Podlitiek gesels oor Funzi Ngobeni se aansluiting by Herman Mashaba se party, die VSA se ambassadeur in SA se uitlatings oor onteiening sonder vergoeding en die situasie wat tans posvat in Suid-Afrika se wetgewers.
Was die Boereprofeet dalk reg?
Nou ja, afhangende van hoe ’n mens die Siener se voorspellings vertolk, lyk dit of hy die toekoms nogal dikwels raak gesien het.
Waarskuwingsligte flikker vir ekonomie
Suid-Afrika is in ’n tegniese resessie – wat nou? Twee ekonome van die Noordwes-Universiteit (NWU) bespreek die implikasies hiervan vir die ekonomie.
Misdaad teen die mensdom – ʼn Verhaal van twee foto’s
Ek het al die voorreg gehad om ’n aantal aanbiedings aan studente te doen en het begin deur twee foto’s aan hulle voor te hou. Die een is die bekende foto van Hector Pieterson en die ander ’n minder bekende foto van ’n slagoffer van die Amanzimtoti-bomaanval.
My indrukke as buitelander van Trump se verhoor
“As ‘n buitelander wat in die VSA woon, vind ek die hele vervolgingsage skokkend. Dit het my vertroue in die Amerikaanse regstelsel laat wankel. Om hierdie rede wil ek graag my waarnemings oor die verhoor lys.”
Stop die politieke misbruik van werknemers se pensioengeld
Hardwerkende werknemers se pensioengeld word al jare lank misbruik vir politieke doelwitte wat pensioenfondslede al miljarde rande gekos het. Hierdie benadeling het in baie gevalle op verkwisting en selfs op gewettigde plundering neergekom.
Rassekonfrontasie in Sandton se strate
Ek stap van Nelson Mandela-plein (ironies) na die Gautreinstasie. ’n Netjies geklede swart man konfronteer my skielik, uit die bloute, van skuins agter.
Merkel se opvolgers staan gereed
Vir 20 jaar word die Christen-Demokratiese Unie (CDU), Duitsland se grootste, tradisioneel sentrum-regse, maar nou eerder sentrum-linkse party, deur vroue gelei.
Kap die heilige boomstamme af, maar verwyder ook die hoogtes
Op 25 en 26 Februarie het die veelbesproke Moreleta-beraad by die NG kerk Moreletapark plaasgevind.
Die ‘Farao van Egipte’ oorlede
Mubarak het beplan om op die gebruiklike manier van diktators ’n dinastie op te rig en om sy seun Gamal as opvolger voor te berei. Die Arabiese opstande van 2011 het egter ’n streep daardeur getrek.
Redakteursbrief: Die oom in die koffiewinkel
By ʼn tafel skuins oorkant my kom sit ʼn ou oom. Hy lyk soos my oupa gelyk het …
Ek wens Donald Trump was my president
Die mense wat Trump as ’n diktator uitbeeld, het klaarblyklik geen benul wat ’n diktatuur behels nie.
Aswoensdag: Tyd vir Goeie Nuus
Sy koms en opstanding uit die dood rig ons lewe en die ritme daarvan. Dit rig ons op Hom wat oor al ons krisisse, selfs sonde en dood, triomfeer en die lewe red.
Vryspraak: Sommige Afrikaners se ‘Nuwe Seisoen van Berou’
Die enigste probleem is: ons het dit al gedoen en om by herhaling vir dieselfde ding om verskoning te vra, maak nie net die aanvanklike verskoning verdag nie, dit ondermyn ook die geloofwaardigheid van elke verskoning daarna.
Majuba – Moed vir 2020
In die woorde van GA Watermeyer: “Met moed, om teen die môrekim méér as Majuba uit te klim.”
Podlitiek: Pompeo se opmerkings ontwrig, Trump neem Indiese vlug
In hierdie week se episode word daar onder meer gekyk na die uitsprake van die VSA se topdiplomaat, Mike Pompeo, oor Suid-Afrika se voorgenome plan om eiendomsregte die nek toe te dien.
Die nie-oppermagtige en onstabiele Grondwet
Hoe belangrik die denkbeeld van grondwetlike oppergesag ook al mag wees, is dit egter wesenlik vals. As jy daarop vertrou, soos dit afgelope dekades aan die Suid-Afrikaanse publiek verkondig is, staar ontgogeling jou in die gesig, want die ware toedrag van sake sien heel anders daaruit.
Apologie vir apartheid – ja of nee?
Net soos ’n eeu gelede staan die Afrikaners weer uitgelewer aan ’n regering wat hulle onverskillig en dikwels aktief vyandig beskou. Ons kan dit nie laat by ’n blote morele veroordeling of skuldbekentenis nie, skryf Leopold Scholtz.
Trump se verhoor: Wat het regtig gebeur?
Die vervolgingsaak teen president Donald Trump van die VSA is verby, tog gaan die Demokrate voort met hul dreigemente van ondersoeke teen hom, skryf Rhoda Kadalie.
Ope brief aan die president: U is heel eerste aan God verantwoordbaar
“Laat ons nie doekies omdraai nie, Meneer die President.”