Transformasie, net soos apartheid, is besig om ʼn wurggreep op die land en sy mense te kry en dit geleidelik te vernietig. Transformasie het in sy wese en in sy diepste toepassing die sirkel voltooi na ʼn nuwe vorm van apartheid.
Podlitiek: Grondonteiening, die DA laat SEB verdwyn en Zanu PF se herverskyning
Paul Maritz en Daniël Eloff, gesels saam met gasaanbieder Daniel du Plessis oor drie sake wat swaar op Suid-Afrikaners se harte druk: Ons land, ons amptelike opposisie, en ons sukkelende bure.
Duitsland in die ‘somergat’
Duitsland ook onlangs sy eie Ashwin Willemse-insident gehad in die vorm van die nasionale sokkerspeler Mesut Özil, saam met die storie oor rassisme in die algemeen en in sport in die besonder.
Bestaansvraagstukke bepaal lewe of dood
“Diegene wat nie uit die geskiedenis leer nie, is gedoem om dit te herhaal”.
De Lille-ooreenkoms ’n nederlaag vir almal
Die sage om die Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, het Sondag ‘n afloop gehad wat net verloorders opgelewer het; geen wenners nie.
Onteiening sonder vergoeding: wat nou?
As almal wat onteiening teenstaan en dit eens is dat grondonteiening sonder vergoeding flagrante diefstal is, om een tafel gaan sit en ’n strategie teen diefstal (nasionaal en internasionaal) gaan opstel, kan daar dalk vordering kom.
Zimbabwe: Wat het eintlik met die verkiesing gebeur?
Wat is die boodskap vir Suid-Afrikaners: of ons nou daarvan hou of nie, dit sal baie vat om beheer van ’n Afrikaland by ’n sogenaamde vryheidsbeweging oor te neem. Vir baie mense is dit al wat hulle ken. Suid-Afrika moet ook deur sy eie grondvergrype werk voor die vrede sal kom.
Die vier historiese stede van Tirool
Die outeur het die voorreg gehad om twee weke in Tirool te kuier en sluit die artikelreeks af met hierdie artikel oor vier geskiedkundige stede in die historiese streek van Tirool.
Nog ʼn vals ‘boerestorie’
Plaasboere is glad nie meer uitbuitend as enige ander groot groep mense nie, en om ʼn storie te versprei dat hulle wel so is, dra by tot Suid-Afrika se laste en probleme. Dit maak enige eerlike gesprekke toenemend baie moeilik.
Suid-Afrika kan homself nie uit die skuld leen nie
Laat ons mekaar reg verstaan: in wat hier ter sprake is, is geen goeie bedoelings nie – hierdie is ’n harde sakebesluit, net soos daar geen goeie bedoelings van jou bank se kant is as dit kom by die leen van geld op jou kredietkaart nie.
Ons geld moet weer Afrikaans praat
Ons moet Afrikaans weer deel van die hoofstroomekonomie maak. Navorsing het getoon dat ʼn taal sonder ekonomiese waarde se toekomskanse al skraler word.
Podlitiek: ANC-jeugliga byt in die stof en ’n halfmiljoen gewere teen die SAPD
Daniël Eloff en Paul Maritz gesels saam met die gasaanbieder, Daniel du Plessis, oor ’n paar goeie hofuitsprake wat verlede week gelewer is, die ANC-jeugliga se likwidasie, en die nuutste oor wapenlisensies in Suid-Afrika.
Vrae oor Ramaphosa se aankondiging oor grond
Dit is sekerlik Ramaphosa se onverantwoordelikste aankondiging tot nog toe, veral om vier redes…
Twee maal skuldig beteken nie gedeelde of halwe skuld nie
Is die oplossing nie dat ons álmal besef dat ons skuldig is nie? En dat ons in ons wedersydse omgang met mekaar moet ophou met die geskel op die ánder nie?
Blaam vir brandstofprys, BTW-verhoging aan die voete van die regering
Dalk sal dit dan beter wees vir president Ramaphosa, die sakeman, om die kumulatiewe impak van teenproduktiewe regulasies, beleide en belasting te evalueer in stede daarvan om nou die privaat sektor implisiet as sondaar uit te maak met onhaalbare versoeke.
Trump besig om handelsoorlog te wen
Dit lyk asof Donald Trump besig is om internasionale handelsverhoudinge heeltemal te herskik wat tot selfs groter vryhandel en minder handelsbeperkinge aanleiding kan gee. Dit kan net vir die hele wêreld goed wees.
Jy is Dawid
Babin skryf verder dat ons elkeen verantwoordelikheid moet neem om mense te lei in ons gemeenskap. Onthou, jy is Dawid.
Bozen, ’n hoofstad met letsels
Die oorwinningsmonument en ander fascistiese geboue herinner aan ’n slegte episode in die streek se lang geskiedenis en dit is soos ’n letsel wat aan ’n ou wond herinner. Die verwydering van die uiterlike letsel verwyder egter nie die innerlike pyn nie.
Refleksie op EFF se vyfde verjaardag
Die EFF het hierdie naweek sy vyfde verjaardag gevier, wat ʼn gepaste geleentheid bied om bestek op te neem van die party se bydrae, toekomsmoontlikhede en of dié party ʼn positiewe of negatiewe invloed op die land het.
Ramaphosa en sy wilde grondleeu
Ramaphosa sal die leeu moet tem, maar om ʼn wilde leeu uit te span, is geen grap nie.