Die verse is pretensieloos en daar is geen poging om die leser te beïndruk met ’n verwikkelde verwysingswêreld nie. Eenvoud is die eerste wagwoord, en die tweede is eerlikheid.
Boek: By die nag se wit kant in
Die digter skryf oor die Suid-Afrikaanse werklikheid, die natuur en wildernisgebiede waar hy ontspan en na voëls en skoenlappers kyk, ook na die werklikheid van sy werksomgewing op Potchefstroom en plekke soos Indië waar hy gereis het.
Gedig: Blink Stefaans
“’n Haan soos Blink Stefaans vlam sweisblou & bronsgroen in die oggendglans; sy kraai, soos ystergoed, kerf tot in die dag se nerf. Hy laat die ander hane eierdans.” Lees Johann de Lange se gedig, “Blink Stefaans”
Gedig: Muskietejag
AD Keet se bekende “Muskietejag”
Gedig: Die huis van my vader
“In my pa se studeerkamer staan daar ’n ensiklopedie van A tot Z, ’n Webster met ’n indeks vir my kindervingers…” skryf Joan Hambidge in haar gedig, “Die huis van my vader”
Gedig: Spook
“Spook” deur Juanita Louw, uit haar debuutbundel, “In die grot van die sibille”
Digbundel: In die grot van die sibille
Juanita Louw werk met fassinerende stof uit ander kulture wat selde in Afrikaanse digkuns op hierdie prikkelende, meevoerende manier ontgin word.
Gedig: Ek sal opstaan
“ek sal opstaan en na my vader gaan; opstaan uit my vodde en my vuil..” skryf WEG Louw in sy gedig, “Ek sal opstaan”
Gedig: Gesig van die liefde
“gesig wat ek liefhet, die gesig van liefde…” skryf Ingrid Jonker in haar gedig.
Gedig: Resep
“die resep wat’s dit, die draadloos praat so baie oor potjie, ma wat’s dit,” skryf Patrick Petersen in sy gedig, “Resep”
Gedig: Vandag sweer ek jou af
…as jy dus weer aan my deur kom klop sal jy verneem dat Gebroke Hart Edms Bpk – wagtend op ʼn nuwe liefdesubsidie –
gesluit het tot latere kennisgewing… Lees Stephan Bouwer se gedig, “Vandag sweer ek jou af”
Gedig: Die beiteltjie
Ek kry ‘n klein klein beiteltjie, ek tik hom en hy klink; toe slyp ek en ek slyp hom totdat hy klink en blink… NP van Wyk Louw se gedig, “Die beiteltjie”
Gedig: Die vrou
“Wie ter wêreld verstaan ooit die vrou, en wie sal haar geheimenis weet?” skryf AG Visser in sy gedig, “Die vrou”
Gedig: Vrugte-ontbyt vir ʼn beminde
“Soggens vroeg bring ek vir jou vrugte uit die paradys…” Lees George Weideman se gedig, “Vrugte-ontbyt vir ‘n beminde”
Gedig: Vuurbees
“Die buffel ken geen metafisika: hy soek die soetgras en die kuil…” DJ Opperman se gedig, “Vuurbees”
Gedig: Kindertuin
“jy het die taal in blom help bêre op my tong…” Zandra Bezuidenhout se gedig, “Kindertuin”
Gedigte in McGregor: ‘Waar gewone woorde nie genoeg is nie’
Die Gedigte in McGregor-fees wat vanjaar vir die vierde keer aangebied word, vind van 26 tot 28 Augustus op dié Wes-Kaapse dorpie plaas. Vanjaar se fees bied nóg ʼn groter verskeidenheid digters en programme as verlede jaar.
Gedig: Liefdesbrief
“Watter digter kan ek vertrou om te skryf oor jou, oor jou en my?” Lees Riana Scheepers se gedig, “Liefdesbrief”
Gedig: Digteres as huisvrou
Elisabeth Eybers se gedig, “Digteres as huisvrou”, vir enigiemand wat al ooit vasgevang gevoel het in ‘n pos waar hulle nie moet wees nie.
Gedig: Ek het ‘n huisie aan die rand
“Ek het ‘n huisie aan die Rand. Dis nag. Ek het my huisie tweemanhoog ommuur; ‘n draad gespan; ‘n kopbeen sê: Bly weg!” Lees Pirow Bekker se gedig.