Dieregeluide is werkwoorde wat ingespan word om die geluide wat diere maak te beskryf. Die woorde is dikwels ‘n nabootsing van die klank wat die diere uiter.
Taalgebruik: in ʼn bus, op ʼn skip
Het jy geweet mens ry “in” ‘n bus of motor maar “op” ‘n skip en jy jaag “met” ‘n motor? Taaltoffie stel ondersoek in
Hoe heet u? En hoe skryf u dit?
Weet jy waar die hoofletters by name en vanne kom? En of die “mevrou” of “professor” voor die naam met ‘n hoof- of kleinletter geskryf word? En of jy die titel moet uitskryf en of jy dit mag afkort? En of die titel ‘n punt moet kry of nie?
Hier is die reëls, alles in een blog saamgevat.
Die pynlike passief
As daar nou ʼn manier is om ʼn skoolkind maagpyn te gee, ʼn onderwyser lus te maak vir drank en ʼn subredakteur na ʼn rooi pen te laat gryp, is dit as ʼn mens die aktief-passief-kwessie ophaal…
Taalgebruik: in ʼn ry
Wanneer mag mens “in ‘n ry” in Afrikaans gebruik en wanneer word dit as anglisisties beskou? Taaltoffie stel ondersoek in.
‘Ons skryf soos ons praat’ – met ʼn halwe waarheid van die wal in die sloot/slood
…en klokslag is die argument: Ons is dan veronderstel om te skryf soos ons praat; hoekom kan ons dan nie “broot” skryf, net soos wat ons “groot” skryf nie?
Taalgebruik: Intensiewe vorme
Intensiewe vorme is by uitstek ʼn aspek van taalgebruik wat geelnthede bied vir kreatiewe skeppings deur elke taalgebruiker.
Van paaie gepraat (of geskryf)
Die reëls wat op die skryfwyse van straatname in Afrikaans van toepassing is, is so ‘n bietjie verstrooi, selfs in die AWS, en dit is dalk nuttig om dit in een dokument byderhand te hou.
Is dit ge- of is dit ge- ge-? Die lang pad vir verlede deelwoorde
Is dit “ge-” of is dit “ge- ge-“? Sophia Kapp ondersoek die lang pad vir verlede deelwoorde by skakelwerkwoordkonstruksies.
Die begin of die einde – waarheen met die werkwoord?
Het jy al hierdie reël vir ʼn kind geleer: “As jy meer as een werkwoord in die sin het, skuif die werkwoord na die sinseinde”? Indien wel, moet jy nou eers jou rooi pen neersit en hierdie blog lees.
Mense is soos lees- en skryftekens
Mense gedra hulle soos lees- en skryftekens. Sodra jy dit begryp, begin jy beter kommunikeer want jy “ken jou kliënte” beter.
ʼn Kopkrappery oor koppeltekens
Skrywers wat onseker is of ʼn woord vas of los moet wees, gebruik die koppelteken as ʼn soort goue middeweg met die hoop dat die spellingnazi’s hulle onkunde oor die hoof gaan sien. Les: Die gekrap op my wiskundeantwoordstelle het nie vir my op skool gewerk nie. Die koppeltekenkamoeflering gaan ook nie nou werk nie…
Taalgebruik: gros
Wat beteken “gros” en hoe word dit gebruik? Taaltoffie stel ondersoek in
Taalgebruik: klant, kliënt
Gebruikers van Afrikaans is soms onseker oor die verskil tussen “klant” en “kliënt”. Taaltoffie stel ondersoek in.
Taalgebruik: emigreer, immigreer, migreer
Gebruikers van Afrikaans is soms onseker oor die verskil tussen “emigreer”, “immigreer” en “migreer”. Taaltoffie stel ondersoek in.
Taalgebruik: vasberade, vasbeslote
Taaltoffie ondersoek die betekenisverskil tussen die woorde “vasberade” en “vasbeslote”
Taaltoffie: “free-range”
Wat maak ons met “free-range” in Afrikaans? Taaltoffie stel ondersoek in
Taalgebruik: skotvry
Taaltoffie stel ondersoek in oor die woord “skotvry”
Taalgebruik: Woorde wat dikwels verwar word
Woorde kan soms verwarrend wees as hulle na mekaar lyk, maar verskillende betekenisse het.
Druk in die drukte – hulp met homonieme
Hier is alles wat jy nodig het as jy al ooit moes kopkrap oor die verskil tussen homonieme en poliseme.