Navorsing soos die Talis-verslag is rede tot kommer, maar nie rede tot moedeloosheid nie. Die realiteit is dat die staat se onderwysinstellings só wanfunksioneel geword het, dat dit nie met die welstand van ons kinders vertrou kan word nie.
Wie is die nuwe leiers van die Europese Unie?
Die enigste toppos wat bevestig is, is dié van die parlementspresident. Die Italianer David Sassoli is met ʼn meerderheid van 345 uit 667 stemme verkies. Hy behoort tot die Demokratiese Party, wat deel van die S & D-alliansie is.
Munisipaliteite kort waaksame gemeenskappe
Sonder ’n waaksame gemeenskap sal die ou destruktiewe gewoontes voortgesit word en sal ons net onsself kan blameer.
Staat, nasie en kulturele identiteit
’n Uiteenlopende nasie kan nie in ’n eenvormige staat ingedwing word nie. Die staat moet immers die nasie dien, in plaas daarvan dat die nasie die staat moet dien, skryf Flip Buys.
Podlitiek: Die weermag verbied boerkas en Ramaphosa in die G20-kas
In ’n nuusweek wat oorheers is deur internasionale stories soos die G20 en president Donald Trump van die VSA se besoek aan Noord-Korea, gaan vind die Podlitiek-span die stories wat in die krake weggesteek en van die voorblaaie weggehou word.
Goeie nuus oor Afrikaans
Die kongres was ’n verrykende ervaring en het my opnuut herinner hoe belangrik dit is om Afrikaans te koester en lewend te hou, skryf Alana Bailey.
Die ANC se nuwe tuislande
Moet dit nou net vir die politici sê nie, maar as jy ʼn taal wil red, verbied dit, skryf Hans du Plessis.
Is die Westerse demokrasie dan uitgedien?
Die Nederlanders het ’n mooi spreekwoord: Jy roei met die spane wat jy het. Uiteindelik, as jy al jou woede uitgeskreeu het, sit jy steeds met dieselfde spane.
Afrika in Berlyn
Met die gees van politieke korrektheid wat in Duitsland, en veral in die linkse Berlyn sterk is, is hierdie straatname natuurlik omstrede en moet dit verander word.
Waarom Wakanda fiksie gaan bly
Indien Ramaphosa sy slimstad wil hê, sal hy die brawe ding moet doen en sones moet skep waar vryemarkbeginsels heers. Hy sal sy eie ANC-party se beleid moet opsyskuif, en sy ‘comrades’ moet verraai. Anders sal ‘n Suid-Afrikaanse Wakanda net fiksie bly, skryf Anton Meijer.
Munisipaliteite: Gemeenskappe moet herbou wat ANC verwoes
Die jongste treurmare is dat slegs 18 munisipaliteite (8%) van die 257 munisipaliteite wat deur Kimi Makwetu, die ouditeur-generaal (OG), vir die 2017/18-boekjaar geoudit is, skoon oudits ontvang het. Hoekom moet dit ons woedend maak, én wat kan ons doen? Dr. Eugene Brink neem die kwessie onder die loep.
Vir wie regeer die ANC?
In die jongste meningspeilings deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRV) verskil die algemene bevolking – swart, bruin, Asiër en wit – nogal aansienlik van die regeringsbesluite rakende ras.
Podlitiek: Afrikaans, universiteite en die toekoms van die jeug
Wat gebeur as jy een oud-Puk, een oud-Tukkie, ’n huidige Matie en ’n huidige Kovsie in ’n opname-ateljee sit en begin praat oor die verlede, die hede en die toekoms? Podlitiek het onlangs juis dit gedoen, en die uitkoms was hierdie aangrypende gesprek oor universiteite, Afrikaans, emigrasie, en die toekoms.
Vrede van Versailles: Afrikaners veg teen Duitsers se vernedering
Dit is vandag – Vrydag 28 Junie 2019 – presies ’n eeu gelede dat die Vrede van Versailles, wat ’n finale einde aan die Eerste Wêreldoorlog gemaak het, geteken is. Dit was ’n verdrag wat die seëvierende Geallieerdes aan die Duitsers gedikteer en wat laasgenoemdes tot in die grond verneder het.
Podlitiek: Nog ’n rigtinglose staatsrede en Phumzile versteur weer die vrede
Daar is, na oorlewering, ’n Chinese welkomsgroet wat lui: “Mag jy in interessante tye leef” – of dit ’n seëngroet of ’n vloekgroet is, sal die ontvanger maar self moet bepaal. Dit kom hierdie week weer duidelik na vore dat Suid-Afrikaners tans in “interessante tye” leef. Met ’n staatsrede wat so hoeka na China die hoof buig, parlementslede wat toeriste te lyf gaan, en Zuma-kaders wat soos die kat weer en weer kom, is dinge alles behalwe vervelig.
Dankie vir die droom maar…
Vir die gewone Suid-Afrikaner is dit sekerlik nie moontlik om China se boumanie te verstaan nie. Die meeste Chinese glo egter dat hulle hulself die beste help deur vooruitgang aan te gryp, want daar is ʼn sterk patriotisme in die land ná die vernederings van die 19de eeu en die politieke katastrofes van die 20ste eeu. Almal bou aan die ideaal om China die sterkste land ter wêreld te maak.
Die politieke klimaat in Duitsland
Die son begin sak oor die era van kanselier Angela Merkel. Sy het uitdruklik gesê dat sy ná vier termyne nie nog ’n keer as kanselier sal staan nie. Meeste mense is seker verlig daaroor, maar daar is niemand om by haar oor te neem nie.
#JongStemme: ‘Ek is 23 en ’n Christen’
Maar, ek is ook (amper) 24, en ek is ook in ʼn aktiewe liefdesverhouding met God. Én ek is ʼn Christen. Christen is nie net ʼn naam nie, dit is my identiteit. Dit beteken ek is een met Christus, en daarom wil ek Hom navolg in alles wat Hy van my vra.
Kan Trump Amerika selfs groter maak?
President Donald Trump van Amerika het verlede Dinsdag voor ’n skare van 20 000 entoesiastiese ondersteuners in Orlando, Florida, amptelik sy veldtog vir ’n tweede termyn as Amerikaanse President afgeskop. Dit was ook presies vier jaar sedert Trump op 16 Junie 2015 by sy kantoor in New York sy aanvanklike presidentsveldtog van stapel gestuur het.
Trump en die vals dossier
Dit lyk of die VSA se politiek van persoonlike vernietiging nou in volle swang is, skryf Rhoda Kadalie.