Ek is diep teleurgesteld om te sien dat dit Jesus is wat onder die vaandel van ’n skool, wat hom daarop beroep om ’n Christelik-geïnspireerde etos te verpersoonlik, so afgekraak en verkleineer is.
Lesersbrief: Hoor hoe raas die stilte…
Ek is bevrees dat daar ‘n groot keerpunt gekom het met die Ghoema-toekennings vroeër vanjaar, skryf Audrey Bierman in ‘n ope brief aan die land se Afrikaanse kunstenaars.
Lesersbrief: ʼn Toonstamp-revolusie
Nadat ek leeg getap is van die moegheid, nadat ek ‘n paar trooslekke gekry het en nadat my hemp sopnat is, lig ek my kop en die wêreld lyk ewe skielik beter. En ek praat sommer daar plat op die vloer met my Skepper.
Lesersbrief: Museum se taalbeleid verbaas
Die Taalraad vra dus graag of die museum bereid sal wees om ʼn meertalige delegasie te ontvang om oor hierdie kwessie te vergader.
Lesersbrief: Die debat in die parlement oor Erfenisdag
Die regering moet ʼn leidende rol speel en ʼn voorbeeld stel om alle kulture en tale te omarm en om Suid-Afrikaners sodoende te verenig – wat tog die doel van Erfenisdag is. Die sentraliteit van Engels ten koste van die inheemse tale en kulture moet bevraagteken word.
Lesersbrief: Steve Hofmeyr, AIG en Virseker wys die krag van kultuur en kapitaal
Ongeveer ’n jaar gelede is daar al besluit om groot kultuurborgskappe, soos Afrikaans Is Groot en In Afrikaans te verskuif na skole- en onderwysborgskappe. Alhoewel Virseker steeds betrokke is by kleiner kultuurborgskappe, is die Virseker Trust se fokus op onderwys in Afrikaans.
Lesersbrief: Die gesig van geweld en mishandeling
Om man te wees te midde van geweld en mishandeling, vra moed en durf. Dit vra van ’n man om sy mond te gebruik en hom uit te spreek teen geweld en mishandeling. Dit vra ’n hand om ’n ander hand te neem en te sê, ek is jammer, laat ons saam die pad van vergifnis loop.
Lesersbrief: Om te praat en om te bid
En toe besef ek net weer, ek is in ʼn wenspan, my God is sterker as enige kaper, groter as enige politieke leier en groter as ek en jy.
Lesersbrief: Kan ons nog sing ‘Afrikaners is plesierig…’?
Ek gaan nog eers bietjie hang, aanhou hoop, en aanhou kies om gelukkig te wees. Dit bly egter ’n deurlopende worsteling.
Lesersbrief: Hoe baie is baie?
Die nuusskrywer het verkeerdelik aangedui dat die Suid-Afrika se skuldprobleem ’n miljoen keer groter is, maar wat is ’n miljoen tussen vriende in Afrika?
Lesersbrief: Ramaphosa se nuwe kredietwet is net ʼn pleister
Die Bankvereniging van Suid-Afrika (BVSA) se insette en advies oor hierdie verlammende wetgewing is nie eens vir ʼn sekonde in ag geneem nie.
Lesersbrief: Ou Weermagmanne, waar is julle?
Die lede wat in die ou SAW gedien het, verdien erkenning vir die puik werk wat hulle verrig het om die land en sy mense destyds veilig te hou. Ek bring ook hulde aan al die manne van daai tyd.
Lesersbrief: Mag die Union Jack maar wapper?
Ek vra gevolglik aan die Nelson Mandela-stigting en regter Mojapelo wat die uitspraak gelewer het: As die ou vlag dan nie meer mag wapper nie, kan die bloedige Union Jack, wat oneindig meer pyn en lyding as apartheid meegebring het, maar ongestoord bly wapper?
Lesersbrief: ‘Daar is miet in die meel, Ma’
Hoeveel aanslae het ou Job nie beleef nie, net soos ons en enige iemand anders, want jy sien, die droogte is nie net droogte soos ek en jy daaraan dink nie. Dis emosionele droogte, geestelike droogte en so gaan die lys aan.
Lesersbrief: NGV-skema sal jou gesondheid in ANC-hande laat!
Is dit die tipe mag wat ons in die staat se hande wil plaas? Veral gegewe die onderskeid wat die huidige regering tans tussen rasse tref?
Lesersbrief: Laat die vakbonde dan maar daarvoor betaal
Die vakbondparadys sal gou tot ʼn einde kom as hulle die salarisrekening kry.
Lesersbrief: Sterk staan
Vrou, jy staan dalk sterk vir jou man of jou kinders of jou ouers of iemand na aan jou se part. Maar vra tog die vrouens wat jou pad kruis, opreg, “Hoe gaan dit met jóú?”
Lesersbrief: Einde van slepende ‘oorlog’ in sig
Die toekoms is dus selde ʼn reglynige projeksie van gebeure tot op hede en alles is beslis nog nie verlore vir Afrikaners aan die suidpunt van Afrika nie. Veral nie vir dié wat glo nie.
Lesersbrief: Om ’n boer te wees
Ek wil op my medeburgers en -geloofsgenote ’n beroep doen: Los kleinlike verskille. Staan saam teen ongeregtigheid. Moenie vra wie dit gaan doen nie. Slaan jou hand aan die ploeg. Staan saam en wees die verskil.
Lesersbrief: Saam kan ons plaasaanvalle oorwin
Net so moet elkeen van ons die boere steun waar ons kan en wys dat hulle nie alleen staan in hierdie stryd nie. Saam is ons sterker!