Die periodieke tabel-boek wys hoe elke element lyk en beskryf die uitsonderlike maniere waarop ons geleer het om elkeen van hulle te gebruik.
Boekresensie: 365 Stories, gebede en beloftes
Dit is ’n ideale slaaptyd-storieboek vir kinders tussen vyf en agt jaar oud wat die dissipline wil aanleer om daagliks stiltetyd te hou en ook hulle Bybelkennis wil uitbrei.
God se raadsplan in Christus
God se raadsplan in Christus neem jou op ʼn opwindende ontdekkingsreis deur die Bybel.
Boekvoorlesing: Bloedsuier
“Jou gedagtes is soos parasiete op jou onderbewussyn. Jy moet net leer hoe om hulle te bestuur.”
Marita van der Vyver oor Afrikaans, grensgevalle en Kuba
“Ek is nie ʼn kar-meisie nie, maar in Kuba het ek na karre gekyk soos nog nooit vantevore nie,” vertel Marita van der Vyver, skrywer van Grensgeval.
Video: Demografie en die Afrikaner
Flip Buys verwys in dié video na die stryd tussen Westerse waardes en die ont-Westering van die land. Hy wys daarop dat demografiese werklikhede ’n kernrol in die beplanning van die Afrikaner se toekomsvisie moet speel.
Boekvoorlesing: Soesji en Shosholoza
“Ek dink Japan is vir die meeste Suid-Afrikaners ʼn onbekende,” meen Erns Grundling, skrywer van Soesji en Shosholoza. “Maar dit is ʼn bestemming wat jou lewe kan verander.”
Kyk: Die wipplank van geskiedenis; volg SA ook die Zimbabwe-pad?
Hoewel bespiegel word dat Suid-Afrika dieselfde roete as Zimbabwe gaan volg, stel Flip Buys dit duidelik dat sterk georganiseerde kultuurgemeenskappe in Suid-Afrika die rol van die belangrikste teenwigte in die land se verval moet speel.
Lewensdossier van speurbaas ontvou in nuwe boek
In Suiker Britz: Dossier van ʼn speurbaas onderneem Anemari Jansen en Stefaans Coetzee om ʼn beeld van die man agter die legende te kry deur die kollig op sake waarby hy betrokke was te laat val.
Drie lekkerlees romans
Dié drie romans vir volwassenes beloof ure se lekkerlees vermaak. As leser lag én huil jy saam met die vroue-karakters en vier jy hulle unieke menswees.
Boek van die maand: ‘Die slaghuis’ deur Cas Wepener
Dit is juis Wepener se fyn (en selfs objektiewe) waarneming, aangebied as ʼn soort kroniek, onder meer soos verwoord in waarnemings van die vierjarige Joshua, wat ʼn soort naïewe onskuld na vore bring.
Video: Flip Buys oor toekomsplanne vir die Afrikaner
Die ANC verkoop tans ’n meesterverhaal van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Hoe raak dit die Afrikaner en hoe moet die verlede beoordeel word? Flip Buys bied perspektief op dié vrae in hierdie onderhoud met Ernst Roets.
Boek-uittreksel: Net voor die droogte my breek
“Van die aarde. ’n Klipsit-, kripvolmaak- en skaapkopeet-mens. Fransie het ook skaap en Lee meen die bokke is maar eintlik syne. Onder op die grootpad moes Calvinia se ambulans al goed briek trap om ou Fransie en sy trop bontbokke skrams mis te ry.” Lees hier ‘n uittreksel uit Net voor die droogte my breek.
‘Net voor die droogte my breek’: ʼn Stem vir boere wat oorleef in droogte
Ongeveer 12 300 km en drie maande se swoeg en sweet later het Anoeschka von Meck, skrywer van Net voor die droogte my breek, vroualleen haar besoek aan boere in drooggeteisterde streke van Suid-Afrika voltooi.
Uitgewery hou ’n aand van bewaring
Lapa Uitgewers het verlede week bewaarder gespeel en bestek van stories, stropers, renosters, leeus, olifante en Afrikaans opgeneem.
Eerste in SA: Kinderboek plaas fokus op aandagafleibaarheid
“Ons wou ’n hulpbron ontwikkel wat toeganklik sou wees vir soveel Suid-Afrikaners as moontlik.”
Bart de Graaff laat vergete Griekwa-kaptein herleef in nuwe boek
“Daar is so baie stories en kulture in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat nooit opgeteken is nie,” het dr. Bart de Graaff tydens die bekendstelling van sy boek Barend Barends – Die vergete kaptein van Danielskuil, gesê.
Annerle Barnard skryf sodat kinders kan lees
“As ʼn mens die jeug aan die lees kan kry is daar soveel meer van ʼn toekoms vir hulle. Maar daarvoor moet jy hulle eers aan die lees kry,” sê Annerle Barnard, skrywer van Sindikaat, die roman wat onlangs met ʼn silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon is.
‘Gaan Suid-Afrika oukei wees?’
Pres. Ramaphosa het die wil om die land reg te ruk, maar is ‘n dienswillige instrument in adj.pres. David Mabuza se hande, skryf Jan-Jan Joubert in sy nuwe boek.
‘Die Wonderwese’ kry lewe met vuurblasers, kos uit ʼn boek
“Ek reël vir elkeen van my boeke ʼn boekpartytjie,” vertel Carina Stander. “ʼn Mens skryf baie lank aan ʼn boek en ek voel dis ʼn bietjie soos die geboorte van ʼn kind. Dis iets om te vier.”