Mika, die mier, het ‘n probleem. Hy roep die hulp van ander dierevriende in, maar daar is ‘n waardevolle les wat hy moet leer…
Boek: Die verdwyning van Billy Katz
Speurder Ella Neser stel ondersoek in nadat vier gemummifiseerde linkervoete in ’n Checkers-sak in ’n openbare tuin gevind word. Lou Pepler, eks-polisieman, nou sekuriteitskonsultant, glo dit hou verband met ’n saak wat hy twintig jaar gelede ondersoek het – die verdwyning van Billy Katz, rykmanseun en rokjagter.
Boek: Portrette in my gang
Dolf van Niekerk In Dolf van Niekerk se sesde digbundel kyk hy terug op mense, dinge en gebeurtenisse wat ’n betekenisvolle rol in sy lewe…
Boek: Asterix en Obelix – Die verlore papirusrol (Le papyrus de césar)
Die verlore papirusrol (Le papyrus de césar), die 36ste boek oor die avonture van Asterix die Galliër, verskyn 22 Oktober 2015 by boekhandelaars regoor die wêreld.
Luister: Borskanker kry Madelein Rust nie onder nie
Die skrywer Madelein Rust het verlede jaar haar boek Monstersaad aan kankerstryders opgedra, min wetend dat sy vanjaar self ʼn paadjie met borskanker sou begin stap.
Boek: Struisvoël
Op die plaas Vrede, langs die Gamkarivier in die Klein-Karoo, spoel drie kinders op 16 Desember 1880 soos opdrifsels uit twee verbondsriviere saam: Bloedrivier en die Gxhara. In die Blanckenbergs se plaaskombuis ontstaan op hierdie dag ’n verbintenis tussen Klein Sarel, Victoria en Marja, ’n voorbeskikte lot wat ’n leeftyd sou duur. Drie struisvoëls wat in vloedwater voortdryf, langnekmaste sonder seil …
Boek: Voor-bode
Die titel van Cas Vos se nuutste bundel dui nie op ’n onheilsboodskap nie, maar eerder op die draer of draers van boodskappe van hoop. Dié tema word reeds in die openingsgedig in die vooruitsig gestel, waar die môrester die opdrag kry om deur die donker te kyk na waar “duister soos ’n vlermuis / vlug voor die nag hom verlaat.”
Joernalis deel agter-die-skerms inligting van SA se gruwelikste misdade
Die ervare ondersoekende joernalis en skrywer, De Wet Potgieter, het Woensdagaand sy splinternuwe boek, Grusaam, in Pretoria bekend gestel.
Die nuwe HAT praat eietydse Afrikaans
Ná bykans ’n dekade van omvattende en uitgebreide hersienwerk is die sesde uitgawe van die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) op die winkelrakke.
Boek: Land van skedels
Die drama fokus op die ervaring van vroue in konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog en het verskeie toekennings ontvang.
Luister: Dirk Hermann praat oor eerste historiese fiksie uit sy pen
Esmarie Prinsloo het met dr. Dirk Hermann oor die boodskap van hoop in sy jongste historiese fiksie ‘Begrond’ gesels.
Boek: Stoffel: die beste stories
Christiaan Bakkes se mees geliefde Afrikaanse verhale word byeengebring in ‘n splinternuwe versamelbundel.
Boek: Eet gesond, voel goed
Navorsing bewys dat baie meer mense elke jaar met kanker gediagnoseer word. Dit is die gevolg wat rook, alkoholmisbruik, ongesonde eetgewoontes, gebrek aan fisiese aktiwiteit en stres op die liggaam het. Die hoofdoel van die boek is om die kankerlyer, versorgers en families op te lei en te bemagtig om die kanker optimal te beveg met voeding.
Boek: Jack Parow – Die ou met die snor by die bar
In Die ou met die snor by die bar vertel die superster-rapper Jack Parow van sy lewe en al sy wilde, mal avonture. Die storie begin agter die Boereworsgordyn en maak draaie in plekke soos Onrusrivier, The Lollipop Lounge in Randburg, Mitchells Plain, België, Nederland, Londen, Los Angeles, Hollywood en Moskou.
Boek: Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes
Hilda Lategan het die beste resepte uit die twee topverkoper Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulien-weerstandigheid-reeks gekies, sodat jy en jou gesin elke dag heerlik en gesond kan eet. Die resepte is watertandlekker en strek van ontbyt, sop, styselgeregte, ligte en hoofmaaltye en gebak en selfs iets vir die soettand.
Boek: Jou God is hier!
Hierdie dagboek sal lesers in elk van die 366 dagstukke verseker dat hulle nooit hoef te twyfel oor God se teenwoordigheid nie.
Boek van die maand (resensie): Skarlaken
Ilse Salzwedel resenseer Maroela Media se boek van die maand, Skarlaken, deur Irma Venter (Human & Rousseau).
Boek: Skarlaken
Afgetrede polisieman Jaap Reyneke vra Sarah Fourie, ’n rekenaargenie met ’n kriminele rekord, om die raaisel rondom die dood van sy peetdogter, Janien Steyn, op te los.
Boek: Nog ‘n voorskoot
Daar is geen rede vir ons om nie van elke ete ’n spesiale geleentheid te maak nie. Dek die tafel en drink goeie wyn. Gesels en sit mooi musiek aan. Haal daai borde uit wat jy vir spesiale gaste hou – jou familie is elke aand jou spesiale gaste.
Boek: Die demokratiese republiek van braai
In Die Demokratiese Republiek van Braai deel Jan sy beste braairesepte met ons – dit is jou reg om net die beste te braai. Met Jan se uitsonderlike braairesepte vir steak, hoender, lam en nog baie meer is daar geen verskoning om ooit weer smaaklose braai voor te sit nie.