Eerste minister en prins Mangosuthu Buthelezi was ʼn gerespekteerde vriend van die Afrikaners. Die afbeelding van sy oupa se oupa langs Andries Pretorius binne die Voortrekkermonument lewer stille getuienis dat dié vriendskap se wortels geslagte terug lê.
Die Westerse erfenis maak meer saak as wat ons dink
Ons leef in een van die mees revolusionêre tye van die geskiedenis. En die Westerse denke het alles daarmee te doen.
Afrikaners oorkom ook armoede: Die Helpmekaar-beweging
Armoede is egter nie ʼn vreemde roofdier wat in hierdie hoek van Afrika rondsluip nie. Daar lê vir ons wenresepte opgesluit in die verlede.
Geanker in gesinne
Dit tref my dan dat ons in Suid-Afrika dalk meer dikwels op gemeenskappe fokus, terwyl die gesin in sowel ʼn geloofs- as maatskaplike konteks al minder aandag kry.
Podlitiek: Openbare Beskermer waai, plaasmoordstatistieke laat koppe draai
Hierdie week het Ernst van Zyl en Arno Roodt onder andere die afdanking van Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane bespreek.
Van Ramaforia na Rampokrasie?
Maar is Ramaphosa inderdaad “erger” as Zuma – of selfs Mugabe? Dis moeilik om te dink iemand sou “erger” kon “regeer” as Zuma en Mugabe.
As ʼn mens in die vreemde bly
Wie nie in Orania kan vestig nie, moet hulleself handhaaf deur hulle fisies te beveilig, ekonomies te bemagtig en kultureel te veranker, terwyl hulle goeie minderheidspolitiek beoefen.
50 jaar gelede: staatsgreep in Chili
Terwyl Suid-Amerika se state vandag feitlik almal linkse regerings met sosialistiese neigings het, was dit in die 1970’s die tyd van regse diktatorskappe in dié vasteland.
Sal Brics die dollar onttroon?
Nog ʼn probleem met die skep van ʼn Brics-geldeenheid is dat, logieserwys, nie China of Rusland die geringste voorneme het om hul nasionale geldeenheid te verloor nie.
Die klip, die boom en die voëls
Een eienskap van ʼn klip is toepaslik op een eienskap van volksidentiteit, naamlik die durende aard daarvan.
#JongStemme: ʼn Kleurvolle toekoms in ʼn reënboog land
“Vry, veilig en voorspoedig.” Dit is die woorde wat elke jongmens in hulle harte moet koester wanneer hulle aan hul toekomstige werkplek en loopbaan dink, hier in Suid-Afrika, in jou moedertaal.
Afrikaners binne en buite Orania
Die spanning tussen Afrikaners binne en Afrikaners buite Orania kan ʼn slegte wending neem as die strategieë binne en buite Orania as botsend beskou word.
Drama in die skadu van die oorlog
Terwyl Rusland sy hande vol het met die oorlog in Oekraïne, speel ʼn menslike drama homself in die suide af, naamlik in die Armeense enklawe Karabach wat binne die grondgebied van Azerbaidjan lê.
Kan ʼn klip ophou om ʼn klip te wees?
Onder Afrikaners soek niemand meer nié na ʼn alternatief nie, die vraag is net wat dit sal wees – en of daar ʼn antwoord is wat ons nie net as individue en gesinne kan red nie, maar ook as ʼn volk.
Bitcoin ‘n voertuig vir vryheid
Die Oostenrykse ekonoom Ludwig von Mises het eens gesê: “Wie ook al vir meer regeringsingryping vra, vra uiteindelik vir meer dwang en minder vryheid”.
Podlitiek: ‘Kill the Boer’ beveg, Lesufi ‘misdaadbestryders’ is sleg en Johannesburg onreg
Hierdie week bespreek die span onder andere AfriForum se “Kill the Boer”-appèlsaak in die Bloemfonteinse hoogste hof van appèl.
Kuberaanvalle knak die regering
As regeringstelsels deur kuberkrakers, kwaadwillige sagteware of kuberaanvallers, geïnfiltreer word, sal die onderliggende beginsels van nasionale veiligheid ernstig in die gedrang kom.
#JongStemme: ʼn Kenner van alles is ʼn meester van geen?
Met die stand van vandag se ekonomie raak dit meer en meer belangrik om jou vaardighede uit te brei en jouself eerder veelsydig te maak as hooggeleerd.
Vryspraak of haatspraak? Wat ook al, wees net konsekwent!
Magtige politici moet óf tot ʼn hoër standaard gehou word – veral as die belastingbetaler vir hulle salarisse moet pa staan – óf één reël moet vir almal geld.
Die era van ‘doublespeak’ het aangebreek
Waarom sal die ANC so blatant die waarheid wil verdraai? ʼn Ooglopende rede is natuurlik die nasionale verkiesing in 2024. Maar Orwell bied nog ʼn verdere insig op die vraag.