3 September 2011

Idioom: Iets doodluiters doen Betekenis: Iets kalm doen asof daar oënskynlik geen risiko aan verbonde is nie. Waar kom dit vandaan? Die Lutherane moes tydens…

1 September 2011

Het jy geweet?
Die gebruik van af dag, af naweek en af tyd vir ʼn vry(e) dag/naweek/tyd is deesdae heel gebruiklik en aanvaarde Afrikaans.

30 Augustus 2011

Het jy geweet?
Die onderskeid wat tussen gebeurde en gebeure gemaak word is in ʼn hoë mate kunsmatig; gebeurde is trouens ʼn gemaakte vorm wat selde en veral in verhewe taalgebruik voorkom.

24 Augustus 2011

Idioom: ʼn Bloukous wees Betekenis: ʼn Geleerde vrou wat nie veel trek aan huishoudelike sake het nie Waar kom dit vandaan? In die 15de eeu…

23 Augustus 2011

Het jy geweet? Jou merk maak, en merk my woorde is Anglisismes vir naam maak, presteer, jou onderskei, en let op my woorde onderskeidelik.

22 Augustus 2011

Woord: Kets Betekenis: Nie afgaan of ontsteek nie; weier – van ʼn vuurwapen, enjin gesê: Sy geweer het gekets. My motor kets as dit koud…

21 Augustus 2011

Idioom: My oupa se hond en sy oupa se hond het saam aas weggesleep. Betekenis: Ons is baie ver langs familie.

20 Augustus 2011

Het jy geweet? Alhoewel die uitdrukking eintlik te kus en te keur is, het die gebruik van die uitdrukking te kies en te keur sterk…