Was diegene wat in 1994 gewaarsku het dat jy nooit die ANC kan vertrou nie, dan reg? Wat van Ramaphosa, hy was dan daar? Kan jy ooit die ANC vertrou?
Jy het nie die reg om nie beledig te word nie
Dit is eerder die tipe standpunt wat politieke partye en organisasies moet inneem sodat robuuste debat bevorder word en die klimaat van drakoniese politieke korrektheid beveg. Die Grondwet is daar om jou regte te beskerm. Nie jou gevoelens nie.
Wat Cyril nie wil of kan sê nie
Ramaphosa regeer natuurlik met ‘n skrale meerderheid oor ‘n bevolking waarvan byna die meerderheid nog ontken dat Zuma enigiets verkeerd gedoen het. Hy sit ook met verskeie beenysters, waarvan visepresident David Mabuza een van die grootstes is.
Kan ons renosters in die laboratorium red?
Met die dood van die laaste noordelike witrenoster-bul op aarde, Sudan, is daar is nou talle vrae oor die toekoms van hierdie sub-spesie. Hoe het dit tot op hierdie punt gekom?
Die ‘ja, maar’-perspektief
Daar ís reuse, niemand kan daaroor stry nie. Maar met God se hulp sal ons oorwin, moontlikhede ontdek, weë verken, oplossings vind, proaktief optree, voorbeeld stel, bid en bly glo.
Skuldobsessie kan Weste kelder
Die Westerse beskawing verkeer in sy grootste bestaanskrisis sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog. Selfs tydens die donkerste dae van die oorlog, was daar dalk selfs meer rede om steeds in die voortbestaan van die Weste te glo, as wat vandag die geval is.
Afrikaans by die NWU: Dieselfde toneelstuk, dieselfde einde
In ʼn verklaring op 26 Maart 2018 verseker prof. Dan Kgwadi, vise-kansellier van die NWU, die leser dat meertaligheid op die Potchefstroom-kampus van die NWU veilig is. Dit is ʼn tragedie in drie tonele, die storie van Afrikaans by universiteite in Suid-Afrika.
Voltyds ma, voltyds werker, voltyds vrou
Om ʼn werkende ma te wees, is nie ʼn maklike paadjie nie. ʼn Werkende ma deel nie haar tyd en energie in deeltjies op nie, sy gee 100% aan elke rol wat sy vervul. Sy is voltyds ma, voltyds werker, voltyds vrou.
Waarheen is Suid-Afrika op pad? Dit hang af wie jy vra
Waarheen is Suid-Afrika dus op pad? Morné Malan, ʼn navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut plaas die kollig op dié vraag.
Xi Jinping sal lewenslank sy pos behou
Westerlinge mag dalk nie van die beleid van kommunisme hou nie, maar die Chinese glo dis verkieslik bo die Westerse demokrasie wat hulle as ’n eksperiment beskou.
Kom ons bou aan oplossings in Suid-Afrika
Die SA politici wat ons woedend hieroor aanval, kan gaan doppies blaas. Ons wil hier bly, maar ons gaan nie stilbly as hulle ons land en ons toekoms wil onteien nie.
Die Wet op Internetsensuur
Ingevolge hierdie wetgewing gaan inhoudverspreiders soos Maroela Media, Facebook en YouTube vereis kan word om hul inhoud eers vir goedkeuring te stuur voordat dit gepubliseer mag word.
Koste van Irak-oorlog moeilik geregverdig
Saddam Hoesein was ’n diktator wat baie mense in Irak onderdruk het. Dit is egter moeilik om te motiveer hoe die chaos, lewensverlies en koste van die afgelope 15 jaar se gebeure in Irak geregverdig kan word.
Die Suid-Afrikaanse regering se onderrok hang uit …
Minister Sisuslu kan haar vingers op die Australiese hoë kommissariaat en AfriForum probeer hou, maar sy gaan vind dat sy, soos die Nederlandse seuntjie wat die lekkende dyk probeer red het, meer en meer vingers gaan benodig om al die lekkasies by te kom.
Van Afrikanerstaat tot sosialistiese Afrikastaat
“Die uitdaging bly om belasting te betaal sonder om waarde en dienste daarvoor te kry, maar die opbou van selfbestuur ter wille van groter selfstandigheid is ongelukkig die enigste antwoord op swak staatsbestuur en groter staatsbeheer.”
Oor onteiening sonder vergoeding
“Ons glo nie dat om die twee doelwitte van artikel 25 te bereik, daar enige grondwetlike wysigings nodig is nie. Die Grondwet is nie ʼn belemmering vir grondhervorming nie.”
Jy mag die Here jou God nie versoek nie
Wanneer egter vanuit ’n teologie van genade oor hierdie dinge geredeneer word, m.a.w. dat God nie met sy kinders na húlle dade handel nie, maar na Christus se dade, sal verootmoediging tydens die erediens baie meer prominent wees as enige verootmoediging op Mitchells Plain of selfs by die Voortrekkermonument.
Konsentreer of emigreer
Yl verspreiding is ons probleem; groter konsentrasie die oplossing. Dit is nou tyd vir ʼn daadwerklike konsentrasiestrategie. Die keuse is tussen konsentreer en emigreer.
Rex Tillerson se blitsbesoek aan Afrikastate: Wat kan ons hieruit wys word?
Na alles kan ʼn mens uit Tillerson se besoek wel agterkom dat politieke en diplomatieke besluitnemers in die VSA – soos voorheen – dit steeds as van strategiese belang ag om bondgenote in Afrika te vind in die internasionale stryd teen terreur. Daarby is dit duidelik dat daar ʼn besef is dat Afrika vanweë die groeiende Chinese invloed op die vasteland allermins geïgnoreer kan word.
Colombië: Eerste verkiesing sedert vredesverdrag met FARC
In die onlangse parlementsverkiesing in Colombië het die regse Sentrum-Demokrate die grootste party geword met 19 setels in die senaat, en hulle leier, oud-president Alvaro Uribe, het verreweg die meeste stemme van enige kandidaat gekry.