Moeps die mopshond wil altyd wen. Maak nie saak wat die uitdaging is nie, hy móét eenvoudig net die wenner wees. En hy wen gewoonlik … al kul hy so ʼn bietjie.
Boek van die maand: In ‘n land sonder voëls
“In ‘n land sonder voëls” is ‘n verdoemende ondersoek na die impak van ‘n totalitêre bestel en een man se besinning oor sterflikheid en dít wat ons mense maak.
Boek: Gert Garries – ʼn Baaisiekel-blues
Die plaaswerker Gert Garries ry vir drie dae met die verbrande liggaam van sy kind op sy fiets rond. Hy wil ʼn doodsertifikaat bekom, ʼn voorvereiste voordat hy die kind kan begrawe.
Die reeks wat op elke kind se boekrak hoort
Ek is gaande oor die Vind uit!-reeks en glo dit hoort sonder twyfel op elke kind se boekrak
Op twee bromponies die vreemde in
Gesoute wêreldreisigers én leunstoelreisigers sal dié uitsonderlike reisboek vanaf die heel eerste bladsy verslind.
P.G. du Plessis ‘het onwetend self huldeblykboek se titel gekies’
“As ek by P.G. gekuier het en ek gaan daar weg, dan voel dit sommer vir my ander mense praat so gewoon. Dit was altyd verskriklike intellektuele stimulerende gesprekke wat ons gehad het.”
Skrywersonderhoud: Theo Kemp gesels oor ‘Strafjaart’
Die ontstaan van ‘Strafjaart’ is so te sê ʼn storie opsigself: “Die verhaal het redelike biografiese omstandighede want ʼn familielid van my het regtig in 2015 in Pollsmoor beland.”
Blitsblaaier kinder- en jeugboeke
Maak van jou kinders boekwurms met dié lekkerleesboeke.
Boek ondersoek die hartseer en mooi van die dood
Ons almal is sterflinge wat beslis in ʼn sekere stadium met die dood gekonfronteer sal word, tog vermy die meeste mense eerder die onderwerp en wil eerder nie daaroor praat nie. Tobie Wiese se jongste boek ‘Wreed én mooi is die dood’ wil die stilte oor die onderwerp verbreek.
Boek-uittreksel: Hekel en word heel
“Ek het vrede in my hart gekry. Ek kon rou oor my mammie en ek kon dit op my eie tyd doen. Ek was, en is, trots op die Allegro.”
Video: Rina Venter in gesprek met Flip Buys
Dr. Rina Venter was die eerste en laaste Afrikanervrou wat van 1989 tot 1994 in die Suid-Afrikaanse kabinet gedien het.
Boek: Die avonture van Kuifie – Verkenners op die maan
Hulle avontuur raak nóg gevaarliker wanneer hulle op die maan land. Ten spyte van ʼn hele paar noue ontkomings maak hulle wel groot wetenskaplike ontdekkings.
Boekresensie: ‘Bloedlelie’
Die wyse waarop Jeanette Ferreira die magdom navorsing wat sy gedoen het verwerk het tot ’n afgeronde en volwaardige verhaal, is prysenswaardig. Dit verg ’n besondere taalkundig bedrewe skrywer om die taal, wat vir eietydse lesers verouderd mag voorkom, só te laat sing.
Boek: Ruk-en-rol rugby
Rico is ʼn danser. Hy is so maer soos spaghetti en so lig soos ʼn muggie, maar sy droom is om rugby te speel!
Boek: Nimmermeer
ʼn Asemrowende en bekoorlike nuwe reeks oor ʼn vervloekte meisie wat die dood vryspring en haarself in ʼn toweragtige nuwe wêreld bevind.
Skryfterapie vir gebrokenes
“Skrýf oor jou verlies, jou trauma, jou angs, jou woede, jou hartseer. Uiteindelik dalk selfs jou vreugde.”
Boek: André P. Brink en die spel van liefde
In Leon de Kock se langverwagte biografie word Brink se persoonlike dagboeke en joernale as die belangrikste bronmateriaal hanteer.
Boek: P.G. du Plessis: Hy was ʼn rukkie pagter hier
Die essays in hierdie bundel belig verskillende kante van sy menslikheid, en sy veelsydige kunstenaarskap.
Boek: Cul-de-sac
Hierdie boek fokus op die skrywer se latere jare, in ʼn aftreeoord in Kaapstad, maar haar belewenis word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan verder terug, alles geteken in besondere detail en woordvaardigheid.
Boek: Kom sit aan
Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God.