Liefhebbers van kortverhale sal verheug wees oor die groot verskeidenheid verhale wat in die bundel verskyn.
Boekresensie: Grilgrypers-reeks
Kinders hou van bangmaakstories, maar natuurlik binne perke. DeWet Hugo se Grilgrypers-reeks behou ’n fyn balans deurdat dit kinders laat ril en gril met die wete heeltyd in die agterkop dat dit net ’n storie is.
Bibi Babbelbek praat tot sy blou word
Hierdie vrolike en kleurvol geïllustreerde verhaal leer kinders dat leuens en skinderpraatjies mense kan seermaak en bevat pragtige lewenslesse oor eerlikheid en integriteit.
Boek: Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe
“Skep nóú ruimte vir blydskap, raak tuis in jou vel, ongeag waar jy in jou lewe is. En kyk dán hoe dinge in plek begin val,” sê Johannes de Villiers, skrywer van Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe.
Boek: Hoe leeu en muis maats geword het
Ondeunde Muis soek aanhoudend skoor met Leeu terwyl hy slaap. Maar toe Muis in die moeilikheid beland, is daar net een wat hom kan red …
Boekresensie: Fouriesburg en sy mense in die Brandwaterkom 1840 – 2019
Dis ’n boek wat op elke Fourie in die land, maar veral dié wat in Fouriesburg of omgewing woon of bande met Fouriesburg het, se koffietafel hoort.
Die Grondwet onder die loep
In sy nuwe boek There is no Supreme Constitution verduidelik Prof. Koos Malan dat die Grondwet as ’n bykans religieuse dokument voorgehou is, kompleet met sy eie geloofsoortuigings en sy eie boodskap van verlossing. Dog, as jy daarop vertrou het, was dit slegs tot eie nadeel en teleurstelling.
Boekresensie: Huis van gruwels
Die boek lees soos ’n riller wat jou wind uitslaan. Mens sukkel om te glo dat dit ’n ware verhaal is en nie grieselrige fiksie nie.
Boek van die maand: Die biblioteek aan die einde van die wêreld
Dit is inderdaad Etienne van Heerden se geronde karakters en die intrige wat die leser op ʼn reis neem, van Boedapest tot Beijing, en die leser wat wil volstaan met ʼn gawe leeservaring meer as genoeg bied.
Oulike Afrikaanse boek- en naamplakkers én plakkate vir jou klas
In die digitale era is dit belangrik om materiaal sinvol te verpak en elektronies beskikbaar te stel.
Boek: Kom hier dat ek jou soen
Die Vlaamse skrywer Griet Op de Beeck se roman van 2014, Kom hier dat ik u kus, is pas deur Protea uitgegee in vertaalde vorm.
Boekresensie: 101 Nagmerries
Ek gaan eerder nie sê of ék dapper genoeg was om die boek van voor tot agter deur te lees nie. Selfs Imile Wepener, die illustreerder, se illustrasies het die bloed laat stol in my are …
Boek: Asterix
Lees meer oor Caesar se geskenk en Asterix en die groot oorvaart wat deel is van dié gewilde strokiesverhaal.
Ontdek só Suid-Afrika se stedelike erfenis
Dit is die ideale koffietafelboeke waarin die argitektoniese erfenisskatte van Pretoria, Johannesburg en Kaapstad op kleurryke wyse uitgebeeld word.
Boek: Tjoppie: Die tweeling, Die skat
Tjoppie, ‘n nuuskierige klein hondjie, se prettige en kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.
Boekresensie: Leierskap 101
Nadat ek dié inspirerende boek, wat ’n onapologetiese geestelike strekking het, neergesit het, het ek my verstout deur te wens dat elke persoon in ons land wat ’n leierskapposisie beklee (verál ons parlementslede!) gedwing kon word om ’n kopie daarvan te lees.
Boek: Duifiedorings
In die digbundel Duifiedorings kry die leser met ʼn eiesoortige talent te make wat sonder pretensie of mooidoenery ontgin word.
Boek: Die avonture van Kuifie
Die avonture van Kuifie is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr.
Boek: Die towenaars van toeka: Twee teen twee
Wens en Xar word van mekaar weggehou deur die hoogste muur wat jy jou kan voorstel.
Boek: Rebel: die lewe van kommandant Hans Lötter, 1873–1901
Van al die gebeure in die Kaapkolonie gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het die teregstelling van Hans Lötter, asook dié van kmdt. Gideon Scheepers, die meeste emosie onder Afrikaners ontketen.