Dit is goed dat die ANC se beleidskomitee armoede en werkloosheid by die komende beleidskonferensie bespreek. Dit is egter baie belangriker om ʼn beleid te formuleer oor die hantering van korrupsie binne die party.
Mynbouhandves is staatskaping tot nadeel van armes
“Verkies julle die huidige situasie waar 480 000 permanente mynwerkers in die sektor werksaam is en wat 50% getransformeer is, of verkies julle die 2030-scenario waarin 180 000 werknemers in die mynbousektor gaan oor wees, maar wat darem naby aan 100% getransformeer gaan wees?”
Dis US en ander politiek korrektes wat Afrikaans ‘laat doodgaan’
Waarom sou diskriminasie teen nie-Afrikaanssprekendes dan verkeerd wees, maar diskriminasie teen Afrikaanssprekendes in orde? Om dit maar reguit te stel: Dit getuig van skynheiligheid.
Terugblik: Die ironie van Vadersdag
In Junie word Vadersdagvieringe gebruiklik aan die groot klok gehang. Hoe ironies dat die 21ste eeu se mense graag ’n spesiale dag vir vaders hou, maar dat die rol van vaders in hulle gesinne as outyds afgemaak word.
Suid-Afrika, Azanië of Guptastan: Dit is ʼn kwessie van prioriteite
Naamsveranderinge het enorme implikasies, vir ʼn land nog meer, en politieke leiers moet besef dat naamsveranderinge heel onderaan ʼn lys van prioriteite behoort te lê.
Regulering – vergete aandrywer van stygende gesondheidsorgkoste
Op die keper beskou moet die invloed van regulering en regeringsinmenging op koste in die gesondheidsorgsektor darem ten minste erken en nie net gelate aanvaar word nie.
Waardes en kinders: Ouers word gesien, nie gehoor nie
“Ja, jou kinders hoor nie altyd wat jy sê nie, maar hulle sien álles wat jy doen.”
Raad en daad vir boelies
Afknouery is ’n wêreldwye probleem en Suid-Afrika is beslis geen uitsondering nie. Volgens ’n Unesco-verslag word bykans 250 miljoen kinders en jongmense jaarliks op ’n globale skaal afgeknou.
Knysna – ʼn persoonlike perspektief
Maar lank nadat die huise herbou is, die besittings vervang is en die lewe weer begin aangaan; lank nadat die roet verdwyn en die reuk van rook weg is, gaan die letsels nog bly.
In die velde van Vlaandere … ’n oorlog wat ons nie moet vergeet nie
Ten spyte van die verloop van ’n eeu en botsende opinies oor die oorlog, oor wie “reg” en wie “verkeerd” was, getuig al die gedenkplekke van respek vir die verlede en die slagoffers van menslike foute.
Herwin jou Afrikaner-identiteit
Om te wil behoort, is ʼn wesenlik menslike kenmerk. Mense wil deel voel van ʼn groep.
Is jy ’n rusbank-boelie?
Ek het hulle leer ken as die gesigloses in die samelewing wat vanuit die veiligheid van hul rusbank in die huis, ander kritiseer en veroordeel volgens reëls wat hulle self opgestel het of aan vashaak om hulle veilig te hou.
Maar net ʼn mens
“Dit help nie ons wil net met mense praat met wie ons saamstem nie, nie in hierdie land met al haar diversiteit nie.”
Knysna: Die ‘perfekte storm’
Knysna is platgeslaan deur een van die grootste rampe in menseheugenis, maar is reeds besig om soos ʼn feniks uit die as te verrys.
Franse verkiesingsuitslag nie oop mandaat vir Macron
Sal die wispelturigheid van die Franse tot groter politieke drama oor die volgende paar jaar aanleiding gee of sal die land soos onder De Gaulle ’n fase van konserwatisme as veilige hawe kies? ’n Uitdagende tydperk lê vir die Franse voor.
Zille-twiet: Politieke diskoers ly daaronder
Die waarheid is dus, soos altyd, genuanseerd, veelkleurig en met oneindig veel fasette. Dis in elk geval baie ingewikkelder as wat die ANC/EFF (en Van der Westhuizen, Maimane of selfs Zille) ons wil voorhou.
Duitsland: Terugblik op oudkanselier Helmut Kohl
Helmut Kohl, Duitsland se bondskanselier van 1982 tot 1998 en daarmee die langs regerende kanselier sedert Otto von Bismarck, is verlede Vrydag in die ouderdom van 87 jaar oorlede. Hy was ook die leier van sy Christen-Demokratiese Unie (CDU) vir 25 jaar.
Resessies en die keuse van vryheid of manipulasie
Regerings het dus twee keuses, hulle kan vryheid ondermyn en die samelewing manipuleer sodat dit ʼn weerspieëling word van hulle eie agenda, of hulle kan die samelewing bevry en toekyk hoe welvaart toeneem.
Kan die stryd teen Isis gewen word?
“Sekere oorloë word eerder met die kop en hart as wapens gewen.”
Ekonomiese uitskieter die teiken
Dit is juis wat die Suid-Afrikaanse boere doen. Hulle boer oor dekades heen, kundigheid is van geslag tot geslag oorgedra, hulle ken die klimaat en die boerderytoestande. En terwyl die res van die land geleidelik na die rommelhoop gly, blink die boere uit en toon die grootste enkele groei in die ekonomie.