Buitelandse beleggers hou onderhandelinge en prosesse oor die Mynbouhandves en grondonteiening fyn dop. Dit is bevestig toe Solidariteit verlede week met ʼn senior afvaardiging van die Amerikaanse ambassade vergader het oor hul regering se besluit om hoë invoertariewe op SA staaluitvoere na Amerika te hef – ʼn besluit wat ons plaaslike staalbedryf ernstig benadeel.
Min, minder, niks: Is daar hoop vir ons bedreigde spesies?
Ongelukkig het Suid-Afrika ’n hele aantal diere op die bedreigde spesie-lys, soos die Kaapse aasvoël, die Afrika-wildehond en die Knysna-seeperdjie, om maar net ’n paar te noem. En terwyl elkeen van hulle ons aandag verdien, bevind een spesie hom midde-in ’n oorlog… die renoster.
Plaasmoorde benadeel almal
Wanneer daar gekyk word na die kwessie van plaasmoorde en die negatiewe impak wat dit op Suid-Afrika as geheel het, is dit duidelik dat ons politici en beleidmakers die groter prentjie totaal miskyk. En hierdie miskenning strek almal in Suid-Afrika tot nadeel.
Het hulle al die yster in vergiete bloed geruik?
Ons moet aanhou en aanhou. Ons het geen ander alternatief nie, maar om te bou, te beplan, te organiseer en te oorleef (terloops, dit is juis wat ons nog altyd so goed regkry).
Ons gooi mekaar nog steeds met modder
Uiteindelik sal ons maar moet aanvaar dat dié soort debatte, gevoed deur meer emosie as rasionele denke, nog lank met ons gaan wees. Ons kan die groeiende polarisasie aanhelp deur self terug te skel, of ons kan kalm en rasioneel bly.
Oplossings vir owerheidsmislukkings
Wat moet landsburgers se antwoorde wees op ’n owerheid se mislukkings? Andries Opperman neem die moontlike oplossings onder die loep:
Met wie om te praat en met wie om saam te werk
Kortom, miskien moet ons weer ʼn slag vra – “wat en waar is die skeidslyn om te praat en om saam te werk?” Die antwoord op beide sal aanvaarding van die Grondwet en sy waardes wees. En dit sal ook die manier van gesprek en samewerking definieer. Dan sal ons mekaar minder verskree, skryf dr. Theuns Eloff.
Daar is geen verlossing buite die ANC nie
“Myns insiens het Suid-Afrika nou al genoeg betoog by die staat om meer doeltreffend te wees. Geen staat sal dit ooit wees nie. Suid-Afrikaners kort nie ʼn beter staat nie. Ons kort vryheid – ʼn swakker staat en ʼn omgewing waarbinne mense hulself kan red deur hul eie inisiatief en harde werk.”
Internasionale druk by gebrek aan aanspreeklikheid
Ons kan nie met gevoude hande wag om te sien hoe ver omstandighede kan verswak nie, maar moet aktief bou aan ’n beter toekoms – onder meer ook met die aktivering van internasionale druk, skryf Alana Bailey van AfriForum.
Israel word 70: Van onafhanklikheid tot vandag
Israel dien as ʼn voorbeeld dat jy ook in ʼn vyandige omgewing kan floreer en dat jy kan saamstaan oor wesenlike sake soos die voortbestaan van jou volk, al is jy verdeeld oor politiek, klas en denominasie.
Hoekom Afrikaners nie langer verskoning vir apartheid wil vra nie
Die werklikheid is dat die ANC se regeringsrekord die grootste struikelblok in die pad van ʼn normale geskiedenis is – ʼn nuwe, ewewigtige meesterverhaal oor die land se verlede, skryf Flip Buys die voorsitter van die Solidariteit Beweging.
Solidariteit se netwerk van werk: ‘Ons help want ons kan en wil’
Ons help ons jongmense, want ons kan en wil. Van 1902 tot vandag gaan dit vir ons oor jongmense, werk en Helpmekaar.
Onteiening en moorde: Moenie neul oor AfriForum se teenreaksie
AfriForum wil bloot keer dat Suid-Afrika en Afrikaners nóg pyn moet verduur. Daarom moet die regering, en wie ook al plaasmoorde en eiendomsreg gering ag of selfs ondersteun, altyd gereed maak vir ’n teenreaksie. Om te neul daaroor, gaan ons nie laat weggaan nie.
Die Kwien verleen grasie aan elke koninklike okkasie
Dit het onwillekeurig by my opgekom in hierdie tyd wat die wêreld hom weer gereed maak vir die soveelste koninklike verering … en nog is dit het einde niet. ’n Mens weet nie hoe lank die monarg, koningin Elizabeth, nog die leisels sal vashou nie van wat ek dink die mees geslaagde openbare skakelmaatskappy ter wêreld is.
Dit is tyd om die vertroue te hernuwe
Dis tyd vir ʼn nuwe begin: Kom ons begin met mekaar praat en werk saam aan ʼn nuwe toekoms vir die land en al sy mense.
Israel word 70 jaar oud
Die staat Israel vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar. Sebastiaan Biehl ondersoek die aanloop tot en met onafhanklikheid van die staat.
SA kort sommer baie beleggers
Pres. Cyril Ramaphosa en sy uitgesoekte groepie – wat Trevor Manuel insluit – begin in die lente ‘n yslike veldtog om beleggers te lok om oor vyf jaar R1,2 triljoen in die land te belê. Nuwe geld kan een van die oplossings vir die land se penarie wees – mits dit reg bestuur en geoudit word.
Redakteursbrief: “Mislukte” kaping – dis nie toevallig nie
As dit nie vir groot genade was nie, het haar drie blondekopseuntjies nie Sondag saam met hulle ma Moedersdag gevier nie.
Unisa: kleur of meriete?
Die MRK het belowe dat hy Unisa se gelyke indiensnemingsbeleid en die manier waarop dit geformuleer is, sal bekyk. Dit sal ook vergelyk word met die Grondwet, die Handves van Menseregte en die arbeidswetgewing wat ter sprake is. Geen melding word gemaak van meriete, bekwaamheid, akademiese prestasies en senioriteit nie.
Die noodsaak van objektiewe geskiedskrywing en interpretasie
Ons behoort mekaar daagliks op te roep tot ’n groter kritiese ingesteldheid teenoor wat oor Suid-Afrika se geskiedenis kwytgeraak word. Soos die historikus wat objektiwiteit nastreef, behoort ons moeite te doen om die feite te weet. Slegs dan kan daar verantwoordelik geïnterpreteer word.