Hierdie is die vyfde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!
Hoe gemaak met die narsis in jou lewe?
Maroela Media het telefonies met Riëtte Rust oor haar boek en narsisme gesels. Sy verduidelik hoe sy uit ervaring geleer het om ʼn narsis te hanteer.
Boek: Jasper die speurder 4
Hierdie is die vierde titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot verskaf, want dit is ‘n boek om te lees en te herlees. Saam met die Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!
Digbundel: Indeks
Elke gedig in hierdie uiters volwasse bundel verken brokkie vir brokkie die aard en semantiek van ’n digkuns: Dit reis op uitgebreide paaie na wat die wese is van die digkuns, ook die digter se eie poësie.
Uittreksel: ‘Koukonap’ deur Johann Botha
Op Koukonap is daar op enige gegewe tydstip ’n paar riemtelegramme oor diamante in omloop. Sommige daarvan kan selfs waar wees. Dries ontdek in dié uittreksel uit Johann Botha se boek, “Koukonap”, meer oor die eerste eienaars van die Eureka, die Ster van Suid-Afrika, en die Groot Gat in Kimberley.
Boek: Koukonap
Die doen en late van gewone dog fassinerende mense, van die dorp se hoëlui tot die nagwadrywers, word met humor, begrip en soms snydende ironie ʼn werklikheid wat jou sal bybly. Hierdie verrassende, veelkantige roman ontgin die Noord-Kaapse landskap en geskiedenis, en so ook die kringloop van die lewe.
Boek: Wat die hart van vol is
’n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers, Peter Veldsman.
Misdaadtreffer soos ‘vuishou in die maag’
“As man verstaan ek nie wat verkragting vir ʼn vrou beteken nie, maar ek probeer dit begryp deur boeke te lees oor vroue wat deur so ʼn ervaring is. Ek probeer op daai manier die inligting deur my boeke oordra, om mense bewus te maak van hierdie kwessie.”
Boek: Hoe om jou draak te tem-reeks
Kinders wat DreamWorks se fliek How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!
Boek: Willem die Wreedaard
Maar daar kom ’n dag waarop hy besef dat hy so wreed is dat niemand van hom hou nie. Sal Willem ’n nuwe blaadjie kan omslaan?
Boek: Verwoerd: Só onthou ons hom
Die persoonlike aard van die bydraes verleen ’n dimensie aan die boek wat in objektiewe geskiedskrywing ontbreek. Verwoerd tree te voorskyn as vriend, gesinsman, volksman, raadsman en leier.
Boek: Jip en Janneke
Jip en Janneke is beste maats. Hulle woon langs mekaar en speel elke dag van vroeg tot laat. Saam-saam het Jip en Janneke die wonderlikste avonture.
Boek van die maand (resensie): ‘Goeie dood wat saggies byt’ deur Ilse van Staden
Hierdie is ʼn besonder treffende debuutroman, maar moenie komiese, romantiese staaltjies oor diere en die werk van ʼn veearts verwag nie. Die roman skets die ander kant van hierdie beroep: harde werk, lang ure, die dood wat maar altyd net ʼn asemteug ver is, en die tol wat dit van veeartse eis om daagliks met soveel lyding te werk, skryf Ilse Salzwedel.
Boek: Goeie dood wat saggies byt
In Ilse van Staden se meesleurende romandebuut word vrae rondom passie en plig; toewyding en perfeksionisme; idealisme en ontgogeling binne die raamwerk van ‘n jong veeaarts se opleiding en toetrede tot die praktyk op onvergeetlike wyse ontbloot.
[Luister] Tobi Jooste oor sy boek én nuwe DVD
Die sanger, akteur en skrywer, Tobi Jooste, het onlangs in die Maroela Media-ateljee kom kuier om te gesels oor sy tweede boek, Daar is ʼn Eiffeltoring in sy boedel en oor die herdenking van sy tien jaar in die musiekbedryf.
Luister: Carla van der Spuy gesels oor ‘Mishandel, misbruik, misken’
Van Amor van der Westhuyzen se eerste woorde aan die skrywer, Carla van der Spuy, was dat sy haar boek Bloed op haar hande – vroue agter tralies gelees het en dadelik besef het sy kon ook een van hierdie vroue gewees het.
Boek van die maand (resensie): ‘Tuisland’ deur Karin Brynard
“Tuisland” is 574 bladsye uiters boeiende, hoogs leesbare vermaak. Hoogs aanbeveel. Koop hierdie boek gerus vir jou versameling Afrikaanse boeke, skryf Ilse Salzwedel.
Boek: Doodskoot
Doodskoot is ’n boek vol versoeking, geheime, oëverblindery en konfrontasie deur ’n veteraan van die spanningsverhaal in Afrikaans.
Boek: Corli se kombuis
Bak en kosmaak was nog altyd Corli se grootste liefde. Dié liefde is versterk toe sy en haar gesin ‘n rukkie in Frankryk gewoon het.
Boek: Padda is Padda
Maar dan besef Padda dat hy uniek, spesiaal en talentvol op sy eie manier is – hy is pragtig en groen, en kan beter swem en spring as enigiemand anders!