of jy bloot nostalgies voel oor jou voorgeslagte se geskiedenis wat op boereplase beslag gekry het, een ding is seker: jy sal verwonderd staan oor die kreatiwiteit en vernuf wat dit verg om Suid-Afrika se voedselmandjie vol te hou.
Boek: Die Spreuke 31-vrou
Miskien het jy nog altyd baie vinnig by Spreuke 31 verbygeblaai. Wow! Daardie Bybelse supervrou laat jou darem baie minderwaardig voel. Sy werk van die môre tot die aand en doen alles perfek. Hoe hou sy al die balle in die lug? Die ergste is, jy ken vroue wat dit regkry!
11 vrae aan Lerina Erasmus
Ek wil in my verstand se eie tydmasjien inklim en uitvind hoe ander mense in ander tye geleef het
Boek: Ek wil. Ek kan. Ek sal.
Leer by die kenners hoe om vir altyd klaar te maak met die verlede en tot aksie oor te gaan. Sien jou moeilike situasie eerder as ’n geleentheid en ’n uitdaging vir groei.
ʼn Liefde vir lees
16 Februarie is Wêreldvoorleesdag
Waardes vir woelwaters: Gids vir mammas nou beskikbaar
Waardes vir woelwaters is ʼn gids vir mammas en juffrouens om speel-speel en lees-lees die regte waardes te kweek. Die gids is deur ʼn deurwinterde arbeidsterapeut ontwikkel en is ʼn inisiatief wat op die been gebring is deur die Federasie vir Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) se Dameskring.
Gedig: (Edms. Bpk.)
Hierdie gedig van Wilhelm Jordaan is maar net een van die vele mooi gedigte in Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte.
Liefde is in die lug
Iets blink in die sonlig toe sy haar arms beweeg en hy staar geskok na die ring met die reusediamant aan haar ringvinger. Sy hart mis ’n slag en hy sluk droog.
Boek: Omvou deur genade
Vandat ons ons oë soggens oopmaak totdat ons dit saans toemaak is die lewe ʼn dolle gejaag. Dit is dus geen wonder dat ons soms uitgeput en totaal oorweldig voel en wonder hoe ons deur die volgende dag gaan kom nie. “Omvou deur genade” moedig vroue aan om tot God te nader en die vrede van ʼn toegewyde en standhoudende geloof te leer ken.
Helen Zille: Die stryd duur voort
“As ons nou terugkyk, stem ons almal saam dit was ʼn fout, miskien my grootste fout ooit as DA-leier, en ek neem volle verantwoordelikheid daarvoor.”
Bloem-skrywer maak skoonskip op topverkoperlys
Jaco Jacobs het hierdie week die sonderlinge voorreg om sy naam 26 keer in die top-100-lys vir kinder- en jeugboeke te sien.
FAK-sangbundel trek splinternuwe baadjie aan
“Afrikaans dans op die note en lirieke van die FAK-Sangbundel. Om die FAK-Sangbundel met ’n splinternuwe baadjie uit te gee, getuig iets van die lewenskragtigheid van Afrikaans, veral in ’n tyd waar ons taal op vele terreine op die kantlyn geskuif word,”vertel dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK.
Boek: Jasper speel toneel
Hierdie is die sewende titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees.
Boek: Stories uit die Eikewoud
Diep in die Eikewoud kan Hasie glad nie slaap nie. Lig die flappies en vind uit wie haar so wakker hou.
Boek: NJ hou koers
NJ van der Merwe was die eerste hoofleier van Die Voortrekkers en vir hom is dit ’n noodsaaklike voertuig om jong Afrikaners weer te bind aan hulle herkoms, maar ook om hulle weerbaar vir die toekoms te maak. In dié boek bring Danie Langner hulde aan ’n grootse Afrikaner in ons land se geskiedenis. Iemand met ’n merkwaardige kulturele nalatenskap.
Boek: Afrikanerjoernaal. ’n Vervolgverhaal in 365 episodes
Afrikanerjoernaal neem sy leser op ’n reis wat elke uithoek van die Afrikanergeskiedenis se landskap besoek – ’n jaar lange verkenningstog wat die volle spektrum van die Afrikaner se historiese geheue in herinnering roep. Lesers kan verwonderd staan oor die minder bekende detail wat oor groot en kleiner gebeurtenisse weergegee word.