Vetsug neem skrikwekkend toe. Die oorsaak is deels emosionele eetgewoontes wat in die kinderjare aangeleer word wanneer kos gebruik word as beloning of straf, of om liefde te wys.
[Video] Sjef Snoekie laat die potte sing met resepteboek
Snoekie (soos haar vriende haar noem) is eintlik Marlise Scheepers – ʼn voormalige nuusredakteur en joernalis. Dis egter haar liefde vir kook en sing wat haar hart gelukkig maak.
Boek: Tussen die klippe
Die jongste boek uit die pen van die bekroonde skrywer, Hans du Plessis
Boek van die maand (resensie): Openbaring, ʼn reisjoernaal (Johan C. Bakkes)
“Met Vadersdag een salaristjek weg, het ek gedink om vandeesmaand ʼn aanbeveling te doen spesiaal vir manlike lesers. Maar gelukkig is dit ook ʼn boek wat vroue wat hou van reisverhale en humor, saam met die man in hul lewe sal geniet,” skryf Ilze Salzwedel.
Boek: ’n Pa en sy seun
Of ’n seun ’n ondeunde knapie of ’n volwasse jong man is, hy sal altyd opkyk na sy pa. Vier die sterk, lewenslange band tussen pa’s en seuns met hierdie inspirerende boek deur dr. James Dobson, ervare berader en kenner van gesinsake.
Gesels saam met die skrywer van ‘Valsrivier’
Ongeveer 20 leeskringe van Pretoria en omstreke kom op 6 Mei by die NG Kerk Faerie Glen bymekaar om deel te neem aan die jaarlikse Glenstantia Leeskring-byeenkoms. Vanjaar se byeenkoms bestaan uit ʼn gesprek tussen die bekroonde skrywer, Dominique Botha en die letterkundige Thys Human, oor Botha se debuutroman, Valsrivier/False River.
Boek: ’n Pa en sy dogter
Vier die geskenk en seën van die unieke verhouding tussen pa’s en hulle dogters met hierdie inspirerende boek deur dr. James Dobson, ervare berader en kenner van gesinsake.
Boek: Twee vir ’n stuiwer
Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie.
Boek: Prente by ’n uitstalling
Philip de Vos Illustrasies deur Piet Grobler Nadat Moessorgski na ’n uitstalling van skilderye van sy gestorwe vriend Viktor Hartmann gegaan het, het hy in 1874…
Boek: Die meisie op die bus en ander liefdesverhale
Doc Immelman is alombekend vir sy avontuur- en jagverhale, en in Die meisie op die bus ander liefdesverhale blom die liefde tussendeur al die avontuur.
Boek: Andries Anders – ’n reis met die wind
Miriam Koch Andries Anders vertel die verhaal van ’n droomverlore skaap wat graag reis. Hy het in die noorde aan die kus langs ’n gestreepte…
Boek: Asterix en die hoofman se skild (11)
“Asterix en die hoofman se skild” is die 11de boek in die gewilde Asterix-reeks.
Boek: Asterix die legioensoldaat (10)
Daar is groot fout met Obelix! Hy eet net twee wildevarke op ’n keer en dwaal rusteloos rond. Die druïde sien ’n nuweling in die Galliese dorpie en sit dadelik twee en twee bymekaar.
Boek: Die klein heksie
Die klein heksie wil bitter graag deelneem aan die jaarlikse Heksenag en soos die ander groot hekse met haar besem op Bloksberg dans. Daar is net een probleem: Sy is maar nog net honderd-sewe-en-twintig jaar oud en dus nog te jonk om deel te neem.
Boek: Olifant se vraag
Leen van den Berg Illustrasies deur Kaatje Vermeire Vertaal deur Shané Kleyn Soos elke jaar klim al die diere en skepsels teen die heuwel op vir ’n…
[Luister] Gretha Wiid gesels prontuit oor die huwelik in nuwe boek
Die verhoudingskenner en gewilde spreker, Gretha Wiid, het vandeesweek haar jongste boek in samewerking met Troukoors bekendgestel.
Luister: Susan Coetzer deel pittige lewenslesse in nuwe boek
Die veelbekroonde skrywer en aktrise Susan Coetzer het vroeër vandeesweek haar splinternuwe boek, Mamma het ʼn breek nodig, bekendgestel. Coetzer vertel dié boek is ʼn samestelling van al haar gewildste stories wat as rubrieke oor die jare in tydskrifte verskyn het.
Boek: Stories van die see
“Stories van die see” is ’n versameling seestories van regoor die wêreld.
Boekbekendstelling: Mamma het ʼn breek nodig
In “Mamma het ʼn breek nodig” maak Susan Coetzer vensters oop op ʼn ma se wêreld. Sy praat op pittige wyse oor tye soos wanneer haar enigste kuiken saam met sy pêlle oorsee gaan vakansie hou en die lewenslesse wat sy by ʼn vyfjarige dogtertjie kon leer.
Boekbekendstelling: Die Trouboek
Hierdie boek bevat alles wat julle nodig het om die perfekte troudag én huwelik te verseker. Skep moed, julle is nie alleen nie!