so koester ek jou
klein maaksel woorde
Boek: Stories uit die Eikewoud
Diep in die Eikewoud kan Hasie glad nie slaap nie. Lig die flappies en vind uit wie haar so wakker hou.
Idioom: ʼn Moordkuil van jou hart maak
Waar kom dit vandaan?
Uitdrukking: Jou lyf aasvoël hou
Hou jy jou lyf aasvoël?
Taalgebruik: kibbel, knibbel en knabbel
Talle gebruikers van Afrikaans struikel oor die verskil tussen kibbel, knabbel en knibbel. Watter woord moet jy wanneer gebruik? ‘n Mens kibbel oor kleinighede en…
Gedig: ʼn Brief van hulle vakansie
Hier waar die harde winters en nat somers
my lyf ongenaakbaar skil, treur ek oor
die soet hart van my moeder
my pa se stil en bitter krag
Uitdrukking: Wat sê Horak?
Sondae het mnr. Horak by die kerkdeur gestaan, en as die dominee iets beskuldigend sê, het ou Horak van daar agter af kliphard geroep: “As dit maar waar is!”
Boek: NJ hou koers
NJ van der Merwe was die eerste hoofleier van Die Voortrekkers en vir hom is dit ’n noodsaaklike voertuig om jong Afrikaners weer te bind aan hulle herkoms, maar ook om hulle weerbaar vir die toekoms te maak. In dié boek bring Danie Langner hulde aan ’n grootse Afrikaner in ons land se geskiedenis. Iemand met ’n merkwaardige kulturele nalatenskap.
Boek: Afrikanerjoernaal. ’n Vervolgverhaal in 365 episodes
Afrikanerjoernaal neem sy leser op ’n reis wat elke uithoek van die Afrikanergeskiedenis se landskap besoek – ’n jaar lange verkenningstog wat die volle spektrum van die Afrikaner se historiese geheue in herinnering roep. Lesers kan verwonderd staan oor die minder bekende detail wat oor groot en kleiner gebeurtenisse weergegee word.
Die waarde van getuigskrifte
Moenie getuigskrifte net lees vir wat daar staan nie. Wat van alles wat NIE vermeld word nie? En lees tog die swart-op- wit bewoording met ‘n vergrootglas en onder ‘n soeklig.
Idioomgrappe
‘n Paar Afrikaanse idioomgrappe.
Woord: Kersfees
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “Kersfees” wat ook “Christusfees” beteken.
Ongehoorsaam skryfreëls
Dié 24 Afrikaanse taalreëls laat selfs veterane struikel. Kyk na die misbruik – en hou koers!
Gedig: My kind
“En dan, as jy gebore word, sit ek my vinger in jou vuis; hoor hoe jy saggies asemhaal en ek weet jy’s eindelik tuis…” Uit “My kind” deur Coenie de Villiers
Woord: Jan en die ander
Een van die gewoonste mansname, Jan, word in baie uitdrukkings in Afrikaans gebruik. Taaltoffie stel ondersoek in.
Woord van die week: joernaal
Die woord van die week is “joernaal” – Taaltoffie ondersoek die oorsprong van die woord.
Woord: harmonie
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “harmonie”
Boek: Lugkasteel
En, soos Aspoestertjie, bevind sy haar in ’n grillerige ou kasteelhuis, en sy is net ’n kasteelbediende… Annelie Botes deel haar ervaring as die goewernante van vier onhebbelike bloubloed-seuntjies.
Gedig: Reënvrou
“Maar nou is daar die wins van kwinkslae om jou oë, die spoortjies van sonstreke op skrefies bekyk…” Een van die mooiste liefdesgedigte vir paartjies wat al saam ‘n paar sakke sout opgeëet het. Lees gerus Louis Esterhuizen se gedig, “Somtotaal”
Uitdrukking: ʼn man van strooi
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “‘n man van strooi” wat verwys na iemand wat sy naam aan ‘n saak vir vertoon koppel.