Slegs waar ʼn minderheid ʼn meerderheid in ʼn geografiese gebied vorm, kan hy besluit hoe munisipale belastinggeld bestee word, wat die taalbeleid in plaaslike skole is en wat die naam van die straat is waarin hy bly. Slegs dan sal Afrikaners werklik weer seggenskap hê oor dit wat hulle direk raak.
Nauurse borgtog: Wat is my regte?
Inhegtenisneming en die gepaardgaande gevangesetting op ʼn Vrydagaand is nie die beste manier om ʼn naweek af te skop nie. Daar is dikwels verwarring oor nauurse borgtog wat buite die hof toegestaan kan word, en aan die ander kant borgtog toegestaan deur ʼn hof.
EU het niks geleer nie
Die president van die Europese Kommissie, Jean-Claude Juncker, het in sy onlangse “State of the Union”-toespraak ʼn positiewe beeld van die huidige Europese Unie geskets.
Die pen se skerpkant
Suid-Afrika se taalregister moet verruim word met begrippe soos minderheidsregte, selfbeskikking, multi-kulturele ruimtes, ekonomiese werklikhede en afwentelende demokrasie.
Postkoloniale debat: Brief aan ʼn koninklike pa
“ʼn Herbesoek van die oorlog is nodig vir die postkoloniale debat in Suid-Afrika en ter wille van die gewete van Brittanje en die koningshuis. Geslagte met die voordeel van nakennis kan kragtige simboliese dade doen sodat ons nie vergeet nie; sodat ons nie herhaal nie; sodat ons kan bou aan ’n nuwe toekoms.”
Só gaan adv. Gerrie Nel vervolg
“Ons werk met die geloof dat geregtigheid uiteindelik sal seëvier en is bereid om alles moontlik te doen om toe te sien dat dit gebeur … selfs al is dit ’n lang proses.”
Morake-debat: Daar is meer as één waarheid
’n Tipies Suid-Afrikaanse debat het die afgelope tyd in die media gewoed na aanleiding van ’n uitlating van die omroeper Tumi Morake in ’n radioprogram. As ’n mens dit behoorlik ontleed, sê dit nogal iets oor waar ons tans in Suid-Afrika staan.
Bitcoin en die wederopkoms van privaat geld
Bitcoin is wisselvallig en riskant en kan dalk weer ver van sy huidige prys af val, maar dit dui op die begin van ’n nuwe era in geld; ’n era waarin hiperinflasie nooit weer dieselfde sal wees nie.
Die erns van Zwane se waansinnige handves sink in
Die minister van minerale bronne, Mosebenzi Zwane, het gelyk wanneer hy die nuwe mynbouhandves ’n “revolusionêre instrument” noem. Een van die hoofdoelwitte daarvan is om die staatsmynmaatskappy te bevoordeel, en om te help met die toename van die nasionalisering van myne sonder vergoeding.
Die staat se moederinstink het opgedroog
Die jonges van vandag moet môre die leisels oorneem en hulle kan dit nie doen as hulle nie eens hul basiese skoolloopbaan voltooi het nie.
Sal die ondergang van Bell Pottinger genesing bring vir Suid-Afrika?
Dus, brose nasie, hef aan lê nog voor! Ons moet erken dat ons as Suid-Afrikaners – almal van ons saam – die beste toegerus is om ons land vorentoe te vat.
Is privatisering ʼn oplossing vir SAL?
“Vir die regering is SAL net nóg ʼn ego-projek waarmee hy ʼn plekkie op die soustrein bied aan mense met die regte konneksies, sonder die inagneming van hul vaardighede.”
Suksesvolle kinders het dié agt karaktereienskappe
Elke ouer en onderwyser (opvoedkundige is ’n baie beter benaming) behoort baie in Tough se lys belang te stel. Ons is immers in die bedryf om kinders suksesvol te help maak, dan nie?
Uitspraak in die PanSAT-saak, raad wil appelleer
“Ons tale is te kosbaar om op die politieke altaar geoffer te word en ʼn pion te word in die ANC se interne struwelinge.”
Redakteursbrief: Só bak mens ʼn wildspastei
Ek het gisteraand vir my gesin ʼn wildspastei gebak. As jy my ken, sal jy nou snak na asem en jou sambreel gaan uithaal, want hier kom groot reën. Kook en bak is nie my ding nie, skryf Susan Lombaard.
Dronkbestuur: Jou 12-punt-voorkomingsplan
Hierdie artikel is nie daarop gemik dat jy as leser die wet moet omseil nie, maar eerder deur die regte insig en agtergrondkennis verantwoordelike besluite te laat neem. Onthou, een drankie te veel kan jou en/of iemand anders se lewe drasties verander en/of selfs beëindig.
Jacaranda se Tumi-sage: 1989 – die ander kant van die saak
Nee, ek verlang nie terug na die verlede onder PW Botha se NP-regering nie, maar ek sien ook nie uit na die toekoms onder die Zuma-ANC nie! Daarom is die oplossing om eerder deur die “voorruit” as die “truspieël” te kyk as ons die land vorentoe wil vat.
Tyd om kennis te neem van Bitcoin
Ongeag wat ons dink en voel oor Bitcoin – dis ’n werklikheid en waarskynlik hier om te bly. Dit is dus tyd dat elke individu kennis neem van Bitcoin en soortgelyke kripto-geldeenhede.
Duitsers dol gelukkig met vervelige politiek
Die uitslag van die Duitse verkiesing op 24 September is redelik irrelevant. Merkel sal aan bewind bly en Duitsland sal vir die volgende vier jaar goed bestuur word.
Ek is moeg vir rasboelies
Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, skryf vir Tumi Morake van Jacaranda FM