Bykans al bogenoemde terme (en nog vele meer) wat gelaai word met positiewe betekenisse, is uiteindelik bloot eufemismes waarin ’n sterk anti-Westerse narratief mooi verpak word.
Lesersbrief: Jou stem sal beslis steeds tel
Die proporsionele verteenwoordigingstelsel laat elke burger toe om te stem vir die party wat sy of haar belange die beste verteenwoordig. Kiesers behoort dit te google om meer uit te vind en nie hulleself te onderwerp aan vreestaktiek wat hulle forseer om die minste van twee euwels te kies nie.
Lesersbrief: Hulle hou jou seker besig…
“Hulle hou jou seker goed besig, hè?” Wel, noudat jy vra…
Lesersbrief: Patrolleer of emigreer?
Ons bid vir brood, en ons werk. Ons bid vir veiligheid, en ons patrolleer. Die bekommernis lig bietjie vir bietjie. Ja, ons patrolliewerk hou gevaar in. Maar hierdie gevaar word met elke patrollie minder, nie meer nie.
‘Afrikaans het my na God gebring’
As ’n matrikulant van Hoërskool Middelburg is my boodskap dat Afrikaans onder my vel ingekruip het, want dit het my na God toe gebring. Mathews Phosa se woorde waarna ek elke dag in die Afrikaanse klas kyk, het volle betekenis in my lewe gekry.
Lesersbrief: Hoekom ’n privaat vervolgingseenheid onontbeerlik is
AfriForum het dié leemte in die strafregstelsel geïdentifiseer en daarom in 2017 ’n privaat vervolgingseenheid onder leiding van adv. Nel op die been gebring.
Lesersbrief: Wat gaan saakmaak oor vyf jaar?
Kom ons gaan stem, dit gáán saakmaak oor vyf jaar. Kom ons hou aan om ons kinders te leer van respek en maniere, want dit gáán saakmaak oor vyf jaar.
Lesersbrief: Hoe ernstig is die regering met die bekamping van korrupsie?
’n Mens wonder soms of die owerhede ernstig is met die bekamping van korrupsie.
Lesersbrief: Ouerskap sonder handboek
Wat lê nog voor vir ons? Ek weet self nie. Daar is mos nie ʼn handleiding nie. Maar met God aan ons sy, is niks onmoontlik nie.
Lesersbrief: NGV die hoeksteen van privaat gesondheidsorg se ondergang
Mboweni se finansiering vir die instelling van die NGV, tesame met die regering se besluit om nie die mediesekredietkoers vanjaar te verhoog nie, dui daarop dat die ANC van plan is om sy sosialistiese hoeksteen te lê, want hierdie wetsontwerp is niks anders nie as die gesentraliseerde diktatorskap van burgery se gesondheid.
Lesersbrief: Is jy nog trots op jou taal en jou kultuur?
Wees dus trots op wie en wat jy is!
Lesersbrief: Bevryding van die ANC en sy kamerade: Die ‘Parallel Polis’
Die idee agter Handves 77 en Parallel Polis is om totaal onafhanklik van die regering te raak, en dit is waarna Suid-Afrikaners moet strewe. Die minderheid het sekere magte wat ons moet aanwend om die behoud van ons werk, regte, kultuur en leefruimte te verseker.
Lesersbrief: Berader-leraar praat oor Bultfontein se boere
“Weet jy,” vra ’n boer, “weet jy hoe dit voel wanneer ’n plaas wat al ses geslagte in die familie is, by jóú eindig?”
Lesersbrief: Hoërskool Driehoek geruk, maar nie oorwin nie
Wat min mense egter weet, is dat hierdie hoërskool die afgelope vyf jaar ’n hele paar ander tragiese sterftes van leerders moes hanteer en verwerk.
Lesersbrief: ’n Stukkie hoop
Miskien het die tyd gekom om stewiger aan die Skenker van hoop vas te hou as aan hoop op sigself. Hy is immers die oorsprong van hoop.
Lesersbrief: Knysna se laaste bosolifant moontlik in 1970 gebore
Daar was gerugte dat daar ook ʼn kalfie in Januarie 1989 gebore is, maar dit was niks meer as spekulasie nie, want geen bewyse is ooit gevind nie.
Lesersbrief: Centurion-grondeis: ReTHro gaan voort om inwoners te help
Die inwonersvereniging van The Reeds, Thatchfield en Rooihuiskraal (ReTHro), wat van die grootste gedeeltes wat geëis word insluit, is al ʼn rukkie besig met die teenstaan van die grondeis.
Lesersbrief: Wanneer ’n tragedie misbruik word
Hoe kan ons toelaat dat ’n party, wat nie eens hul rassisme vir onskuldige kinders tersyde kan stel nie, aan ’n verkiesing deelneem?
Lesersbrief: My ondervinding met Unisa
Graag wil ek my Unisa-ondervinding met julle deel. Dit is ’n baie persoonlike en baie hartseer verhaal vir my, want my drome om ’n graad te ontvang, lê nou in skerwe.
Lesersbrief: Watter invloed gaan ʼn wegblystem hê in die 2019-verkiesing?
Onthou, die hand wat die kruisie maak is die hand wat die toekoms skryf.