Wil u nie asseblief op Kersdag vir elke gemeente die geleentheid gee om Kersoggend dit uit volle bors te doen met orrelnote wat oor Suid-Afrika dawer nie?
Lesersbrief: Hoe gemaak met dissipline as jou hande afgekap is?
Ons kan mooi praat. Ons kan die ouers laat kom om oor swak gedrag te praat. Ons kan soebat. Smeek. Preek. Noem maar op. Ons hande as obderwysers is afgekap.
Lesersbrief: 16 dae-veldtog herinner aan kwesbaarstes in die samelewing
Om net fisies weg te kom, is nie die einde of die oplossing nie. Hierdie vroue en kinders word ook emosioneel, verstandelik en geestelik geteister.
Lesersbrief: André die Ruiter & mede-Eskom-Ruiters
Sonder ruiters sou die land inderdaad ʼn stikdonker plek gewees het. Terwyl daar nog lig is, mag ons elkeen kers opsteek by dié wie se lampe brand.
Lesersbrief: Dankie dat jy mooi na my kind kyk, liewe onderwyser
Dankie, liewe onderwyser, dat jy ook my kind gaan leer lees, skryf en wiskunde doen. Ek, as ouer, gaan jou hande sterk maak deur alles by die huis te doen wat ek kan.
Lesersbrief: Waar gaan jy vanjaar jou Kersinkopies doen?
Die produkte wat verkopers by vlooimarkte verkoop, word met jou in gedagte gemaak. Skuif 30% van jou besteebare geld na hierdie verskaffers – hulle het jou nodig.
Lesersbrief: Leer ons kinders om deel van die oplossing te wees
“Pappa, hoekom gaan die krag af?”, kom die vraag twee jaar gelede van ons vyf jaar oue seuntjie. Ek dink nog ʼn bietjie en sê toe: “My seun, dom mense het dom besluite gemaak”.
Lesersbrief: Charlize, Amerika het jou laat vergeet
Ek onthou self dae in Amerika waarin ek soveel heimwee beleef het dat ek fisies siek gevoel het. En wanneer ʼn mens so voel, is jy partymaal geneig om ander af te druk, sodat jy so ʼn bietjie “hoër” kan voel.
Lesersbrief: Charlize, ek wens jy kry soos ek ook vrede oor jou herkoms
Ek verstaan jou goed, want ek was waar jy is – op ‘n sielkundige vlak. Dit wil blyk dat al die jare se sielkundige behandeling jou nog nie vrede kon bring nie en daarvoor kry ek jou jammer.
Lesersbrief: Neem uit die verlede wat goed is en bou die toekoms daarop
My oproep is – breek weg van ʼn verslawende stelsel. Daar is krag in die idee van selfverantwoordelikheid. Dit is goed vir my gesin, my gemeenskap en almal van ons.
Lesersbrief: Liewe Charlize, jy skuld ons ‘n regstelling
Sal jy asseblief vir die wêreld sê dat daar nie net 44 mense oor is wat nog Afrikaans praat nie? Sal jy vertel dat Afrikaans nie in die hospitaal is nie, maar dat Afrikaans ʼn vol lewe leef?
Lesersbrief: Ons almal kan maar oor ons erflating nadink
Die verbeeldingsgemeenskap wat voel dat Afrikaners anders as “hulle” op ʼn beginselvaste wyse hulself uit armoede getrek het, is rassisties.
Lesersbrief: Ons kinders word met kritiese rasseteorie geïndoktrineer
Ouers kan nie meer skole blindelings vertrou om hul kinders se beste belange ter hart te hê nie. Hulle moet aktief betrokke raak met die kurrikuluminhoud en leermateriaal.
Lesersbrief: Sannie sê Sannie sal die seeskulpe uitlos
Ek weet van die skulpe is só mooi, en jy wil só graag net ʼn stukkie van die see saam met jou vat. Ongelukkig is ons strande en seelewe werklik besig om daaronder te ly.
Lesersbrief: ʼn Onproduktiewe ma…
Regmerkies agter elke item op my lysie is nie die doel van my lewe nie. Dit is slegs die middel tot ʼn doel – om ʼn ma vir jou kinders en ʼn vrou vir jou man te wees.
Lesersbrief: Aborsie mag ons nie gevoelloos los nie!
Mag die kerk van ons Here Jesus Christus opstaan met ʼn duidelike stem teen hierdie bose praktyk.
Lesersbrief: Word impak van optrede teen Dis-Chem se werknemers besef?
In hierdie tyd van hoë werkloosheid, ekonomiese onsekerheid en die invloed van wêreldgebeure ontstaan die vraag of hierdie drastiese stappe werklik nodig is en of gesprekvoering deur die belanghebbende partye nie ʼn uitweg is nie.
Lesersbrief: My hart huil oor ons kinders
Is ons kinders sterk genoeg om die pas waarteen ons leef te hanteer? En hoe hanteer ons húlle die dag as hulle nie sterk genoeg is nie?
Lesersbrief: Gelykheidshof mis sy doel
Net so onaanvaarbaar soos wat dit is om valslik, of as ʼn grap, “Bom!” op ʼn vliegtuig te skree, net so onaanvaarbaar behoort dit te wees om, ongeag die konteks, “Kill the Boer! Kill the Farmer!” in ons misdaadgeteisterde land te dreunsing.
Lesersbrief: Dagboek van ʼn enkelma, die daaglikse ‘struggle’
As dit ʼn verskil sou maak, het ek opgestaan en kliphard verkondig aan die wêreld dat enkelouers die harder klippe kou.