Die aktrise en skrywer, Milan Murray, het so pas ʼn nuwe kinderboek vrygestel wat fokus op kinders tussen 6 en 9 jaar. Pieter Kokkewieter en die HART op sy mou is die eerste van ʼn hele reeks.
Wees deel van RSG se kunstefees – in die gemak van jou eie huis
RSG Kunstefees word tans vir die derde keer regstreeks aangebied.
Boek: Dik vir dieet
Moontlik is jy of iemand naby aan jou nou weliswaar net ’n skadu van julle voormalige self ná ’n suksesvolle blitsdieet, maar die vrae oor langtermyngesondheid knaag steeds. Dít en kwessies soos volhoubaarheid, beskostigbaarheid en die impak op ons planeet …
WAT Woord van die week: sestand
Het ‘n boer al ooit vir jou gesê een van sy vee is “sestand” oud? Taaltoffie stel ondersoek in.
Boek: Springbok-Rugbyvasvra: 1001 vrae en antwoorde
Welkom by die toprugby-vasvraboek vir ware rugbyliefhebbers! Springbok-rugbyvasvra put uit die rugby-kennisskat op ’n hoogs vermaaklike manier. Rugbyfanatici kan nou die mees verregaande staaltjies geniet, sowel as die koue, harde feite en statistieke oor die sportsoort waaroor almal gaande is.
Woord: suisel
Gebruik jy nog die woord “suisel”? Taaltoffie stel ondersoek in.
Taalgebruik: bespaar of spaar?
Taaltoffie ondersoek die korrekte gebruik tussen “spaar” en “bespaar”
Boek: Hartsgesprekke met …
Hartsgesprekke met … voer lesers mee op ’n opwindende reis om die mense agter die name te ontmoet. Leer ken die hart van hierdie groot geeste en kyk met ’n nuwe oog na hul verhale, want dit is hier waar wysheid oorgedra word.
Boek: Liefde, Moord en Facebook
Liefde Moord en Facebook is ’n tienerroman met genres van beide romanse en rillers – die storie bevat fiktiewe Facebook-inskrywings, volledig met foto’s en ’n paar skakels na video’s en klankgrepe.
Op die spel: Só sê die wenner
Estie Meintjes van Pretoria was die eerste algehele wenner van die kykNET-program “Op die Spel”.
Gedig: Lied van die somerboom
“die lug bars borrelgroen vol blare…” Geniet Linda Roos se “Lied van die somerboom” – Afrikaans op sy lekkerste
Wenner van Ingrid Jonker-prys praat oor inspirasie
“Dit het baie gegaan daaroor om te bewys dat jy lewe op die Cape Flats kan vasvang in die taal waarin dit gelewe word en dat dit steeds iets mooi kan wees. Om te bewys dat Kaaps ʼn ryk taal is en dat arm lewens ryk subject matter is.
Uitdrukking: Die swaard van Damokles
Ken jy die uitdrukking “die swaard van Damokles” wanneer mens verwys na ‘n dreigende gevaar? Lees Taaltoffie vir die verhaal wat tot dié uitdrukking gelei het.
WAT Woord van die week: skoolvos
Die WAT Woord van die week is “skoolvos” – ‘n persoon met wie ons al almal te doen gehad het!
Boek: Hoop vir ʼn tyd soos hierdie
In “Hoop vir ʼn tyd soos hierdie” gee Braam die bemoediging dat Christene die voorreg het om te weet dat God hulle deur hierdie uitdaging sal dra en hulle help om ’n verskil te maak.
Boek: Die Bybel – met Grassroots-oordenkings deur Angus Buchan
Lesers kan nou saam met Angus deur die Bybel stap. Dié Stiltetydbybel bevat ’n Bybelleesplan vir een jaar, teksverse vir spesifieke behoeftes en ’n lys Bybelse beloftes wat hulle sal help om God se beginsels vir die lewe te ervaar.
Luister: Carin Krahtz se jeugboek vang iets van die leefwêreld van ʼn 14-jarige vas
Die skrywer Carin Krahtz is self ʼn onderwyser van Centurion, daarom weet sy uit persoonlike ervaring wat die invloed van ʼn sorgsame onderwyser op ’n kind se prestasie in ʼn spesifieke vak kan wees.
Boek: Donderslag
Wanneer Sean Courtney, die held van Witwatersrand, van ’n lang jagtog af terugkom, loop hy hom vas in die geweld van die Anglo-Boereoorlog, sy broer Garrick se afgunstige haat, ’n volgende geslag Courtneys, en – bowenal – Ruth Friedman.
Uitdrukking: ‘n Padda in die keel hê
Taaltoffie ondersoek die grillerige herkoms van die uitdrukking, “‘n padda in die keel hê”
Boek: Die losprys
In Die losprys word Shannon Bliss op die ouderdom van sestien ontvoer. Ná elf jaar het sy ontsnap en wil met haar familie herenig word, maar dit is nie so eenvoudig nie …