Waarom moor? Carla van der Spuy het vier tronke dwarsoor Suid-Afrika besoek en het gaan loer in die psiges van vroue wat geweldsmisdade gepleeg het.
Afrikaanse opvoeding onder skoot
Afrikaanse skole en universiteite is die afgelope jaar gereeld in die nuus. Transformasie word op Afrikaanstalige Universiteitskampusse versnel om die Suid-Afrikaanse rassedemografie te weerspieël.
Boek: God van wonders
God van wonders deur Angus Buchan is propvol getuienisse wat die goedheid en genade van God in die lewens van gewone mense weerspieël.
WAT Woord van die week: omroeper
Die WAT Woord van die week is “omroeper”
[Foto’s] Honderde boeke vir seun wat gemorspos lees
Tot onlangs was gemorspos die enigste leesstof vir ʼn 12-jarige seun wat nie kan ophou lees nie, omdat sy gesin nie geld het om boeke te koop nie.
Boek: Labarint
Sy gaan ophou vlug van haar eksman en haar verlede. Dit besluit skilder Vasti de Leeuw toe haar meenthuis gevandaliseer en ‘n besending skilderye vernietig word. Maar om die verlede te trotseer op Leeuwendrift waar sy as verworpeling grootgeword het, is egter nie so maklik nie, en met die hede vaar Vast nie veel beter nie.
Taalkursusse vir vryskutwerkers by NB Akademie
Wou jy al ooit in die boekebedryf werk? Die nuwe NB Akademie, ’n inisiatief van NB-Uitgewers, bied vanaf September vanjaar ‘n opwindende reekse kortkursusse aan vir vryskutters én nuwelinge in die bedryf.
Luister: Moedertaalonderrig is steeds die slimste besluit
David Krynauw, ʼn meubelontwerper, Reuben Riffel, koskenner en sjef, en die entrepreneur Karien van Emmens is van die bekendes wat Donderdag hulle stemme gevoeg het by AfriForum se Studeer en Leer In jou Moedertaal (SLIM) veldtog.
Taalgebruik: gedenk, herdenk en vier
Taalgebruikers struikel soms oor die verskil tussen gedenk, herdenk en vier. Taaltoffie stel ondersoek in.
Luister & video: Kreatiewe denke is die toekoms van rugby
Dit word deesdae al hoe moeiliker om sterker, vinniger en fikser as jou teenstander op die rugbyveld te wees. Jy sal iets ekstra in die spel moet sit en hom moet klop met dit wat tussen jou ore sit.
Boek: Adrenalien
Angs en adrenalien het die demone in Gustaf Prinsloo se onderbewussyn gevoed, hom laat skryf. Tog droog dit op en hy begin aan onttrekkingsimptome ly. ‘n Kans om sy roman as rolprent te verwerk dwimg hom tot afsondering in ‘n huis in ‘n godverlate deel van die Bosveld, met net sy verbeelding en ‘n mooi rolprentvervaardiger as geselskap.
T.T. Cloete (31.5.1924 –29.7.2015): ’n Gelowige intellektueel en groot digter het ons ontval
Cloete het as Christelik-gelowige digter nooit weggeskram daarvan om ook die skadukante van die lewe en die werklikheid in sy gedigte te vertolk nie – en toenemend so.
Woord: kloek
Het jy geweet die woord “kloek” beteken ook “flink, skrander”, selfs “dapper”? Lees vandag se Taaltoffie vir meer oor dié interessante woord.
WAT vir ʼn woord?
As jy wil weet hoe die taal in sy breë, diepe, omvangryke, ongetemperde, ongemuilbande glorie lyk, móét jy uit jou eie agterjaart klim en in erkende bronne gaan naslaan, skryf Sophia Kapp.
Afrikaans 90: Diepspoor
“Wag ’n bietjie,” moes ek ’n paar vrae uitstel, “ek gaan vandag net van Afrikaans se begin vertel; van die eerste sowat sestig, sewentig jaar van die sewentiende eeu.”
TT Cloete: ‘Ons eer sy nagedagtenis’
Die afsterwe van prof. TT Cloete (91) laat nie net ʼn leemte in die gemeenskap van Potchefstroom en veral die universiteit nie, maar ook in die literêre lewe van Afrikaans.
[Video] TT Cloete lees sy liefdesgedig “Anna” voor
Maroela Media het verlede jaar by prof. TT Cloete gaan kuier en hy het sy liefdesgedig, wat hy aan sy oorlede vrou, Anna, opgedra het, op video voorgelees.
Luister: TT Cloete: Só onthou hulle hom
Prof TT Cloete, wat vandag in die ouderdom van 91 jaar oorlede is, was bekend daarvoor dat hy die mense in sy lewe gekoester het. Maroela Media het gesels met ʼn paar van die mense wat die voorreg gehad het om met hom vriende te wees.
[Video] Prof. TT vertel van sy loopbaan en dié goed wat nie gemeet kan word nie
Die digter prof. TT Cloete was ’n letterkundige reus en het meer as 150 wetenskaplike artikels oor die Afrikaanse letterkunde geskryf en daarmee saam meer as ’n twintigtal boeke en monografieë. Hy het bydraes gelewer tot talle versamelstudies en het ook verskillende vertalings uit die Franse letterkunde gedoen. Maroela Media het verlede jaar met hom gesels oor sy loopbaan. Hy gesels ook oor die goed in die lewe wat werklik belangrik is.
Boek: Die Onbekende Van Gogh
Die Onbekende Van Gogh laat herleef Suid-Afrika in die stormagtige laaste dekade van die negentiende eeu; vertel die persoonlike verhaal van ʼn jong uitlander soos onthul in briewe en ander argiefstukke; en werp lig op sy verhouding met sy beroemde broer Vincent.