“Die kremetartboom is ʼn allerboomste boom…” TT Cloete se gedig, Kremetartboom
WAT Woord van die Week: ronkedoor
Taaltoffie ondersoek die ongewone woord “ronkedoor”.
Boek: Die geïllustreerde Bybelhandboek
Die wêreld van die Bybel lyk dikwels vir moderne lesers vaag en vreemd. Die geïllustreerde Bybel-handboek bied aan lesers ’n volledige prentjie van die leefwêreld van die Bybel.
Uitdrukking: eksieperfeksie
Taaltoffie ondersoek waar die woord “eksieperfeksie” vandaan kom.
Uitdrukking: Agter die kap van die byl kom
Waarom sê ons dat ons “agter die kap van die byl kom” as ons uitvind hoe iets inmekaarsteek? Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Gedig: Die son loop agter wolke deur
“..ek verlang na jou hier in die lawaaierige stilte van die straatkafee…” André Letoit se treffende gedig, “Die son loop agter wolke deur”
Boek: Chuck Norris kan deel deur nul
Albert kom agter dat sy suster Marlie skielik vreemd optree. Sy is vriendelik. Baie vreemd vir ’n sestienjarige ousus. Dan is daar nog die skoolboelie wat hom afknou, ’n ouma wat nie altyd normale gedrag toon nie, ’n pa wat te hard werk, en die moontlikheid dat sy ma nie dood is soos wat hy aanvanklik gedink het nie… ‘n Lokprent vir die boek volg onderaan die berig.
Woord: podsend
Die Afrikaanse Taalkommissie het “podsend” as die korrekte Afrikaanse vertaling aanvaar vir “podcast”. Lees vandag se Taaltoffie om meer uit te vind.
Boeke: Lekker & Vinnig
Op soek na inspirasie vir heerlike gesinskos wat iets nuuts en anders is? Die reeks Lekker & Vinnig is net die antwoord … Smaaklike resepte met bestanddele wat reeds in die koskas is of geredelik beskikbaar is by die meeste supermarkte.
Boek: Die vierde stem
François Bloemhof is bekend daarvoor dat hy aanhangers van spanningsverhale telkens gee wat hulle soek – én wat hulle nie kon verwag nie. Met “Die vierde stem” is dit waarder as ooit.
Boek: God is genoeg
In 365 dagstukke stap Stephan Joubert saam met die leser deur temas soos: Die lewende God is meer as genoeg, alles ter wille van ons groot God, kyk en leef God raak in die regte lewe en só lyk egte geloof.
WAT Woord van die Week: mombakkies
Al ooit gewonder waar ons aan die woord “mombakkies” kom wanneer ons na ‘n masker verwys? Lees vandag se Taaltoffie vir meer inligting oor dié woord.
Boek: Witwatersrand
Vanjaar is die 50ste herdenking van Wilbur Smith se eerste roman, “When the lion feeds”. Die roman is steeds in druk en is wêreldwyd in meer as 20 tale gepubliseer. Die boek is in Afrikaans beskikbaar as “Witwatersrand”.
Boek: Boet se goed
Boet was Klein Karoo-skilder en pottebakker, ‘n kleurryke karakter in Oudtshoorn-omgewing: sy naam is sinoniem met sy kleurvolle Karoo-skilderye wat die alledaagse gang van die plattelandse gemeenskappies uitbeeld.
Boek: Woestynkombuis
Met 137 resepte uit die hart van Namibië, is Louise van der Hoven se Woestynkombuis ‘n moet vir elke versamelaar en kosliefhebber.
Uitdrukking: Vertel dit vir die matrose
Jy kan vir iemand sommer sê “gaan vertel dit vir die matrose” as jy nie sy stories glo nie. Lees vandag se Taaltoffie om meer oor dié uitdrukking te leer.
Uitdrukking: ‘n Brawe Hendrik
Waarom sê ons iemand is “‘n brawe Hendrik”? Lees gerus vandag se Taaltoffie vir meer oor dié uitdrukking.
Boek: Nuwe stories 3
Sewentien kortverhale oor ‘n wye verskeidenheid onderwerpe, insluitend verhoudings, kindermishandeling, armoede, trauma, dwelms, geloof en die ware aard van goed en kwaad.
Gedig: Reënvrou
Cas Vos speel in dié gedig so mooi met die woorde, mens hoor sommer hoe val die reën as jy dit hardop lees.
Boek: Moord per suurlemoen
Die tienertweeling, Bruno en Brunhilde moet vlug op ‘n motorfiets, omdat hulle die buurvrou per abuis met ‘n suurlemoen “doodgegooi” het. Die boek se sterk punt is die verfrissende humor. ‘n Lokprent vir die boek volg onderaan die berig.