Boek: Bloedbande

“Ek blaai vinnig deur hierdie bladsye. Ouma se politieke spore is besaai met duwweltjies. ‘n Deel van my wil-wil die swart dagboek toemaak. ‘n Ander deel skop vas: Hoe eerlik is jy in jou poging om oupa Hendrik te verstaan?” So skryf Wilhelm Verwoerd, die kleinseun van HF Verwoerd.

Boek: Oupa ontsnap

Baie jare gelede was Oupa ʼn bobaasvlieënier in die Tweede Wêreldoorlog, maar sedertdien is hy na die ouetehuis toe gestuur waar die onheilspellende matrone Swine die septer swaai. Oupa en sy kleinseun, Jack, moet ʼn waaghalsige plan beraam om te ontsnap.