Daar is verskeie gebeure wat moontlik aanleiding gegee het tot die vredesvoorneme tussen die Koreas, skryf Sebastiaan Biehl.
Noordwes se “suksesresep” vir mislukking
Die hoofprobleem in Noordwes en verskeie ander provinsies, is dat die ANC daar nie in staat is om hulle te regeer nie. Hul struggle-ideologie bots lynreg met die regeringsideologie wat nodig is om suksesvol te regeer.
My seun, vrees die Here en die koning …
’n Kerkvader en ‘n Middeleeuse teoloog beklemtoon twee belangrike afleidings oor die rol van die owerheid.
Ope brief: Oppas, Malema, daai swaard van jou gaan jou eie dood beteken!
Dit is al hierdie goeie dinge wat jy, mnr. Malema, wil vernietig om sodoende jou eie saak te bevorder. In ’n voorspoedige Suid-Afrika sal jou beleide en jou valse propaganda geen aftrek kry nie. Tot die mate wat Suid-Afrika agteruitgaan, tot dié mate sal jou boodskap se effektiwiteit toeneem, en jy is deeglik bewus daarvan.
Hoop steeds min vir vrede in Afganistan
Die probleem is egter dat solank daar chaos in Afganistan heers en mense in armoede en sonder behoorlike infrastruktuur moet leef, Afganistan ’n tuiste vir internasionale terroriste sal bly. Oplossings vir die probleme in Afganistan sal uit die Midde-Ooste self moet kom.
Die gevare van ekstremisme in Suid-Afrika
Malema het die laaste paar weke meer hoofstroompolitiek geword. Dr. Pieter Mulder skryf hoekom dit die alarmklokkies moet laat lui.
Noord-Korea sal bly klou aan sy grootste afskrikmiddel
Die wêreld is deesdae weer op hol oor Noord-Korea se kernvermoë en die moontlikheid dat president Donald Trump van Amerika eersdaags die “opperbevelhebber” van Noord-Korea, Kim Jong-un sal ontmoet.
Afrikaans is ons almal se ma
Wat bly oor? Afrikaanssprekendes sal, soos ná die Anglo-Boereoorlog, sélf die wa deur die drif moet help.
Kuba kry nuwe leier, ’n einde van die Castro-era
Uiterlik is die presidentskap van Diaz-Canel ’n groot verandering: ’n nuwe president wat nie Castro heet nie en deel van ’n jonger generasie is wat nie die revolusie meegemaak het nie.
Australië: waarheen nou met Peter Dutton se uitsprake?
Nico Stegmann neem Peter Dutton, die Australiese minister van binnelandse sake en immigrasie, se uitsprake oor die humanitêre inname van SA boere onder die loep:
Natuurlik wil ons kommunisme beveg. Hoe dan anders?
Ronald Reagan het eenkeer gewaarsku dat vryheid nooit meer as ’n geslag weg is van vernietiging nie. Dit is nie iets wat geneties oorgedra word nie, maar moet voortdurend verdedig word.
Staatsdiens en vakbonde verniel die land
Suid-Afrika sit vandag met ‘n staatsdiens wat die land leeg melk en ‘n versameling vakbonde. Saam swaai hulle die septer van wanfunksionering en uiteindelike ondergang.
SA elite slaap deur reënboogrewolusie
Die geskiedenis het immers bewys dat daar slegs twee keuses is, en dit is tussen vrye samelewings waar niemand gelyk is nie, en gelyke samelewings waar niemand vry is nie.
Oorsigmagte van die parlement versus die reg op ’n billike verhoor
Die parlement moet egter versigtig wees om nie die skoene van die Valke en ander ondersoekende liggame te probeer vul nie en daarom moet die parlement die spesifieke doel om getuies te roep, baie duidelik stel.
Ideologie van gelyke armoede se verskerpte aanval op private eiendom
Met die Nasionale Vergadering se besluit van 27 Februarie is die bal vir grondonteiening sonder vergoeding aan die rol gesit. Die vraag is nou: Wat gaan die hersieningskomitee se aanbeveling teen die einde van Augustus wees?
Lang en moeilike pad van herstel lê in Irak voor
’n Mens kan dus verstaan dat die mense van Irak sukkel om baie optimisties oor die toekoms te wees. Volgende maand se verkiesing sal een stap in ’n lang pad van herstel vir Irak wees.
Sirië: Die Weste maak droog
Die militêre betrokkenheid van soveel lande in die Midde-Ooste is sekerlik ’n bron tot kommer. Verder is dit duidelik dat onstabiliteit in die Midde-Ooste gaan voortduur vir etlike jare, soos ons nou reeds generasies daaraan gewoond is. Hoewel: die konflik is nie meer Israel teen die res nie, maar eerder die Soenniete Alliansie (en die Weste) teen die Sjiïtiese Alliansie (en die Russe).
Duisende Australiërs stap teen plaasmoorde. Waarom nou?
Wat het dan nou gebeur dat Maart die “internasionale maand vir plaasmoorde in Suid-Afrika” geword het? Die antwoord lê in 27 Februarie 2018 opgesluit, skryf Dirk Hermann van Solidariteit.
Waarom peuter?
As ons die afgelope meer as twee dekades gaan kyk na wat transformasie aan die land gedoen het, is dit geen mooi prentjie nie. Oral waar daar gepeuter is met ʼn bestaande en werkende orde, het dinge agteruitgegaan.
Mengeltaal en fopnuus oor Afrikaans
Afrikaanssprekendes moet tans versigtig wees en vreemde uitsprake oor veranderde taalbeleide of wette bevraagteken voor dit aanvaar word.