Die boek is vol idiome en het geen kommas, punte of leestekens nie.
Afrikaanse boeke: Só lyk kortlys vir UJ-pryse
Die UJ-pryse word jaarliks toegeken vir uitsonderlike Afrikaanse boeke wat in die voorafgaande kalenderjaar verskyn het.
Boek: Donderweer Gedagtes
Dit bestaan uit ʼn reeks briewe, wat gerig is aan onder andere God en ook aan homself.
Boek: Gifbeker
Dit is maar net die begin van Storm se probleme. Haar oudkollega, Andreas Moerdyk, daag sak en pak op haar drumpel op.
Boek van die maand: ‘Die wêreld van Charlie Oeng’ deur Etienne van Heerden
Dit is ʼn verhaal wat die leser bewus maak van die verskillende maniere waarop ʼn mens na die wêreld kan kyk, dit is ʼn verhaal van hartstog en moord, een van ontdekking en aanvaarding, skryf Johan Myburg.
Boek: Hoezit! Die wonderwêreld van my liggaam
Waarom is ʼn gaap aansteeklik? Hoekom is party mense kleurblind? Wat laat jou hik? Hoeveel keer klop jou hart per dag? Ontdek die wonderlike wêreld van die menslike liggaam met hierdie boek propvol prettige feite en aktiwiteite!
Boek: Bet-El
Die oorlog dreig terwyl Mispa en Elim se mense ook die hart se stryd moet besleg.
Bloem-man publiseer eerste jeugboek – en dít op 79
Tien jaar gelede was Stoffel Cilliers van Bloemfontein in die Vrystaat op besoek in KwaZulu-Natal toe kitsvloede amok in dié provinsie gemaak en talle lewens geëis het. Cilliers (79) het uit dié ervaring ʼn jeugboek geskryf wat nou ná tien jaar digitaal gepubliseer is.
Amnestie vir agterstallige biblioteekboeke
Kaapstad en Ekurhuleni bied amnestie aan enigiemand met ʼn agterstallige biblioteekboek, om dit hierdie komende week terug te bring, as deel van die Suid-Afrikaanse Biblioteekweek.
Boekresensie: Fanie Viljoen se Slym se stories (4 in 1)
Dis prettige, skoon stories wat die jong lesers se verbeelding aangryp en hulle anders laat kyk na wurms, paddas en ander goggas. Skaf gerus hierdie oulike omnibus aan – dit sal sorg vir ure se leesgenot!
Boek: Spaghetti tussen jou tone
Tom en Trevor hou van poetse bak. Dit is hulle spesiale talent, daarom begin hulle dadelik planne maak. Hulle wil vir juffrou Zaan van Graan woedend maak!
15-jarige boekwurm op soek na leesstof
Maroela Media het onlangs ʼn briefie van ’n 15-jarige boekwurm ontvang. Hy verduidelik in die brief – in keurige Afrikaans – hoe lief hy vir lees is.
Boek: Die toespraak vir die spreker en die toespraakskrywer
Maak ʼn toespraak. Ontydig en dikwels sonder waarskuwing word mens gevra om “iets te sê”. Waar begin jy?
Boek: Afrikaansgids
Die Pharos Afrikaansgids is ’n praktiese, alledaagse gids vir studente en ander taalgebruikers wat kopkrap oor taalsake, of wat soms hul eie praat- en skryfwerk wil verryk met ’n gepaste woord en uitdrukking.
Boek: Die pasiënt as vennoot
In hierdie boek wys dr. Dawie hoe die pasiënt medeverantwoordelik is vir sy of haar eie gesondheid.
Boek: Baba se eerste- reeks
ʼn Baba wat met boeke speel, daaraan kou en hulle rondgooi, is ʼn mini-wetenskaplike wat die boekheid van boeke ontdek. So word lesers gevorm.
Uittreksels: Die dinge wat Rian nié moes sê nie
Lees hier uittreksels uit hoofstuk agt van 16 dinge wat ek nié moes sê nie.
Boek: Die vyfde Aspoester
Die lyke van nog drie meisies word binne ʼn paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word.
Boek: Confessions oor kerkwees
Jaco Strydom se boek, “Confessions oor kerkwees”, is sopas vrygestel en is ’n samestelling van sy skryfwerk soos dit in verskeie publikasies verskyn het – aanlyn en gedruk. “Dit sal jou uitdaag, roer en diep aan die dink sit,” sê Stephan Joubert oor die boek.
Boek: Blom in die hare
Blom in die hare is ’n donker roman, een wat siniese vrae vra oor die samelewing se borrelgomidees van die liefde en die huwelik. Tog bied die boek hoop.