‘n Nuwe avontuur vir Willem en Adriaan sal weer lewe blaas in die res van die reeks, wat baie gewild was sedert die eerste boek in 2010 verskyn het.
Boek: Sondebok
AJ Williams is op 30 kaptein in die polisie, maar sy veg om die stereotipering te oorkom wat haar bruin vel en geslag ontlok.
Boek: Die ding in die riete
In hierdie bloemlesing ontvou die wonderwêreld van mites oor verskeie kulture en grense heen.
Boek; Alie aarbeifee en ander feetjiestories uit die aarbeituin
Alie Aarbeifee swaai haar towerstaffie van een spannende avontuur na die ander: Klaks Kakkerlak gaps Alie se rooi aarbeirokkie, Piepsie Spitsmuis kry ’n ellendige verkoue, Meneer Pif-Paf en Bibo Skoenlapper help Alie om ’n dief uit die aarbeituin te verjaag, en vele meer…
Boek: Pensie spoeg vuur
Twaalf wonderbaarlike stories van drake en feë en kabouters in ‘n wêreld vol avonture, geïllustreer deur die bekroonde Stefanie Dahle.
Boek: Al die lieflike dade
Die poësie is per definisie iets buitengewoons, dit is waaraan Charl-Pierre Naudé se digkuns by uitstek gestalte gee.
Boek: Oordenkings deur Ena Murray
Ena Murray Oordenkings is ’n boek vir die private stiltetyd, ongeag die ouderdom van die leser. Dit is ook ’n boek vir die gesin wat sáám oor die dinge van God wil besin.
Boek: Tania en die Towerfluitjie
Tania Toerien wil haar skoolhoof, Juffrou Joubert, beïndruk, maar met ’n familie soos hare gaan dit meer as ’n A-gemiddeld vat. Gelukkig is die hondeskou om die draai en Tania het haar planne agtermekaar…
Boek: Uit die Beek 2015
Dié dagboek is geskik vir persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisgodsdiens te gebruik.
Boek: Ctrl Z my lewe
‘n Oorspronklike spanningsverhaal met ‘n Christelike ondertoon.
Boek: Die Afrikanerrebellie, 1914-1915
Dié boek – uit die pen van 12 vooraanstaande historici – ondersoek die prominente persone en gebeure en die nadraai van die Rebellie.
Boek: Padlangs deur die lewe
Jimi le Roux se daaglikse oordenkings, Padlangs, bestaan al meer as 11 jaar en word aan meer as 7 000 intekenare uitgestuur. Padlangs deur die lewe is ’n uitvloeisel van dié oordenkings.
Boek: Wenplan vir jou kind se lewe
Ouerskap vandag is moeiliker as ooit tevore. Kinders staan onder druk wat voorheen ongehoord was. En die druk rus ook op ouers om hul kinders te lei en ondersteun.
Boek: Die Beste Suid-Afrikaanse Spookstories
Maak kennis met ’n paar van die bekendste spoke in Suid-Afrika!
Boek: Die Daniël-plan Kookboek
Die maklike, lekker resepte in hierdie boek maak van gesond leef kinderspeletjies. Die Daniël-plan Kookboek, gebaseer op Die Daniël-plan deur Rick Warren, Daniel Amen en Mark Hyman, is ’n pragtige kleurvolle kookboek met meer as 100 heerlike, Daniël-plan goedgekeurde resepte om gesonde kookkuns in jou kombuis in te bring.
Boek: Botterblom
Botterblomme is taai – elke lente bars hulle uit die droë aarde, nog voor die eerste reën geval het, en verkondig die heerlike waarheid van léwe in ’n omgewing wat so dood lyk.
Boek: Skoppensboer
“Want swart en droef, die hoogste troef . . . oor ál wat roer, is Skoppensboer” – die laaste woorde wat Skoppensboer se slagoffers hoor voor hy hulle “uitvee”. Want as hy van iemand ontslae raak, is dit asof hulle nooit bestaan het nie. En dus weet niemand wie Skoppensboer werklik is nie…
Boek: Ballade vir ‘n enkeling
In die middel jare tagtig het die treffer TV-reeks ‘Ballade vir ’n enkeling’ rekords gebreek. En nou word die verhaal weer vertel, maar dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir 2014. Die boek waarvoor almal gewag het.
Boek: Diepsee – ‘n Keur uit die verhale van E. Kotze
Diepsee is ’n keur uit al die kortverhaalbundels van E. Kotze wat sedert 1982 verskyn het. Dié uitsonderlike vertellings handel oor die harde lewe aan die dorre Weskus van Suid-Afrika, en soos die eerste bundel se flapteks dit gestel het: “Dit is tydlose verhale waarin die wesenlike aard van die mens met skerp insig en met deernis blootgelê word.”
Boek: Nina en die funky eksperiment
Lekkerlees avontuurverhaal met raaiselagtige gebeure wat opgelos moet word.